Ondersoek na aanval op Amerikaanse Kongresgebou nou gevra

Oudrpes. Donald Trump. (Argieffoto: Evan Vucci/AP)

Terwyl oudpres. Donald Trump van die VSA vrygespreek is nadat hy in ʼn staat van beskuldiging geplaas is oor die aanval op die Kongresgebou, het Nancy Pelosi, speaker, Maandag gevra vir ʼn 9/11-soort kommissie om die aanval te ondersoek.

Pelosi sê sy gaan vra vir ʼn onafhanklike ondersoek na die aanval wat vyf lewens geëis het.

Die kommissie sal “ondersoek instel en verslag doen oor die feite en oorsake van die plaaslike terreuraanval” op 6 Januarie, lui ʼn verklaring van Pelosi.

Dit sal ook kyk na die “inmenging met die vreedsame oordrag van mag” en die voorbereidheid en reaksie van die polisie en ander wetstoepassers.

ʼn Omvattende ondersoek is gedoen ná die terreuraanvalle op 11 September 2001 waarin sowat 3 000 mense in die VSA dood is.

Verskeie Republikeine het ook gevra vir ʼn onafhanklike ondersoek na die aanval op die gebou deur beweerde Trump-lojaliste wat die sertifisering van pres. Joe Biden se verkiesingsoorwinning wou stuit.

“Ons het ʼn 9/11-kommissie nodig om te bepaal wat gebeur het en te verseker dit gebeur nooit weer nie,” het die Republikeinse senator Lindsey Graham Sondag aan Fox News gesê. Graham is een van Trump se mees uitgesproke ondersteuners.

Sen. Billy Cassidy het aan ABC News gesê daar behoort ʼn “deeglike ondersoek” te wees en dat Trump “aanspreeklik gehou moet word”.

Trump is met 57 stemme teenoor 43 in die senaat vrygespreek in ʼn stemming wat nie die vereiste tweederdemeerderheid kon behaal om hom skuldig te bevind dat hy die aanval op die Kongresgebou aangehits het nie.

Cassidy was een van die sewe Republikeine wat saam met die Demokrate ten gunste van Trump se skuldigbevinding gestem het.

Sen. Mitch McConnell, die invloedryke minderheidsleier in die Republikeinse senaat, het gestem om die oudpresident op grondwetlike gronde vry te spreek, maar het die skuld vir die oproer vierkant op Trump gepak en aangedui dat Trump moontlik strafregtelik vervolg kan word.

“Daar is geen kwessie daaroor dat pres. Trump prakties en moreel aanspreeklik is vir die uitlokking van die dag se gebeure nie,” het McConnell na die stemmery gesê.

“Pres. Trump is steeds aanspreeklik vir alles wat hy in die amp gedoen het. Hy het nog nie met enigiets weggekom nie.”

Die Demokrate blameer Trump, wat ʼn saamtrek gehou het waar hy ondersteuners gevra het om ʼn “hengse geveg” op tou te sit, vir aanhitsing van die skare wat tot in die Kongresgebou gebars het.

Trump se regspan het aangevoer dat hy ook aan die betogers gesê het hulle moet “vreedsaam en patrioties” betoog.

Regskenners meen ʼn skuldigbevinding van Trump vir sy rol in die opstand is onwaarskynlik, gegewe dat sy stellings onderworpe is aan beskerming van vryheid van spraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Therese ·

Geen kommissie van ondersoek nodig, slegs gesonde verstand.
Vier jaar van beledigings, vyandigheid en eensydige verslaggewing , met verdagte stemprosedures en twyfelagtige regsprosesse as finale strooi, het tot die ontstellende Capitol-gebeure gelei.

Die uiters swak sekuriteit op die dag verg ‘n hele hoofstuk op sy eie.

Jacobus ·

Die misgekyk feite.
Eerstens: die manteldraaiers in Rep party bewys weereens die belangrikheid van geld in die hele proses.
Tweedens: die byna belaglike vooraf geskiedenis van verwoesting en haat van BLM, Antifa en die histeriese spoeg van haat deur die media en die platform wat hulle aan Weskus celebs geskenk het om ongestraf doodsdreigemente uit te deel.
Derdens: die skep van ‘n rookskerm sodat Biden kan voortgaan met die verwoesting van die ruggraat van die VSA. Byna huiwerig om te sê – soos hier plaaslik. Soos reeds gesê – vier jaar is lank!

Grassie ·

Ek dink me Pelosi se kop raas so ‘n bietjie. Sy het ‘n obsessie oor Trump. Hy het haar “crazy Nancy” genoem, en heel tereg ook.

Johan ·

Raas Nancy en hul gespuis se koppe net ń bietjie….? Rêrig?

Francois Le Cochon ·

MM, berig moet eerder lees, ” Trump is met 57 teenoor 43 stemme skuldig bevind, maar vrygespreek omrede nie twee derdes bereik is nie.

MT ·

Vreemde opmerking, Francois. Dalk kan ek jou help verstaan.

Die meeste lede wat aan die stemproses deelgeneem het, dink nie dat Trump skuldig is aan die klagtes nie, en daarom kon ‘n twee-derde meerderheid nie bereik word nie, met die gevolg dat hy deur die proses onskuldig bevind is.

Ek begryp jou teleurstelling is groot, maar met tyd sal jou wonde ook genees.

Sarel ·

Hierdie mense soos die geagte Speaker voer ‘n
Persoonlike Haat veldtog . Oppas sulke mense sal
Teen hulle eie draai wanneer hulle nie sin kry nie.
Plaas dat daar gekyk word na die Bestuur van hulle land.
Eens op ‘n tyd was daar ‘n plek genoem die VSA

Thom ·

Slegs mense met beperkende intelligensie is meegesleur deur trompie se stroom leuens oor die vier jaar _____ dié wat sy twak op Twitter slaafs opgeslurp het .

Jacobus ·

Sen McConnell moet versigtig wees draadsit is gevaarlik. Wat ook komies is, is die anti-trompie skelkoor wat steeds hier voortgaan. In enige situasie móét mens kyk na alternatiewe en dié is skrikwekkend. Sosialisme gaan vir VSA in ‘n baie erge nagmerrie ontaard. Geen wenners behalwe stinkryk poppemeesters.

Fedup ·

nancy’s a hypocrite. She knew exactly what was going on and what will happen.
Now the poor soul is dumbfounded and want to play innocent.
She will make a great fit in the anc circus.

Rentia ·

Ai Nancy weet nie wanneer om te los nie.. Nancy, gaan jy dieselfde skaal ondersoeke laat doen vir elke liewe skiet voorval waar mense noodlottig gewond is? Gaan jy dieselfde doen vir al die brande wat gestig is? Elke liewe plunder geval wat voorgekom het? Gaan vee eers voor jou eie deur sus,.. Jy het genoeg om daar te doen voor jy ander wil begin teregwys,

Anoniem ·

Dit verduidelik seker dat Trump twee keur onskuldig bevind was in n staat van besluldiging ne Human?

Human ·

Ek is nie ‘n laerskool onderwyser, so ek gaan nie vir jou sê, dat ek weer probeur om aan jou te verduidelik, hoe die staat van beskuldiging werk.

annie ·

Dis hoogtyd dat ‘n ondersoek bepaal of Pelosie se rakleeftyd nie al te veel kere verstryk het nie. Alles met bloed het ‘n datum van verval al word die omslag met koste vervang met ‘n meer moderne ontwerp en die datumplakker versigtig geruil. Die 80-jarige antie se jare is grys gekleur. Dit geld ook vir Pinokio wat sy neus korter moes laat dokter.

Andre ·

Tog eienaardig hoe Suid-Afrikaanse media net aanvalle teen President Trump publiseer. En hoeveel Suid-Afrikaners nie ‘n idee het wat aangaan in Amerika nie.

Robert ·

Die media is deel van die probleem, soos Trump uitgewys het…

Patricia ·

Ek het die oggend van Trump se toespraak daarna gekyk op TV (ons woon al 4 jaar hier in Arizona) en hy het inderdaad gesê dat mense vreedsaam en patrioties moet optree. Nie een keer tydens sy toespraak het ek gevoel dat hy mense probeer aanhits nie!

Johan ·

Patricia van Arizona,kan jy tog asb vir die Demokrate daar inlig dat die wêreld vir hulle lag,ja ook verag! Hul aansien het darem gestyg in China,Iran,NKorea en Afrika..yipee!

MT ·

Die sg. ‘Demokraties Party’ (slegs in naam, natuurlik) het nuut-gevonde bewonderaarstatus onder China, Noord-Korea en Iran verkry, en mens wil tog glo dat Me. Pelosi meer moeite sal doen om Kuba en Sirie ook deel van die nuwe prentjie te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.