Namibiese boer van moord aangekla ná aanval

(Argieffoto: Anja van der Merwe)

’n Bejaarde boervrou van Namibië word van moord aangekla nadat sy glo uit noodweer ’n aanvaller op haar plaas in die omgewing van Grootfontein geskiet en met sy eie wapen bygedam het.

Sy is moontlik in hegtenis geneem voordat die saak klaar ondersoek is en is tans met ernstige beserings in die tronk.

Die aanvaller – glo gewapen met onder meer ’n hamer – is op die toneel dood terwyl Marieta Wilhelm, tussen 60 en 70 jaar oud, met onder meer oop wonde aan haar gesig in die hospitaal opgeneem is.

Die Namibiese polisie het haar ná die aanval in hegtenis geneem terwyl sy in die hospitaal was en onder polisiebewaking behandel is.

Wilhelm is sedertdien ontslaan, maar steeds in aanhouding. Die landdros by die Grootfontein-landdroshof het beslis dat sy vir eers in aanhouding moet bly ten spyte daarvan dat die staat aangedui het dat hy nie borgtog teenstaan nie.

’n Formele borgtogaansoek is egter nog nie gebring nie. Dié aansoek sal nou vroeg volgende week aangehoor word.

Die aanval

Jan Wessels, Wilhelm se regsverteenwoordiger, sê sy kliënt woon alleen op haar plaas in die Maroelaboom-distrik. Sy is sowat twee weke gelede vir die derde keer op dié plaas aangeval.

Wilhelm het die betrokke nag wakker geskrik van ’n geluid. Sy is na buite om ondersoek in te stel en is deur ’n aanvaller oorrompel. “Die bewering is dat sy die aanvaller herken het.”

Die aanvaller het Wilhelm na bewering met ’n stomp voorwerp oor haar kop geslaan. Wessels het vertel dat bloed in dié stadium oor sy kliënt se gesig gestroom het. Sy het haar vuurwapen byderhand gehad en “blindelings” skote afgevuur.

Een van dié skote het die aanvaller getref. “Die skoot was nie noodlottig nie,” sê Wessels.

Die aanvaller het vandaar Wilhelm glo met ’n hamer bestorm. “Die verdagte was vermoedelik toe swak weens die skietwond en sy kon die hamer by hom afneem.”

Wilhelm het die aanvaller glo ’n hou met die hamer toegedien en hy het inmekaargesak.

Sy is nie op die toneel in hegtenis geneem nadat sy die polisie ontbied het nie, maar eerder hospitaal toe geneem. Haar been is onder meer erg in die aanval beseer. Die aanvaller is dood verklaar.

Wessels vertel aan Maroela Media dat die dossier ná die voorval na die senior aanklaer in Grootfontein gestuur is. Volgens Wessels het die aanklaer toe die polisie opdrag gegee om die voorval verder te ondersoek voordat daar ’n besluit rakende vervolging geneem kon word.

Die opdrag het egter kort daarna van die aanklaer-generaal in Windhoek gekom dat vervolging ingestel moet word en Wilhelm is in die hospitaal in hegtenis geneem op aanklagte van moord.

Dít sonder dat die ondersoek afgehandel is en die aanklaer-generaal die dossier nagegaan het, beweer die verdediging.

“Dit is totaal en al verkeerd,” meen Wessels.

Die verdediging maak ook beswaar teen die feit dat Wilhelm steeds in aanhouding is ten spyte daarvan dat die staat op rekord geplaas het dat hy nie borgtog gaan teenstaan nie en nie ’n sterk saak teen Wilhelm blyk te hê nie.

Dit deels omdat daar geen ooggetuies is nie.

Wilhelm het intussen ander mediese probleme ontwikkel. Sy is deur ’n dokter ondersoek en daar word vermoed dat sy binnekort weer in die hospitaal opgeneem sal moet word.

  • Maroela Media neem kennis van bewerings op sosiale media dat sekere feite in hierdie berig onakkuraat is en dat Maroela Media se joernalis nooit met Jan Wessels gepraat het nie. Maroela Media se redaksie plaas dit hier op rekord dat die joernalis persoonlik met Jan Wessels gesels het en dat alle inligting wat hier verskyn, deur Wessels aan Maroela Media gekommunikeer en later weer bevestig is. Maroela Media is daartoe verbind om akkurate en betroubare nuus aan sy lesers deur te gee. Lesers is welkom om met Maroela Media hieroor in verbinding te tree deur ‘n e-pos te stuur aan [email protected]. – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Manie ·

Ongelukkig ja, dit het ‘n aantal jare gelede reeds begin. Aanvalle en moord was bykans ongekend in Namibië ‘n aantal jare gelede, maar het sederdien skerp toegeneem, die media berig net nie gereeld daaroor nie. Ek het goeie vriende in Namibië wat reken dat dinge besig is om te verander.

Misky ·

Kan nie glo wat ek lees nie en dis skokkend!!!!! Hier kom ‘n vet eis en hoop die vrou kry vinnig mediese hulp.

Vanessa ·

Sy verdedig haarself en word dan toegesluit met geen aansoek v borg. Onaanvaarbaar!!!! Wie sien nou om na d plaas en d diere. Ja nee daar moet verseker ‘n eis ingestel word.

Louis ·

Wat de hel gaan aan in hierdie wêreld? Lyk ky almal het mal geword! Skurke en skelms het meer regte as eerlike mense en dis nie net hier nie, maar oral in die wêreld.

Jacques ·

Jy sien Louis, al hoe meer mense begin bg te besef, want mens kan nie help om tot die slotsom te kom dat as die gesag die krimineel ten koste van geregtigheid beskerm en mense straf wat hulle teen kriminaliteit verweer, die instansie self krimineel is nie.

Krimineel deur middel van assosiasie……

domheks ·

NOU WAT DE HEL MOES SY ANDERS DOEN? Die man is sekerlik sterker as sy, haar ouderdom in ag geneem. Hy was defnitief nie daar vir tee en koekies nie!

Di ·

Lyk my orals waar “our people” aan bewind is word blankes net nie beskerm nie, eerder veroordeel. Glo my hierdie spul se dag sal kom! Hoop van harte dat sy vrygelaat word . Dagvaar hulle vir miljoene, regte rassiste

Suzette ·

Want sy het hom gewys van watter staal sy gemaak is. Sy het hom kliphard geslaan nadat hy reeds geskiet is het hy haar weer bestorm het. Wat het hy verwag n verskoning???? As jy dom is, moet jy vir jou kry. Bejaard of nie. In normale omstandighede sou ek se “give that lady a bells”. Ongelukkig sal sy met die trauma sit vir altyd. Rampokkers moet oppas wie hulle aanal. Saam ons loop GROTER MAGTE as wat hulle besef.

Vonnie ·

so jy mag nerens jouself en jou eiendom beskerm teen die swernote nie!

Anton ·

Dit gebeur elke dag in Suid Afrika maar die media publiseer dit nie alles nie. So ons mense weet nie eers van n tiende wat wel hier plaasvind in Suid Afrika nie. Skelms en moordenaars het mos mense regte, maar blykbaar die slagoffers nie.

Renier ·

Moet net nie iemand klap as jy geboelie word nie…nuwe wereld

Boer ·

Wat dink die polisie het die aanvallers in die middel van die nag kom koek en tee drink.
Sterkte Tanie vat die staat hof toe en maak hulle bangkrot.

KatjieDeKat ·

So dis nou n misdaad om jou eie lewe te probeer beskerm? This world has become a sick twisted Monty Python episode.

Sean ·

As die aanvaller so swak was dat n ou vrou sy hammer kon afneem sien ek nie die rede dat sy hom moes slaan nie Daar het sy oordie tou getrap

Elize ·

Agsiestog jou wou beslis gehad het dat hierdie “ou vrou” vir hom moes tee maak met heerlike koekies. As sy maar net ;n tou gehad het sou hy nou nog gehyg het. Jou kommentaar is siek hoor

Elize ·

Daar was seker oor die tou getrap dit is hoekom jy hier is om sulke snert kwyt te raak

Linda ·

Wat sy jou in die middel van die nag gedoen het? Sy wond behandel het. Jou stelling is belaglik want mens se adrenalien laat jou optree om te veg vir oorlewing.

Snowball ·

Ná die skoot hom getref het was hy verswak genoeg sodat sy die hamer kon te afvat. As jy 60+ jaar oud is, vrou alleen en word aangeval het jy die volste reg om jouself te beskerm – met ‘n doodskoot of ‘n hamerhou. Sy het oor geen tou getrap nie, die krimineel wat in die donker nag kom om ‘n bejaarde vrou aan te val is die een wat oortree, nie die persoon wat haarself verdedig nie.

thejudge ·

Niemand “het die volste reg” om ‘n ander persoon dood te maak nie.

AH ·

Wat beteken dit?? Dat mens jouself nie mag verdedig nie?? Wat van dis of ek of hy??

AH ·

Wat het geword van selfverdediging? Wat sou jy as man (neem ek aan) in haar situasie gedoen het? Hom ontwapen en versorg het?? Tsk Tsk Tsk……. Ek wonder of jy my sal antwoord?

Swerwer ·

En so het die kommunis die hele wêreld ingesypel, wys jou maar net hoe onderduims die wesens is.
Sterkte Wilhelm jy bly in ons gebede, geregtigheid sal wel seëvier.

Carel ·

Tipiese optrede wat jy in ENIGE Afrika land kan verwag.
G’n wonder blankes verlaat hierdie sinkende skip in hulle hordes nie

JM ·

Die wiel van geregtigheiddraai stadig maar gewis. Hulle dag kom.

Suzette ·

BeslisJM beslis. Met n gekners van tanne gaan die wiel draai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.