Meghan vra hulp vir vroue op 40ste verjaardag

Meghan Markle in 2019 tydens ‘n besoek aan die Universiteit van Johannesburg. (Foto: Michele Spatari/AFP)

Meghan Markle, die hertogin van Sussex, het Woensdag haar 40ste verjaardag gevier deur in ʼn video haar bekende vriendinne te vra om ander vroue by te staan wat wil terugkeer werk toe ná die pandemie.

Die twee minuut lange video wys hoe die vrou van die Britse prins Harry saam met die aktrise Melissa McCarthy skerts, en kom slegs twee maande nadat sy geboorte geskenk het aan haar en prins Harry se tweede kind, Lilibet Diana.

“Aangesien ek 40 word, vra ek 40 vriendinne om 40 minute van hulle tyd af te staan om as mentor op te tree vir ʼn vrou wat weer tot die werkmag wil toetree,” sê die hertogin.

Miljoene mense wêreldwyd het hulle werke verloor weens maatskappye wat sluit as gevolg van Covid-19 in ʼn poging deur regerings om die verspreiding van die virus te bekamp.

“Ek dink as ons almal dit doen, en almal staan 40 minute af aan een of ander vorm van dienslewering, dat dit ʼn rimpeleffek sal veroorsaak,” sê sy.

Prins Harry kan in die agtergrond van die video gesien word waar hy goëltoertjies uitvoer, terwyl Meghan en Melissa oor tatoeëermerke en seiljagpartytjies skerts.

Die egpaar, wat nou in ʼn weelderige woonbuurt in Kalifornië woon saam met van Amerika se rykste bekendes, skep tans loopbane buite die Britse koninklike familie.

Hulle ondernemings sluit die Archewell-stigting, wat die video uitgereik het, in.

Meghan en prins Harry (36) het in Maart ʼn eksklusiewe onderhoud met die Amerikaanse geselsprogramaanbieder Oprah Winfrey gevoer, wat die grootste krisis in dekades vir die koninklike familie tot gevolg gehad het.

Tydens die twee uur lange onderhoud, wat deur meer as 17 miljoen mense gekyk is in Amerika en meer as 11 miljoen in Brittanje, het prins Harry en Meghan gesê rassisme het ʼn groot rol in hulle vertrek uit Brittanje gespeel.

Hulle het gesê ʼn senior koninklike het voor hul kind se geboorte gespekuleer oor hoe donker sy vel sal wees. Meghan se ma is swart en haar pa is wit.

Hulle eerste kind, Archie, is nou twee jaar oud. Lilibet Diana, vernoem na Harry se ouma, koningin Elizabeth II, en sy ontslape ma, is vroeg in Junie gebore.

Markle se video kom weke na die aankondiging dat prins Harry ʼn outobiografiese memoires gaan publiseer waarin hy “’n eerstehandse vertelling van sy lewe, wat akkuraat en ten volle die waarheid is” sal skryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Mariana ·

Die vrou gee my die koue rillings. Sy is vals en nie wat sy voorgee nie. Is ook aandagvraat en wil altyd in nuus wees.

Sarel ·

Beskik hulle nog steeds oorcdiexTiteks of is dit nou maar net in die Media

Peter Pan ·

Hulle moes maar in Engeland gebly het…. daar sou sy meer aandag gekry het..

Samuel ·

As hulle Brittanje verlaat agv rassisme, het hulle nie veel beter gedoen nie. Daar is net soveel rassisme in die VSA. Pffft.

JohanR ·

Jy is reg Abraham. In Brittanje sou daar 10000 mense gewees het wat vir haar met die Union Jack sou gewaai het. Nou weet niemand, of gee niemand om wie sy is nie!

Misky ·

Sy is darem baie voor die kameras vir iemand wat gesê het hulle breek weg van Royal familie en soek privaatheid. Arme Harry seker erg spyt

Natasha ·

Ek love dit!!! Dis ‘n briljante plan om ons medemense te help.

Linda ·

MM ek dink nie hulle onderhoud het so aardskuding vir die Koninklike Familie besorg nie. Hulle het nog nooit eers in die publiek daarop reageer nie. Een aanmerking van Prinses Ann oor die kleur van die baba, kan seker ook nie almal nou as rassiste uitmaak nie. Sy woon nie eens op die Buckingham gronde nie. En selfs hier in die Kaap spekuleer die Bruin mense ondermekaar as hulle kind dalk swanger is met n donkerder vel persoon. As jy Youtube volg oor MM se verjaarsdag, sal jy sien sy het horde bekendes soos Reese Whitterspoon na haar verjaarsdag genooi en dis van die hand gewys, want die bekendes reken hulle het nog nooit eers vir MM ontmoet nie. So sy probeer net te hard om tog net te kan skouer skuur met die A lys Hollywood Celebs, en almal lag agter haar rug vir haar. Sy en Harry is pateties verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.