Nog verdagtes vas ná onnie se onthoofding

Samuel Paty, die vermoorde onderwyser. (Foto: Twitter)

Altesaam 11 mense is nou reeds in aanhouding nadat ʼn onderwyser Vrydag in die openbaar in Parys, Frankryk, onthoof is.

Duisende mense het intussen oor die naweek in dié land byeengekom ter nagedagtenis aan Samuel Paty, die vermoorde onderwyser.

Paty is vermoedelik in ʼn “Islamitiese terreurdaad” vermoor omdat hy karikature van die Moslemprofeet Mohammed in ʼn klas gewys het tydens ʼn gesprek oor vryheid van uitdrukking.

Geen besonderhede rakende die jongste inhegtenisnemings is in dié stadium bekend nie.

Vier naasbestaandes van Paty se vermeende moordenaar is kort ná die moord in hegtenis geneem waarna nog ses mense Saterdag in hegtenis geneem is. Dié verdagtes sluit in die pa van ʼn leerder aan die skool waar die onderwyser klas gegee het, en ʼn prediker wat deur die Franse media as ʼn radikale Islamis beskryf word.

Maroela Media het vroeër berig die persoon wat Paty na bewering onthoof het, is ʼn 18-jarige Tsjetsjniër wat in Moskou gebore is. Hy is kort ná die moord deur die polisie doodgeskiet.

Police Nationale, Frankryk se polisie (Foto: Police Nationale/Facebook)

Aldus die Franse uitsaaier BFMTV het getuies gesê die man het “Allahu akbar” (“god is groot”) geskree voor hy doodgeskiet is.

Die moord op Paty het intussen groot woede onder die Franse ontketen.

Duisende mense het Sondag by die Place de la République in Parys saamgetrek onder wie die Franse premier, Jean Castex, en die burgemeester van Parys, Anne Hidalgo.

“Julle maak ons ​​nie bang nie. Ons is nie bang nie. Julle sal ons nie verdeel nie. Ons is Frankryk!” het Castex ook getwiet.

Sommige in die skare het “Ek is Samuel” gedreunsing terwyl ander “Ek is Charlie” uitgeroep het.

Meer as 230 mense is in 2015 en 2016 dood tydens ʼn rits aanvalle in Frankryk, hoofsaaklik deur die Islamitiese Staat.

Verdagtes wat verbind is met die aanvalle in Januarie 2015, waar 17 mense by die kantoor van die satiriese tydskrif Charlie Hebdo en ʼn supermark doodgeskiet is, verskyn ook tans in die hof in ʼn saak wat na verwagting nog tot middel November sal voortduur.

Charlie Hebdo, wat ʼn paar weke gelede weer onder ʼn aanval deurgeloop het oor ʼn tekenprent van Mohammed, het sy gevoelens van “gruwel en veragting” op Twitter uitgespreek oor die onderwyser se moord.

Die Franse president, Emmanuel Macron, het Sondag “spoedige optrede” gelas om radikale Islamitiese propaganda aanlyn teë te werk. Dít nadat die pa van ʼn leerder aanlyn gevra het dat daar teen die onderwyser “gemobiliseer word” en versoek het dat hy afgedank word.

Nog ʼn ouer het egter in die bresse vir die onderwyser getree en gesê Paty het vooraf Moslem-leerders gevra of hulle die klas wou verlaat voor hy die prente gewys het.

Volgens dié ouer was Paty “nie neerhalend of oneerbiedig” nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

amapinki ·

Dan sê hulle dat “Islam is the religion op peace”. #taqiyya

Hennie J ·

Ons staan verstom met ons ore so krom !
Ons kan dit nie glo nie!
Is dit moontlik in n beskaafde land?
Voorspelling: In hierdie piesangrepubliek, met die verontagsaming van mi van wat TANS in Mosambiek gebeur; die totale wetteloosheid; die selektiewe respleging en die onkundigheid van diegene in beheer, kan sulke voorvalle heel moonlik gouer as later in ons land voorkom!

Pieter ·

Islam is nie n geloof van vrede maar oorlog. Dink as jy hulle en ‘blm’ saam sit het jy dieslefde direksie. Ek ken “vriende” wat in Islam beoefen en as jy sien hoe dit gaan kom jy agter die is n beweeging.

Plaaskind ·

Hoe wreedaardig is dit, baie sterkte aan sy familie en naasbestaandes.

Ancois ·

Geskok om te hoor dat so iets in Israel van alle plekke sou gebeur..
Mag ons Hemelse Vader, ons Messiah Yeshua ons veilig hou vir wat nog voor lê…mense, die einde is op ons voorstoepe. Bekeer, die mensdom raak wreed!

Anel ·

Ek hou daarvan dat die Franse so spontaan en gereëld hulle volkslied sing. Met van die mees opruienste woorde. En ons mag nie die Stem, wat vir ons amper soos ‘n gebed is, mag sing nie.

Inkpot ·

Waarom bly hulle nie in hulle eie land nie?
Ons was verlede jaar in Parys en glo my, die eens glorieryke stad is nou vuil en mense slaap op die sypaadjies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.