Ouers hof toe oor masjiene wat seun aan die lewe hou

Archie Battersbee en sy ma, Holly Dance (Foto: Twitter)

Die ouers van ʼn 12-jarige seun in die Verenigde Koninkryk het ʼn beroep op Europese regters gedoen om sy lewensondersteuningmasjiene aan te hou.

Die masjiene wat Archie Battersbee aan die lewe hou, sou Woensdag om 11:00 by die Royal London-hospitaal afgeskakel word. Sy ouers het hulle egter nou tot die Europese menseregtehof (ECHR) gewend om te verhoed dat dit gebeur.

Dít is een van verskeie hoëprofielsake rakende mediese etiek in Brittanje.

Alistair Chesser, hoof- mediese beampte van die hospitaal se bestuursraad, sê die hospitaal sal geen veranderinge aan Archie se  behandeling maak voordat alle wetlike kwessies uitgeklaar is nie. Die hospitaal sal wel, soos vroeër deur Britse howe beslis, saam met die familie werk om hulle op die onttrekking van behandeling voor te berei.

Archie se ma, Holly Dance, het haar seun in April vanjaar bewusteloos in hul huis aangetref. Daar was tekens dat Archie iets om sy kop gebind het nadat hy vermoedelik aan ʼn aanlyn versmoringsuitdaging deelgeneem het.

Dit is nie duidelik aan watter uitdaging Archie na bewering deelgeneem het nie.

Maroela Media het vroeër berig dat die ouers van twee jong meisies wat dood is nadat hulle aan ʼn gewilde maar gevaarlike TikTok-uitdaging deelgeneem het, voortgaan met hul dagvaarding van dié sosialemediaplatform oor die kinders se dood.

Archie se ouers wil hom nou landuit neem vir verdere behandeling.

“As hierdie land hom nie kan of wil behandel nie, is daar geen rede waarom ons nie toegelaat mag word om hom na ʼn ander land te neem nie,” het Dance aan verslaggewers buite die hof gesê.

“Ek sal aanhou veg tot die bitter einde. As die toekoms van dié land beteken dat ons kinders kan doodmaak oor hulle gestremdhede het, wat is volgende?” wou Dance weet.

Die besluit oor Archie se lot sal na verwagting dié week nog bekendgemaak word.

Britse howe het vroeër beslis dat dit in Archie se belang is om lewensondersteuningsmasjiene af te skakel aangesien dokters hom breindood verklaar het.

Hy word aan die lewe gehou deur verskeie mediese ingrypings, waaronder ʼn ventilator en medikasie.

Die masjiene sou al Maandag afgeskakel word nadat sy ouers ʼn hofaansoek verloor het om dit te keer. Die appèlhof het egter aan hulle ʼn verhoor toegestaan nadat die regering regters versoek het dat dié aansoek voor die Verenigde Nasies se komitee oor die regte van mense met gestremdhede aangehoor sal word.

Die komitee het versoek dat die masjiene vir eers aangehou word, maar dit is deur appèlregters van die hand gewys. Dit is van daar af na die hoogste hof verwys. Die hoogste hof het aangedui dat hulle met Archie se ouers simpatiseer, maar dat daar geen vooruitsig vir herstel is nie.

Die hospitaal het die datum weer uitgestel nadat die ouers die Europese menseregtehof genader het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

AmY ·

As sy kans sien om vir haar kind te sorg kan hy mos bly lewe. Dis hulle keuse.

Moedeloos ·

Korrek, maar daar gaan mediese kennis en opleiding gepaard want ek neem aan die kind sal huis toe moet gaan en nie langer in n hospitaal kan bly nie. Ek neem ook aan die masjiene wat die kind aan die lewe hou is die eiendom van die hospitaal. Gaan die ouers dit self kan bekostig om masjiene te huur of te koop. Is die ouers opgely om mediese versorging toe te pas of gaan hul hom na n tehuis neem waar hy 24 uur mediese sorg kan kry, of n verpleegkundie aanstel om behulpsaam te wees met sy versorging en verpleging. Dit is n baie moeilike besluit en ek wil nie in hierdie mamma se skoene staan nie. Sterkte vir hulle en die pad vorentoe.

philippus ·

Ja, korrek, vat hom uit die hospital en doen dit. Maar hulle wil nie.

ES ·

Kinders is so liggelowig en sal enigiets doen wat ‘n “trend” is, veral op TikTok.

Dis soos die emmer uitdaging waar almal mekaar met emmers water natgooi en dan hul vriende nomineer om dit ook te doen. Dit was inisieel vir liefdadigheid, en die een wat natgegooi word skenk dan geld aan liefdadigheid maar toe word dit net een groot grap en almal nomineer mekaar en neem videos daarvan.

TikTok moet aanspreeklik gehou word omdat hulle toelaat dat sulke videos gedeel word en dat onkundiges dit dan ook self toepas.

Oosieoos ·

Dan kry jy nog mense wat TikTok gemors rond stuur. TikTok moet verban word

Jean ·

Dis soos om gewere te wil verban omdat mense mekaar doodskiet.. Die probleem is die mens, en nie die wapen nie.

AmY ·

In my tyd op skool het kinders al ‘dom dinge gedoen.’
Laaaank voor sosiale media. Ek het my disnis uit ‘n boom én met ‘n kaskar geval.
Met ‘n fiets het ek harsinskudding opgedoen. Dit was 1979.

Duck ·

It is called “Asphyxiation fetishes” Look it up on a search platform, very dangerous.

Chantel ·

Dis so hartseer situasie, maar as jy breidood verklaar is is jy reeds oorlede. Sonder jou brein kan jou liggaam nie funksioneer nie, daarom is jy dan op lewensbystand masjiene. Ek voel vir die ouers, maar soms moet mens logies oor dinge dink. JA Stenig my maar, maar dis ongelukkig die nugtere waarheid

Schalk ·

Chantel, ek stem saam jou dit is seker verskriklik moeilik en ek bid enige iemand net sterkte toe as daardie oomblik aanbreek. Soms is die dood genadiger en sagter maar sjoe ek dink die emosionele besluit moet verskriklike traumatiese gevolge dra. Ongelukkig moet mens ook vra , sou die ouers onverklaarbaar wegval wie sal dan na die pasient omsien?

Lollapop ·

Dit is seker die moeilikste besluit wat enige ouer moet neem, ek dink net hul is eintlik selfsugtig want hul wil nie aanvaar hul seun is weg. Alle toetse dui op breindood en niks gaan hom weer terugbring nie, sou die aktiewe seun so wou leef op masjiene.

Riekie ·

Dis hulle kind, ek glo hulle kan besluit neem oor die masjiene.

Chris ·

Breindood beteken jy is klaar dood. Niks wat die land of gebede gaan jou kind so oë laat oopmaak nie. Laat hom gaan dis die beste vir julle almal

philippus ·

Europese how. BREXIT. Een van hoof redesign vir Brexit. Die inmeng van die sirkus.

tierwyfie ·

Ai my hart gaan uit na die familie, maar wanneer iemand breindood is, is dit net die masjiene wat die liggaam aan die gang hou. Daardie seuntjie is reeds dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.