Polisielede geskors ná stormloop by Kongresgebou

Foto: Samuel Corum/Getty Images/AFP

Altesaam ses Amerikaanse polisiebeamptes verbonde aan die Kongresgebou in Washington is geskors vir hul optrede tydens die bestorming van dié gebou vroeër vanjaar.

’n Ondersoek na 29 ander polisiebeamptes vir hul optrede dié dag is ook gelas.

CNN berig Yogananda Pittman, waarnemende hoof van die polisie by die Kongresgebou, het Donderdag aangedui dat enige polisiebeampte wie se optrede op 6 Januarie onaanvaarbaar bevind word, gedissiplineer sal word.

“Ons kantoor vir professionele verantwoordelikheid ondersoek sedert daardie dag die optrede van 35 polisiebeamptes. Ons het tans ses van die beamptes met betaling geskors,” het Pittman se departement in ’n verklaring gesê.

Luidens inligting kan op videokameras gesien word hoe sommige polisiebeamptes die betrokke dag toegekyk het hoe betogers die Kongresgebou binnestorm, terwyl een polisiebeampte ’n “Make America Great Again”-pet gedra en met sommige betogers gestaan en gesels het.

Dié polisiebeampte, wat sedertdien geskors is, het glo die pet gedra om die betogers se vertroue te wen sodat hulle hom deur die skare tot in die gebou kon kry en hy sy kollegas kon bystaan, berig die Wall Street Journal.

Meer as 250 mense word in dié stadium strafregtelik vervolg oor die nou berugte dag se gebeure wat tot die dood van vyf mense, onder wie vier betogers en die polisiebeampte Brian Sicknick, gelei het.

Trump is intussen vrygespreek nadat hy in ʼn staat van beskuldiging geplaas is oor die aanval op die Kongresgebou.

Maroela Media het vroeër berig Nancy Pelosi, speaker, het Maandag gevra vir ʼn 9/11-soort kommissie om die aanval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

My siening ·

Politiekery dink net aan hul beskerming en gewone mense is gatvol vir betaal.

Sarel ·

Amerika vrrkoop nou ook hulle Polisie uit om Politieke redes. Daai ander Antie is in elk geval nie lekker nie. Trump is weg maar sy voer steeds persoonlike vendetta
Hulle kam net sowel ou oom Cele daarheen stuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.