Nazi-sekretaresse (96) se hofsaak begin

Ingang na Stutthof-konsentrasiekamp (Foto: Von Hans Weingartz via Wikimedia Commons)

ʼn 96-jarige voormalige sekretaresse in ʼn Nazi-konsentrasiekamp, wat vroeër kort voor haar hofsaak gevlug het, het Dinsdag in Duitsland in ʼn hof verskyn.

Irmgard Furchner, die eerste vrou wat in dekades vervolg word vir Nazi-era-misdade, staan tereg op aanklag dat sy medepligtig was tot poging tot moord of moord op meer as 11 000 mense in die Stutthof-kamp in Pole.

Die bejaarde vrou is in ʼn rolstoel na die streekhof in Itzehoe gebring.

Maroela Media het vroeër berig Furchner het op 30 September uit haar aftreeoord gevlug, kort voor haar hofsaak aanvanklik sou begin. Sy het met ʼn taxi na ʼn moltreinstasie gery. Sy was ʼn paar uur lank voortvlugtig voor polisiebeamptes haar in Hamburg aangekeer het. Sy was vyf dae lank in aanhouding. ʼn Elektroniese monitor is daarna na bewering aan haar vasgemaak om haar ligging te monitor.

Furchner het haar identiteit aan regter Dominik Gross bevestig, maar wou nie andersins enige uitlatings in die hof maak nie.

Sy het tussen Junie 1943 en April 1945 in die kantoor van die bevelvoerder van die kamp, Paul Werner Hope, gewerk. Staatsaanklaers sê sy het die SS-beampte se bevele neergeskryf en sy korrespondensie hanteer.

Sowat 65 000 mense, onder andere Joodse, Poolse en Sowjet-Russiese gevangenes, is by die kamp, naby Gdansk, dood.

Die saak vind plaas in ʼn jeughof, omdat sy in daardie stadium tussen 18 en 19 jaar oud was.

Staatsaanklaer Maxi Wantzen het gesê Furchner se kantoorwerk het “seker gemaak alles verloop vlot by die kamp” en sy het “geweet van alles wat by die kamp gebeur – insluitend massamoord”.

Volgens Wantzen was die lyding van die slagoffers wat na die kamp se gaskamer gestuur is, insluitend hul gille en gehamer aan geslote deure, “duidelik hoorbaar” vir almal in die kamp. “Lewensgevaarlike toestande soos kos- en watertekorte en die verspreiding van dodelike siektes soos tifus is ook doelbewus volgehou.”

Wolf Molkentin, vir Furchner, sê sy kliënt ontken nie die “verskriklike moorde” van die Holocaust nie, maar betwis haar strafregtelike aanspreeklikheid. Hy sê sy beskou die verrigtinge teen haar as “onredelik”, gegewe haar gevorderde ouderdom.

Furchner het in ʼn brief, wat voor haar eerste geskeduleerde verskyning aan die regter gestuur is, gesê sy wil nie persoonlik in die hof verskyn nie.

“Haar versuim om in September by die hof op te daag is ʼn minagting van die slagoffers en die wet,” het die adjunkpresident van die Internasionale Auschwitz-komitee, Christoph Heubner, in daardie stadium aan AFP gesê.

“Gesond genoeg om te vlug, gesond genoeg om om tronk toe te gaan!” het Efraim Zuroff, ʼn Amerikaans-Israelse “Nazi-jagter”, op Twitter gesê. Hy speel ʼn sleutelrol om voormalige Nazi-oorlogsmisdadigers aan die pen te laat ry.

In dieselfde tyd wat Furchner gevlug het, het ʼn 100-jarige voormalige SS-wag in ʼn hof in Neuruppin, noordwes van Berlyn, verskyn. Josef Schuetz word daarvan beskuldig dat hy tussen 1942 en 1945 “willens en wetens” medepligtig was aan die moord op 3 518 gevangenes in die Sachsenhausen-konsentrasiekamp in Oranienburg, noord van Berlyn. Hy het aan die hof gesê hy is “onskuldig” en “weet glad nie” wat by die kamp gebeur het nie.

Furchner en Schuetz is van die oudste beskuldigdes wat tereg staan op aanklagte wat verband hou met hul beweerde rol in die Nazi-stelsel.

Sowat 76 jaar ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog is daar min tyd oor om mense aanspreeklik te hou vir hul rol in die Nazi-stelsel. Staatsaanklaers hanteer tans nog agt ander sake, onder wie voormalige werknemers by die Buchenwald- en Ravensbrueck-kampe. Verskeie sake is die afgelope paar jaar laat vaar omdat die beskuldigde gesterf of onbevoeg verklaar is om verhoor te word.

Voormalige SS-wag Bruno Dey is die laaste persoon wat skuldig bevind is. Hy is in Julie, in die ouderdom van 93, ʼn opgeskorte vonnis van twee jaar opgelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Buck ·

So het elke nasie seker maar sy geraamtes in die kas. Los nou die oumense uit.

Willem ·

Die sogenaamde “Uitverkore volk” is seker een van die haatdraendste volke ter wêreld. Vervolg mense oor goed wat 76 jaar gelede gebeur het maar doen basies dieselfde aan hul Palestynse bure en wonder dan waarom hulle internasionale pariahs is. Wat moes ‘n 18 jarige sekretaresse aan die mense se lot verander het? Beter om jou bek te hou, jou werk te doen en te hoop al daardie inligting beland eendag in die “vyand” se hande sodat die ware skuldiges aan die pen kan ry.
In hierdie geval het die ware skuldiges al in 1945 tydens die Neurenberg Verhore aan die pen gery.
Die Tweede Wêreldoorlog en die Holocaust is al holrug gery en behoort afgesluit te word en die dossier gebêre te word.

wim ·

Ten teendeel. Die ware skuldiges het destyds die Neurenberg Verhore georkestreer. Hulle is steeds daarmee besig.

Kwikkie12 ·

Hulle was, is en sal altyd die uitberkore volk wees dis hoekom hulle so deur die eeue gehaat word… Vir die laaste 80jaar is Esegiel 37 besig om voor ons oe in vervulling te kom maar die Suid Afrikaner is salig onbewus daarvan. Laat my dink aan die vyf dwase maagde vas aan die slaap!

VaalDonkie ·

Kwikkie, wie is die “sinagoge van satan” na wie Jesus verwys? Wat beteken die gelykenis van die bruilof?

annie ·

Baie Afrikaners is afstammelinge van Jode. Joodse vanne is deur vlugtende Jode vervorm om sodoende van die Nazi-vervolgers te ontsnap. Die ergste van als is dat die Nazi’s sonder werklike redes, buiten brute haat en jaloesie, miljoene Jode wêreldwyd uitgewis het.

Herman ·

Al die vir n opgeskorte vonnis van 2 jaar. Asof hy dit nou weer sal doen. Hoe belaglik. Ek wonder wat kos dit als.

JohnnyS ·

Maar geen geregtigheid het ooit geskied vir die duisende Boere vroue en kinders wat vermoor is in Suid Afrika se konsentrasie kampe.

ES ·

Presies Johnny, die Britse ryk het nie eers die ordentlikheid gehad om jammer te se nie.

VaalDonkie ·

Ja nee, gaan kla die nazi by die nazis aan. Dit klink na ‘n slim plan.

melaney ·

Wil ek ook weet Marius. Hulle moet sommer met die kwien begin. Sy dink ons weet nie wat het sy als aangevang nie!

Zombie ·

Wie is die “hulle” Marius? Wil jy en Johnny nie met die Britte begin nie?

Kwikkie12 ·

So die “ou mense” word jammer gekry maar nie die miljoene wat onskuldig gemartel en wreed vermoor is nie selfs klein kindertjies??? So as die plaasmoorde naar “oud” is hoef hy nie vervolg te word nie??

Racheltjie Debeer ·

Dis nie wat ons sê nie, ou mense kan ook gestraf word, maar om iemand na 75 jaar tronk toe te stuur vir iets wat hy of sy, onder dwang, gedoen het, is belaglik. As daai tannie die misdaad ‘n maand terug gepleeg het, sou ek sê sy moet vervolg word, maar moenie 75 jaar wag voor jy iemand vervolg nie.

Danie ·

“Die saak vind plaas in ʼn jeughof, omdat sy in daardie stadium tussen 18 en 19 jaar oud was.”

Die toppunt van belaglikheid.

Debbie ·

Ag asb tog, hulle is soos sekere mense hier in ons land. Kan net nie die verlede laat gaan nie. Wil net saam dit leef en bitter wees die res van hul lewe. Vergewe en leef met rustigheid jou toekoms in. Maar nee die verlede moet altyd op gebring word.

Racheltjie Debeer ·

Dis belaglik! Hulle klink nes die EFF en ANC, hou aan ou koeie uit die sloot grawe. Wat wil hulle bereik deur ‘n ou tannie van 96 te verhoor oor iets wat meer as 70 jaar terug gebeur het? Dis ‘n mors van tyd en geld. Ek is seker sy het haarself al baie verwyt vir wat sy gedwing was om te doen.

Danie ·

Wat sou jy dink as n moordenaar jou gesin vermoor en iemand weet daarvan maar niks gedoen of gese nie, en net omdat daardie persoon nou oud is, hoef hy/sy nie meer vervolg te word nie. Klink dit reg?

Fedup ·

I believe and was raised to always respect and protect your elders. But this for me is a conundrum.

ES ·

Ek wil net weet, doen hulle hierdie vir publisiteit of bloot net om papierwerk af te handel? Want sy gaan waarskynlik ook ‘n paar jaar se opgeskorte vonnis kry wat net geld kos. Dalk was sy skuldig van iets, miskien net die wete dat daar sulke afskuwelike dinge gebeur het, en kon niks daaraan doen nie of het niks daaraan gedoen nie.

In daardie tyd was enigiemand wat teen Hitler en sy beleid opgetree het summier terreggestel. Daar is niemand wat meer lewe wat haar skuld of onskuld kan bewys nie.

Sy was ‘n sekretaresse, skuldig a.g.v. haar assosiasie – en daar was ‘n nuwe presedent geskep deur ‘n hofsaak in 2011 van die voormalige kampwag John Demjanjuk, waar hy skuldig bevind was net omdat hy daar was (daar was niks bewyse dat hy enigiemand leed aangedoen het nie).

Hierdie is nou net ‘n heksejag.

Baardman ·

Sy het gedoen wat sy beveel was. As sy sou weier, het sy ook saam met die Jode in die gaskamers gesterf. Net soos ons wat in die weermag was ook nie kon doen wat ons wou nie. Bevele het van die oppergesag af gekom.

Zombie ·

Daar was mans wat tronk toe gegaan het, omdat hulle nie hulle beginsels wou prysgee nie, maar jy het seker maar geen keuse gehad nie.

Ellis ·

Dit wat plaasgevind het was wreed. gaan doen bietjie navorsing., gaan luister na die slagoffers wat nog lewe se verhale… ek is bly dat hulle tot op die einde probeer om die reg te laat geskied al is dit hoe lank terug…vir die slagoffers is dit soos gister…hulle kinders hulle fam verloor en als so wreed gedoen. so ek is so bly om te hoor mense word nog vervolg maak nie saak hoe lank terug of hoe oud jy was nie.

Willem ·

Ek dink dit raak nou bietjie belaglik. Daar het deur die jare soveel goed aan die lig gekom wat deur die ander kant gedoen is dat dit beter is vir almal om die verlede nou maar met rus te laat.

Danie ·

Misdaad bly misdaad. As n moordenaar, bedrieer, molesteerder ens oud is en nooit ge-antwoord of vervolg was in sy/haar jonger jare nie, is dit nou okay om te se “nee wat, jy is nou oud en daaroor gaan ons jou nie vervolg nie”, klink dit reg?

Marcello ·

Dit is nou absoluut belaglik, sy en die ander het net bevele uitgevoer, wat moes sy doen, anders het sy dieselfde paadjie geloop. Om iemand na 76 jaar te vervolg….. dit is net soos die Suid-Aafrikaners wat in ons land voor die kommissie moet verskyn vir dade wat “verkeerd” was voor 1994, dit was opdragte wat van bo-af gekom het wat hulle moes uitvoer !!!!!! Almal van hulle het nie ‘n keuse gehad nie.

Waarnemer ·

JY gaan sit my tannie,al is jy 96 jaar oud,sit gaan jy sit….die sogenaamde geregtigheid moet seevier

Barney ·

Glo my. Niemand gee meer om nie. Die hele Israël kan nie genoeg kry van Bill Gates se eksperimentele inspuitings nie en op die trand lyk dit of Hitler gaan kry wat hy wou hê. Lag so hard die bure kla.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.