Die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) het departemente van geluk en verdraagsaamheid aangekondig.
ʼn Vrou, Ohoud Khalfan, is as die minister van geluk aangewys in die regering wat uit 29 lede bestaan. Lubna al-Qasimi, ook ʼn vrou, is as die minister van verdraagsaamheid aangestel.
Sjeik Mohammed bin Rashid al-Maktoum het Woensdag sy nuwe kabinet aangekondig. Hy is die federasie, wat uit sewe state bestaan, se adjunkpresident en eerste minister. Hy is boonop ook heerser van Dubai, ʼn posisie wat hy geërf het.
MiniTruth?
Ek is bly dit is nie ‘n RSA minister.
Hahahaha!
Ek hoop nie ons goewerment kry nog súlke idees ook nie… Ons het al klaar ‘n minister van ongelukke!
O ja ek kan doen met enige minister van geluk in my lewe………Ag maar bid bly maar bobaas.
Dis wat gebeur as jy ‘n regering het wat werk.
Dan het jy tyd om jou te bekommer oor die geluk van jou mense.
Ek stem saam met jou – dit sal hopelik, as dit met erns aangepak word, werklik verdraagsaamheid en geluk bevorder. Duidelik is baie ander sake onder beheer en kan hulle sulke posisies skep. Ek hoop dit dra by tot positiewe dinge vir hulle as ‘n nasie en dat ander daarby kan leer.
Ha-ha…..en ek dink nog al die tyd die ministers ís ongelukke!
Wat sal so ‘n minister se portefile wees?
Ons het ‘n hele Kabinet vol ministers van onverdraagsaamheid, insluitende ‘n minister van ongelukke! Die UAE kort onder andere nog ‘n minister van geletterdheid as hulle hierdie piesang-Republiek wil na-doen.
Julle het dit almal verkeerd! Ons het hier in SA ook ‘n portefeulje vir geluk en dit word wel deeglik gebruik. Hier noem ons dit die Presidensie – alles word gedoen om HOM gelukkig te maak, en omdat dit vir ons so lekker is om net te kla, maak hy ons ook gelukkig.
Ons kan dit ook doen deur die volgende ministers aan te stel. 1. Korrupsie, 2. Skelms, 3. Onbevoegsheid, Arrogansie, Minister van lee beloftes, misdaad en so kan mens aangaan tot vervelens toe.