Peiling: Afrika-sentiment ten gunste van Oekraïne

Kombinasiefoto van Oekraïense president Wolodimir Zelenski (links) en Russiese president Wladimir Poetin (regs) (Foto: Verskeie bronne/AFP)

Die meerderheid Afrika-burgers meen Rusland se inval van die Oekraïne het teen internasionale regsbeginsel ingedruis; hulle voel Rusland moet sy magte gevolglik onttrek én glo die land is skuldig aan oorlogsmisdade teen Oekraïne.

Dít is Ipsos se belangrikste bevindinge oor ses Afrikalande se sentiment betreffende die Rusland-Oekraïne-konflik in aanloop tot die pas afgelope Afrika-vredesending en met die Brics-beraad net om die draai.

Afrikane wat ʼn belangstelling in die politiek toon, is in Suid-Afrika, Kenia, Nigerië, Uganda, Zambië en Senegal oor hul menings gepols.

Suid-Afrika is die enigste van die ses lande waar die meeste mense meen Rusland is nie die aggressor nie, met 44% van respondente wat dié mening huldig. Daarenteen verskil 49% van Nigeriërs, 54% van Keniane, 49% van Ugandese, 49% van Sengalese en 56% van Zambiërs van die stelling dat Rusland nié die aggressor in die oorlog is nie.

Die meerderheid burgers in al ses lande meen wel Rusland het internasionale regsnorme oortree met sy inval van Oekraïne. Só ook meen die meeste mense Rusland het reeds oorlogsmisdade teen Oekraïne gepleeg: 61% van Suid-Afrikaners, 63% van Nigeriërs, 59% van Keniane, 65% van Ugandese, 50% van Senegalese en 64% van Zambiërs.

Daar is verder konsensus onder die meerderheid respondente dat alle Afrikalande nie kant in hierdie oorlog moet kies nie, met 56% van Suid-Afrikaanse burgers wat hiermee saamstem.

So ook meen die oorweldigende meerderheid respondente ʼn middewegoplossing vir die oorlog is in hul land se beste belang, eerder as kant kies vir óf teen Rusland óf Oekraïne. Altesame 59% Suid-Afrikaanse burgers, 76% Nigeriërs, 62% Keniane, 62% Ugandese, 65% Senegalese en 73% Zambiërs deel dié sentiment.

Tog meen ʼn groter aantal respondente in elk van die ses lande ondersteuning van Oekraïne eerder as Rusland is in hul land se beste belang.

Oor al ses lande heen is Suid-Afrika egter die land wat die meeste ondersteuning vir Rusland in die oorlog toon, met 18% van mense wat meen dit is in die land se beste belang om Rusland te steun en 33% van mense wat meen hulle sal Rusland persoonlik steun.

So ook was respondente in al vyf ander lande meer geneig om te sê hul weier om kant te kies – net 15% van Suid-Afrikaanse burgers is glad nie bereid om kant te kies nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Johan ·

Rusland is al wat tussen ons en die totale oorname van die Sioniste se NWO staan. Dink terug aan die c19 regulasies dan dink jy of jy hou van hoe die NWO werk.

Anna-marie ·

Johan, jy is 100% reg met wat jy hier sê. Gaan kyk bietjie wat het James O’Keefe ontbloot van BlackRock.

Gaitsigubib ·

Jy kan gerus ook kyk na Redacted op you tube m.b.t die Black Rock- Ukraine connection. Patrick Lancaster is hul oorlogskorrespondent in Ukraine. Hy is binne in die oorlogsone en regtig die moeite werd om te volg.

Anna-marie ·

Ek kyk na Redacted. Ook The Duran, Dr Steve Turley, Gen Douglas McGreggor.
Dan ook Prof Jeffrey Sachs.

Marius ·

Stem 100% saam Frans. Westerse monopolie wil almal voorskryf. Elke land moet homself beheer. Op die oomblik is die VSA en ander westerse moondhede die rede vir oorlog.

Republikein in die Wes Kaap ·

EU/NAVO dreig lande in Afrika met sanksies en terughou van finansiële hulp. Selfs SA kan uit Agoa geskop word.

annie ·

Ipsos is ‘n betroubare navorsingsgroep. Wat sou die navorsers se eie opinie wees. Drie raaie.

Chris ·

Die Russe staan vir tradisionele familie waardes en Biden vir die afbreek van westerse waardes. Diegene wat Oekraine ondersteun is slawe van die Hoofstroom Media se valse nuus. Voor jy ienamd negatief vlag stel ek voor jy gaan kyk na stukke van onafhanklike media. Gaan kyk media waarafgetrede Colonel (ret) Douglas Macgregor, U.S. Army, PhD EVP praat. Wat het die man om te baat uit “misinformation” wat so maklik gegooi word na die wat nie die retoriek ondersteun nie. Jammer dat mense nog steeds so steun op Hoofstroom Media om hul opinies te vorm.

George ·

Ek dink jy moet weer gaan kyk as jy dink Rusland staan vir tradisionele familie waardes. Gaan kyk in Rustland se geskiedenis wat “tradisioneel” daar is.

Gaitsigubib ·

Wat George? Dis nie ek wat jou afmerk nie hoor, ek sal graag wil hoor van jou.

Anna-marie ·

Putin het die Christengeloof laat herleef in Rusland. Daar is sedert sy bewind baie kerke gebou in Rusland. In teenstelling daarmee is die Christengeloof al meer onder druk in Westerse lande. Amerika se Woke beweging is teen alle die waardes van die Christengeloof. (bv jy kan jou eie geslag kies, selfs kinders kan self hulle geslag kies, en self kies om operasies te ondergaan, ens ens.) Putin het hierdie Woke beweging verbied in sy land.

Gaitsigubib ·

Dit klink vir my maar na n klug. Waarom is juis hierdie 6 lande gekies? Waar is al ons buurlande, Zimbabwe, Mosabiek, ens. Sommige lande, soos Angola en sentraal afrika is in my opinie beslis pro-Rusland. Wat is die punt van n opname as dit nie behoorlik gedoen word nie? Doen hierdie ouens opnames vir CNN?

George ·

Zelenski is n akteur, en overact vir simpatie vir wat Ukraine doen en vir geld vir die land.

Gaitsigubib ·

Black Rock is in die top 3 grootste aandeelhouers saam met Vanguard en State Corp. Ook insigewend is dat die grootste finansierder van die WHO (B. Gates) al sy aandele in Phizer verkoop het. Mens moet kyk wanneer hy weer koop, dan kan jy die volgende pandemie voorspel.

Anna-marie ·

Die WHO was so te sê bankrot todat Gates hulle begin finansier het. Nou maak hulle soos Gates vir hulle sê. (Wie se brood ek eet is wie se woord ek spreek)

Shakespeare ·

As ek so loer na die kommentare het ons meer Russe in ons land as wat ek gedink het.

A ·

En dis nogal mense wat familie gehad het wat op die grens gesneuwel het.

Nou belowe hulle om saam met die EFF te staan as Poetin se persoonlike lyfwagte.

Lyk my as jy so vêr regs is, loep jy om en dan is jou siening vêr links.

Gaitsigubib ·

Ek het al so 1000 keer verduidelik dat kommentators nie noodwendig pro- Rusland is, net omdat hulle die VSA en die NWO se duistere, oorloglustige agenda nie wil steun nie. Wanneer ek egter vra of jul waardes oplyn met die sataniese dinge wat hom nou afgespeel het op die Withuis se grasperk, dan antwoord niemand nie. Die VSA is so Woke Dr Rachel Levine se aanstelling as admiraal het het hu1 gereken is n deurbraak vir vroue, maar hy is n man! Stem julle saam met die goed?

Republikein in die Wes Kaap ·

Onverklaarbaar dat jong Amerikaanse mans nog in daai weermag wil dien. Nugter weet waarvoor hulle wil sneuwel.

Gaitsigubib ·

A en net om by jou aan te las, die CIA het ons “gehelp” in Angola teen die MPLA want ons het die Kubane vir hulle besig gehou vir n wyle, net om ons radikaal en behoorlik in die rug te steek met boikots en n oorgawe aan ons vyand af te dwing. Dit was op daardie stadium ook hul grootste vyand met wie hul amper in WW3 geeindig het. Hoe stupid kan jy wees?

Marthinus W ·

Ek sal Ipsos se data met n knippie sout neem. Dit is ‘n organisasie met winsbejag, en op hulle webwerf word spesifiek aandag gegee aan beleggers en beleggervergaderings. Hulle sal nie n verslag publiseer wat hulle aandeelprys negatief sal raak nie.

Oosieoos ·

Enige een wat rusland steun moet sy kop laat lees. Omdat weste foute maak kan jy nie a diktator steun nie. Onskuldige mense sterf deur a diktator wat net meer mag soek dis wat belangrik is nie opinies van ander lande nie

Marthinus W ·

Daar is niks met my kop verkeerd nie, dankie.

Zelenski het n wet uitgevaardig dat alle Ortodokse Christene slegs in Oekraiens mag bid en aanbid, al is hulle moedertaal Russies. En hy en sy voorganger, Petro Porosjenko het almal wat Russies praat as terroriste geklassifiseer. Tussen 21 Febr 2104 en 24 febr 2022 is meer as 14 000 Oekraieners in die Donbas vermoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.