Padda wat lyk soos slang maak ander bang

Die Kongolese reuse-padda (foto a) het geleer om homself as die dodelike gaboenadder (foto b) voor te doen.

Die Kongolese reuse-padda het geleer om homself as die dodelike gaboenadder voor te doen in ʼn poging om roofdiere die skrik op die lyf te jaag.

Daar is vasgestel dat die padda van ʼn tegniek gebruik maak waar ’n skadelose spesie die voorkoms en gedrag van ’n giftige spesie naboots om roofdiere te verwar en hulself te beskerm. Die bevinding van die studie is in die vaktydskrif vir Natuurgeskiedenis gepubliseer.

Navorsers het bevind dit is die eerste padda wat van mimiek gebruik maak om roofdiere te probeer vermy. Die Kongolese reuse-padda is omtrent die grootte van ʼn hand en is dus ʼn lekker peuselhappie vir talle roofdiere.

Die dodelike gaboenadder het die langste tande en die meeste gif van alle slange, wat beteken daar is nie regtig roofdiere wat dié slang as ʼn prooi sien nie. Die padda en adder kom hoofsaaklik in die Demokratiese Republiek van die Kongo se reënwoude voor.

Navorsers het opgemerk dat die padda dieselfde driehoekige vorm as die adder se kop het. Die kleurpatroon – twee donkerbruin kolle en ʼn donkerbruin streep – het ook sekere ooreenkomste getoon. Dit is verder vasgestel dat die padda sisgeluide, soortgelyk aan die adder, kan maak wanneer daar gevaar is.

Hoewel die padda en die adder se kleur en vorm nie presies ooreenstem nie, blyk dit genoeg te wees vir roofdiere om liewer bang Jan as dooie Jan te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Maria ·

Maar lelik ding en dit intersant berig . Nooit so iets gesien nie

JohanR ·

Kan nie juis in die storie ‘n naam vir die padda sien nie, soe miskien kan hy die Jacob Zuma-padda genoem word. Het ou Stortkop nie die selflde eienskappe getoon nie?

SoosDitIs ·

Kongolese reuse padda.
Maar ek dink jou idee is meer gepas!

Hendrik ·

Ek het eenmaal gehoor van ‘n tipe spinnekop wat soos voëltjiemis lyk om homself te kamoefleer. Of was dit nou andersom?

Dirk ·

Slim padda!!

Wys jou dat Afrka jou leer om te oorleef.

Kan ons Afrikaners nog vir die volgende 300 jaar oorleef of moet ons onself verander in Zumas?

Gerhardt O ·

Maar wie se dat die slang nie dalk die padda namaak nie?

Patch ·

Ek kan nie dink dat hierdie spesie padda kon “geleer” het om dit te doen nie, ek sal eerder glo dat hulle so geskape is? Net soos ander diere en insekte spesies geskape is om hulself te kan kamofleer in die natuur.

Right said Fred ·

@Dirk: Mits ons betyds uit die paddapot gered word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.