Poetin, Biden sal vergader, mits Rusland nie aanval

Die foto van die Amerikaanse pres. Joe Biden en sy Russiese eweknie, Wladimir Poetin, is verlede jaar geneem. (Foto: Denis Balibouse/AFP)

Die Russiese president Wladimir Poetin en sy Amerikaanse eweknie, Joe Biden, het tot ʼn beraad ingestem – maar dit sal net gehou word mits Rusland nie Oekraïne binneval nie, het Frankryk Maandag vroeg aangekondig te midde van grootskaalse diplomatieke pogings om ʼn volskaalse oorlog te verhoed.

Albei leiers het in beginsel tot die beraad, voorgestel deur Franse pres. Emmanuel Macron, ingestem. Die Withuis het Biden se bereidwilligheid om deel te neem bevestig, maar ʼn senior amptenaar sê heelwat kwessies moet nog uitgestryk word.

Volgens Frankryk sal die beraad uitgebrei word om ander rolspelers te betrek en voorbereidings tussen die VSA en Rusland sal Donderdag begin.

Die moontlike deurbraak kom nadat Washington gewaarsku het teen ʼn dreigende inval en Rusland en Oekraïne mekaar van ʼn toename in bombarderings op die voorste linie wat Kiev se magte van dié van Moskou-gesteunde separatiste skei.

Die bombarderings het Oekraïnse burgers na kelders en ander skuilings laat vlug, terwyl sommige burgerlikes uit die gebied verwyder is.

Die Withuis het ʼn verklaring gewaarsku hy is steeds gereed vir “vinnige en ernstige optrede” as Rusland Oekraïne inval.

“Dit lyk of Rusland voortgaan met voorbereidings vir ʼn volskaalse aanval binnekort op Oekraïne,” het Jen Psaki, Amerikaanse mediasekretaris, gesê.

Washington en ander Westerse hoofstede sê Rusland het reeds meer as 150 000 troepe op Oekraïne se grens byeengebring en is gereed vir ʼn totale aanslag.

Moskou ontken enige voorneme om sy buurland aan te val, maar eis dat die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) die onderneming gee dat Oekraïne nie toegelaat sal word om by die alliansie aan te sluit nie. Rusland eis ook dat Westerse magte wat sedert die einde van die Koue Oorlog in Oos-Europa ontplooi is, onttrek word.

Die aankondiging oor ʼn beraad kom kort nadat Macron Sondag vir ʼn tweede keer ʼn marathon-foongesprek met Poetin gehad het. Tydens die eerste gesprek het Poetin die skuld vir ʼn toename in geweld op die voorste linie gepak op “uitlokking” deur Oekraïnse magte, lui ʼn verklaring van die Kremlin.

Poetin het ook die oproep, dat die VSA en Navo Rusland se eise oor veiligheidswaarborge ernstig moet opneem, herhaal.

Volgens Macron se kantoor het die twee ooreengekom op die behoefte aan ʼn diplomatieke oplossing vir die voortgesette krisis.

Die twee het Sondagaand weer gepraat waarna ʼn aankondiging oor die beoogde beraad gedoen is.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, het kort tevore gesê Rusland “is op die rand” van ʼn inval van Oekraïne.

Amerikaanse media berig dat Washington verlede week intelligensie ontvang het dat die Kremlin sy troepe opdrag gegee het om aan te val. Nie die Withuis, die Pentagon of die departement van buitelandse sake wou dit bevestig nie.

Satellietbeelde van ʼn Amerikaanse maatskappy wys wel die nuwe ontplooiing van Russiese troepe langs die grens.

Macron het ook beraadslaag met Wladimir Zelenski, president van Oekraïne, wat gevra het vir ʼn onmiddellike skietstaking en hernieude gesprekke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Stephen ·

Rusland was nooit van plan omteen Ukraine oorlog te maak nie. Hierdie “oorlog” gerugte word aangeblaas deur die linkse hoofstroom media. Lees maar gematigde media berigte en dit word duidelik. Alles vir sensasie.

annie ·

… Zelensli se naampie staan darem in die laaste paragraaf… Gelukkig tog vir dié grootse akteur-president wat nou dreig om atoombomme te bou soos Iran om sy eie land met die eeue-oue Russiese ortodokse katedraal in Kiev te beskerm (tot die dood ons skei) indien nie een Westerse land wat nog Navo hom/haar verwerdig om sy land met die beroemde was-gewees-Chernobil-atoomkragstasie te kom help beskerm teen die bose Rusland nie. Die Oeraïense-president ly glo nie aan paranoïa nie…

George ·

Biden gaan vir Putin vra hoe is dit om bass te speel vir Greenday

marius ·

Maar die amerikaners en hul gesante mag inval en aanval soos hulle wil . Wat hulle blykbaar nie besef nie , is dat hulle die skoot hondjie van die wereld is . Niemand skrik meer vir hulle nie .

Grassie ·

Oekraïne is besig om die Donbass gebied in die ooste van hul land aan te val. Die meerderheid van die mense is Russe. Rusland is besig om die vroue, kinders en bejaardes te ontruim terwyl die weerbare mans ‘n weermag vorm om teenstand te bied. Die mense wat ontruim word lyk soos ons. Hulle is netjies, beskaafd en ordelik. Putin gaan hulle nie in die steek laat nie. ek dink hy gaan die oostelike deel van Oekraïne inval en annekseer.

Thom ·

Jy lieg oor Oekraïne wat iemand ” aanval ” ___ al wat ons wel weet is dat die president vd VSA nie meer op Putin se betaalstate is nie.

Johannes_64 ·

Dit sal werklik vreemd wees as jy nou lus is om skoor te soek, die hele wêreld se weermag is op jou gemik, dan skiet jy gou ‘n gat in ‘n kleuterskool se muur in jou buurland. Kan nie dink Putin so naïef sal wees nie, is immers baie meer gesofistikeerd as enige iemand in die Amerikaanse regering. Wil al meer lyk of die “rebelle” in die Oekraïne weer ‘n Amerikaans geborgde terreur groep kan wees soos die lot wat dit oorsaak van die oorlog in Irak was.

Gustav ·

Wie sal die meeste baat as daar ‘n oorlog ontstaan. Wie sal die meeste wapens en toerusting verkoop. Wat se land sukkel met hoë inflasie en kort ‘n oorlog om die wapenfabriek weer op te start. Amerika

Jacques ·

Maroela Media vertel ons bietjie van die besighede wat die Bidens en ander hooggeplaaste Demokrate in die Oekraine bedryf.

Pieter J ·

Die sogenaamde rebelle in die ooste is russiese soldate wat hulle as rebelle voordien en ook deur die Russe bewapen word. Mense moet wakker word. Nie een van ons is mal oor die Amerikaners nie maar die wêreld het nie nog ń Hitler nodig nie. Putin sien hy kan nie vir ewig sy politieke opponente vergiftig of toesluit nie en sy gewildheid is besig om te daal en sy land is bankrot nou wil hy alles op die spel plaas deur ń oorlog te begin en dan het hy nog die vermetelheid om die Weste te dreig met ń kernoorlog as hy nie sy sin kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.