Poetin vra tydelike skietstilstand

Pres. Wladimir Poetin (Foto: Handout/KREMLIN.RU/AFP)

Die Russiese president Wladimir Poetin het Donderdag gevra vir ’n 36 uur lange skietstilstand in Oekraïne sodat albei nasies Ortodokse Kersfees kan vier.

Die skietstilstand sal van 6 Januarie om 12:00 tot 7 Januarie om middernag duur.

Die Turkse president Recep Tayyip Erdogan en Rusland se geestelike leier Patriarg Kirill, ’n stoere Poetin-ondersteuner, het aangedring dat ’n skietstilstand ingestel moet word sodat die nasies Ortodokse Kersfees kan vier.

Kirill het sy beroep gedoen “sodat Ortodokse gelowiges dienste op Oukersaand en op die dag van die geboorte van Christus kan bywoon,” het hy Donderdag op die kerk se amptelike webwerf gesê.

“Met inagneming van die pleidooi van Sy Heiligheid Patriarg Kirill, gee ek die minister van verdediging van die Russiese Federasie opdrag om … ’n wapenstilstand langs die hele kontaklyn tussen Russiese soldate en troepe in Oekraïne in te stel,” lui die Kremlin se verklaring.

Die oorloggeteisterde hoofstad Kiëf het egter dié aankondiging as “skynheilig” beskryf.

“Rusland moet die besette gebiede verlaat – slegs dan sal daar ’n ‘tydelike skietstilstand’ wees. Hou jou skynheiligheid vir jouself,” het die Oekraïense presidensiële adviseur Mykhailo Podolyak op Twitter geskryf.

Rusland beset oostelike en suidelike dele van Oekraïne ná 11 maande van gevegte. Kiëf het intussen dele van sy grondgebied herwin.

Rusland het op Nuwejaarsdag een van sy bloedigste aanvalle nog op sy magte ervaar toe Oekraïense troepe Russiese troepe in die dorp Makiivka in die ooste van Oekraïne met vuurpyle aangeval het. Altesaam 89 Russiese soldate het hul lewens in dié aanval verloor.

Die aanval kom ná maande van ontevredenheid van Rusland teenoor sy weermag ná ’n reeks slagveldnederlae en ’n uiters ongewilde mobiliseringstog.

Nuus van Poetin se opdrag volg ook ’n dag na die Franse president Emmanuel Macron Frans-vervaardigde AMX-10 RC- ligte tenks aan Oekraïne oorhandig het.

Erdogan, wat goeie betrekkinge met Moskou het, het Donderdag tydens ’n telefoongesprek met Poetin en Wolodimir Zelenski (Oekraïne se president) ʼn beroep gedoen om ’n “eensydige” skietstilstand te verklaar.

Poetin het aan Erdogan gesê hy is oop vir dialoog as Kiëf die “nuwe territoriale realiteite” op die grond aanvaar.

Na ʼn stemmery – wat internasionaal as ’n klugte bestempel is – het Rusland die Donetsk-, Lugansk-, Zaporizhzhia- en Cherson-streek geannekseer, alhoewel hulle dit nie ten volle beheer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jakkie ·

Putin glo seker ook in die Paashaas, Tandemuis, Kersvader, Big Foot, Loch Nessmonster. ………

Johanna ·

Hy moor en wil kersfees vier? Dit is hoekom die mense so gesteaf word. God slaap nooit nie.

piet ·

Hoekom los Putin nie maar die hele ding nie. Dit lyk asof Oekraine met beter wapens besig is om goed terug te veg.

Republikein in die Wes Kaap ·

Poetin kan môre groot bomwerpers instuur om massiewe bomme op Kiëf neer te laat en die stad geheel en al te vernietig. Dis wat die Yanks sou doen na twee weke se oorlog. Daar word gesê hy is besig om Navo se wapen arsenaal leeg te tap met al hul donasies aan Zelinsky. Dan is Navo net ‘n leë dop en geen verdere bedreiging nie.

Johan ·

Puten is mal. Hy kry nou teenstand en verloor stelselmatig, nou wil hy hensop. Sniper moet hom sommer uithaal. Nie sy soort op aarde nodig nie

Grens ·

Nou moet hulle juis die rook uit Poetin skiet. Hy wil veg, nou wil hy stop.

Althes ·

Poetin moet vir ñ permanente skietstilstand vra. Maar sy ego is te groot.

JohanR ·

Putin en stilstand gaan nie saam nie. Hy sal die tyd gebruik om sy magte gou te versterk. McMillan het vir Hitler vertrou en kyk hoe het dit uitgewerk? Soe jy vier Ortodokse Kersfees, en in die 37 uur begin jy weer skiet. God skud net sy kop!

Annamarie ·

Ag siestog, moor mense uit vir meer as n jaar, en nou wil hy Kersfees hou, rerig???
Het iemand n presentjie vir hom onder die bomm gelos??

JD ·

Dis darm maar hartseer die hoeveelheid mense wat RSG luister en dink hulle praat die waarheid

Lood ·

Christene word vervolg in Ukraine. Hoekom sal hulle wil kersfees vier?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.