Nederlandse koning vra om verskoning vir slawerny

Koning Willem-Alexander en koningin Maxima van Nederland Saterdag in Oosterpark, Amsterdam. (Foto: Remko de Waal / ANP / AFP)

Koning Willem-Alexander van Nederland het die afgelope naweek ʼn koninklike verskoning uitgereik vir dié land se betrokkenheid by slawerny destyds.

“Ek staan vandag voor julle as jul koning en as deel van die regering. Ek vra vandag persoonlik om verskoning,” het die monarg Saterdag voor duisende afstammelinge van slawe van die Suid-Amerikaanse nasie Suriname en die Karibiese Eilande Aruba, Bonaire en Curacao gesê.

’n Sogenaamde “Keti Koti” (“breek die kettings” in Surinaams)-geleentheid is Saterdag in Oosterpark in Amsterdam gehou ter herdenking van 150 jaar sedert die afskaffing van slawerny in voormalige Nederlandse kolonies.

Die Nederlandse premier Mark Rutte het in Desember reeds amptelik namens die regering om verskoning gevra vir Nederland se betrokkenheid by slawerny.

Dit was egter nie seker of koning Willem-Alexander sy voorbeeld sou volg en om verskoning sou vra vir ’n praktyk wat sy voorvaders in die Huis van Oranje groot rykdom besorg het nie.

“Slawehandel en slawerny word erken as ʼn misdaad teen die mensdom,” het die monarg egter Saterdag tot sommige se verbasing gesê. “Die monarge en heersers van die Huis van Oranje het geen stappe daarteen gedoen nie.”

Die Nederlanders het hul sogenaamde “Goue Tydperk” in die 16de en 17de eeue gefinansier deur ongeveer 600 000 Afrikane as deel van slawehandel te verskeep, meestal na Suid-Amerika en die Karibiese Eilande.

“Slawerny illustreer die ongeregtighede van hierdie wette [wat destyds die handel van mense toegelaat het],” het die koning in sy toespraak gesê wat regstreeks op TV uitgesaai is.

“Vandag vra ek om vergifnis vir die duidelike gebrek aan optrede daarteen.”

Afstammelinge wat die geleentheid bygewoon het, het die koning se verskoning verwelkom.

“Hy het vir die mense van Suriname gesê hy is jammer. Miskien kan hy nou iets vir swart mense doen,” het Abmena Ryssan (67) aan AFP gesê.

’n Studie wat in Junie bekend gestel is, toon aan dat die koninklike familie van Nederland €545 miljoen – in vandag se geldwaarde – tussen 1675 en 1770 verdien het uit die kolonies waar slawerny afgedwing is.

Die huidige koning se voorsate, Willem III, Willem IV en Willem V, was van die grootste verdieners van Nederland se “doelbewuste, strukturele en langtermynbetrokkenheid” by slawerny.

Koning Willem-Alexander het egter verlede jaar aangekondig dat hy nie langer van die koninklike koets wat hom tradisioneel na staatsgeleenthede vervoer, gebruik sal maak nie omdat dit beelde van slawerny aan albei kante gehad het.

Rutte het slawerny in Desember ook as ʼn “misdaad teen die mensdom” beskryf toe hy en Nederlandse ministers na sewe voormalige kolonies gereis en Rutte sy langverwagte verskoning aangeteken het.

Die koning het dae later in sy Kerstoespraak die regering se verskoning as die “begin van ’n lang reis” bestempel.

Slawerny is op 1 Julie 1863 formeel afgeskaf in Suriname en ander lande wat deur Nederland beheer is, maar dit het eers in 1873 geëindig na ʼn tien jaar lange “oorgangstydperk”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Harry ·

At least now he will sleep better in his billion-dollar Palace and 100 servant to whipe his tears. Weak men create hard times, good luck Netherlands.

Lillian ·

You would love to live in the Netherlands, those people are not depended on any domestic help, they do everything themselves and their country is thriving! Which is much more than what one can say about South Africa.

Harry ·

I like how you assume to know me. And no, I would not want to live there as I don’t want to drive everywhere with a bicycle. And what does domestic help have to do with anything, you must be from orania?

KAIROS ·

Hulle kan daai hele €545 miljoen oorbetaal aan die afstammelinge van die slawe …. en dan? Dan sal hulle hul blameer omdat hy nie vir hulle die nodige onderrig gegee het, om dit verantwoordelik te spandeer, wanneer alles teen n muur lê. Dit is n baie goeie lewens les vir ons almal. Die koning van die dag, se ring word gesoen.

miraclealigner ·

Gaan die Afrika lande waar die slawe vandaan kom se tradisionele leiers ook jammer sê omdat hulle die verkoop van hulle eie mense toegelaat het?

Laksman ·

Het die mense nie werk nie……..mors belastingbetalers se geld op twak……….1 Julie 1863!!!

Mundus ·

Ek wil ook dan nou van hierdie geleentheid gebruik maak en om verskoning vra vir enige kwaad wat enige van my groot oumas en oupas aan enige iemand in die verlede gedoen het. Weet dat as ek destyds gebore was sou ek my bes gedoen het om hulle te keer. Almal wat verarm was deur hulle optrede is saam geregtig op die rykdom wat ek besit het op my 18de verjaardag, synde 1 matras, 3 stelle kerk/skoolklere wat ek werk toe gedra het, ‘n fiets waarin ek 50% aandeel gehad het en ‘n Bybel. Voldoende bewyse moet asseblief julle eise vergesel.

Leana ·

Hoekom verskoning vra dit is nie asof jy dit gedoen het nie. Dit is in die verlede en die mense moet ophou in die verlede lewe, om te jammer oor wat my voorgeslagte aan jou voorgeslagte gedoen het gaan niks verander nie. Kyk eerder voorentoe en bou ‘n beter lewe.

Carel ·

Het Francisco Félix de Souza van Ouidah, Benin se nasate al ooit daarvoor verskoning gevra dat hulle hul eie mede Afrikane gevange geneem het & verkoop het?
Die “Kolonialiste” het die REEDS GEVANGDE slawe gaan oplaai by Afrika hawens !!
Wanneer gaan dié lot omverskoning vra??

Frans ·

Slawerny is so oud soos die geskiedenis van die mens.Hoever moet nasies teruggaan en begun verskoning vra.Die mense van die laer lande was in die oë van die Romeine en duisende is in slawerny geplaas of het as lyfwagte/soldate opgetree en baie het tot groot vermaak van romeinse burgers as gladiatore in die kolosseum om hul lewe geveg.Nou as afstammeling van die slawe dink ek die Italiaaners skuld my teminste ‘n gratis vakansie daar.

TheSnake ·

Jy skuld niemand vir jou voorvaders se sondes nie. Anders sou die Britte mos ons Afrikaner mense ook geskuld het vir die onregte gedurende die Anglo Boere oorlog!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Britte het Afrikaners in armoede gedompel. Eens trotse en welaf mense het in myndorpe oorleef en aan myntering gesterf. Duisende vroue en kinders is dood in konsentrasieampe. Mans is van hul familie verwyder en na veraf eilande gestuur. Die letsels het lank aan ons gekleef. Die Britte skuld ons.

Rocco ·

Hoop SARS lees hier. Hulle skuld alle belastingbetalers (slawe) ‘n verskoning, dat die belastingbetalers se geld so gemors word

Republikein in die Wes Kaap ·

Die HOIK het vryboere na die Kaap gestuur. Toe word hulle later Afrikaners. Vandag sukkel ons. Ek wil ook eis vir daai besluite wat destyds geneem is.

Marius ·

Mooi so, nou moet die Afrikane, Suide Amerikaners en Asiërs net óók om verskoning vra vir die historiese en huidige slawerny waar hulle betrokke was/is. Hulle hoef nie eers op die tv te doen nie ‘n sms sal voldoende wees.

Gerrie ·

Dit was die praktyk van die dag en kan ek en jy nie verantwoordelikheid daarvoor aanvaar nie.

Michael ·

Kom al ons mede-Afrikaners-ons stel ‘n eis in teen die Britse regering en koning vir die moord en doodslag van ons voorouers. ‘n Paar miljoen pond elk sal help om die pyn daarvan effens te verlig. Is julle gereed?

Alexander ·

Ek is redelik seker die meeste kommentators hierso is van daai mense wat steeds alle Engelse mense haat oor die boereoorlog :D

Republikein in die Wes Kaap ·

Sekere mense sal Afrikaners nog vir baie dekades haat oor apartheid.

Gaitsigubib ·

Tussen 1641 en 1652 is 300 000 Ierse slawe na die VSA gestuur. Ander Ierse slawe is ook na SA gestuur. n Ene Robert Quin is in my eie familie stamboom aangeteken as ‘n “former slawe”. Ek waarborg jou dat daar niemand in my familie met n wrok rondloop nie, maar mens notuleer wel die geskiedenis. “Haat” is lynreg teen Chistelike reels, dis waarom jy dit juis vind onder die Boere gemeenskap nie. Die vals naratief word egter steeds versprei deur mense wat haat aanstook.

Marthinus W ·

Jan van Riebeeck is opdrag gegee om nie slawe na die Kaap te bring nie, maar hy het toe. Afrikaans is daarom eintlik n slawetaal.

Niklaas ·

Nou moet hy nie vergeet om ook om vergifnis te pleit wat Jan Van Riebeeck betref nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.