Polisieman erken moord op vrou

Sarah Everard is in Maart vanjaar deur ‘n Britse polisieman ontvoer, verkrag en vermoor. (Foto: AFP)

ʼn Britse polisieman het Vrydag skuldig gepleit aan die moord op ʼn vrou wie se verdwyning woede in Brittanje ontketen het.

Wayne Couzens (48) het reeds verlede maand in die Old Bailey-hof in Londen erken dat hy die 33-jarige Sarah Everard ontvoer het. Everard het op 3 Maart reeds vermis geraak terwyl sy van vriende af na haar huis in die ooste van Londen geloop het. Haar kêrel, Josh Lowth, het haar as vermis aangemeld.

Everard se liggaam is ʼn week later in die woud sowat 80 km weg in Kent, in die suidooste van Engeland, gevind.

Volgens die metropolisie het ʼn nadoodse ondersoek die oorsaak van haar dood as die “saampersing van die nek”, bepaal.

Couzens is kort daarna in hegtenis geneem en het ook reeds erken dat hy haar tussen 2 en 10 Maart verkrag het. Hy het kort voor die moord ʼn 12 uur lange skof voltooi. Hy het ook ʼn motor dae voor die moord gehuur en ʼn rol kleefplastiek gekoop.

Couzens sal na verwagting aan die einde van September gevonnis word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tanniepetoors ·

Het ons nie genoeg ellende hier in ons eie land nie?

Porseleintjie ·

Woede word in Brittanje ontketen weens die moord. In SA is moord n nasionale sport. Geen wenkbrou woed hier gelig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.