Prinses Catherine sterk aan ná operasie

Catherine, die prinses van Wallis, by Westminster-abdy tydens koning Charles se kroningsdiens (Foto: Odd Andersen/AFP)

Prinses Catherine, die prinses van Wallis, is Dinsdag in ʼn hospitaal opgeneem vir ʼn beplande buikoperasie.

Die Kensington-paleis het in ʼn verklaring bevestig die operasie was suksesvol en sy sal na verwagting tien tot 14 dae lank in die hospitaal aansterk voor sy terugkeer huis toe.

“Dokters raai aan dat sy eers ná Paasfees haar openbare pligte hervat.”

Die prinses waardeer die belangstelling wat dié inligting sal uitlok, maar hoop dat die publiek sal verstaan dat sy so veel as moontlik normaliteit vir haar kinders wil verseker. Sy versoek ook dat haar persoonlike mediese inligting vertroulik gehou sal word.

ʼn Woordvoerder van die paleis het onderneem om inligting oor prinses Catherine se vordering te verskaf sodra enige beduidende nuwe inligting beskikbaar is.

“Die prinses van Wallis vra om verskoning vir enigiemand wat geraak word deur die uitstel van haar pligte. Sy sien daarna uit om haar pligte so gou as moontlik te hervat.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Vonkprop ·

Hoekom is sulke goed in die nuus? Dit is ‘n maag operasie. Duisende mense ondergaan daagliks operasies. Wat maak hierdie een nou so spesiaal.

Nommer 7 ·

@Vonkprop. Hoeveel duisende mense weet u van, wat met ‘n troonopvolger getroud is?

Snowball ·

@Nommer 7 – In huise met net een badkamer is almal troonopvolgers.

kaplyn ·

Ek kan nie sien hoekom het julle ‘n probleem daarmee dat sy in ‘n privaathospitaal die operasie ondergaan het nie. As jy dit kan bekostig sal jy na ‘n staatshospitaal toe gaan? Ja sy is in ‘n privaathospitaal in die Marylebone distrik opgeneem waar sy ook geboorte geskenk het aan haar drie kinders. Al die bewooners en amptenare in die koningshuis word ook daar behandel, ja ook laags besoldigste werkers van die paleis, want dit is hulle mediesefons se voorkeur hospitaal wat in die Winsor gebied val. Prinses Catherine vra egter dat mense asseblief nie, terwille van haar kinders, moet spekuleer oor haar operasie nie. Dit was ‘n beplande operasie en daar is geen rede hoekom mense daaroor op hol moet gaan nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Kaplyn, groot ekskuus. Duidelik bewonder jy die koninglikes. Onthou net die belastingbetalers betaal hulle rekeninge. En van daai belastingbetalers en hul afhanklikes moet maande wag vir operasies en behandeling. Selfs NHS dokters staak gedurig oor swak salarisse en werksomstandighede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.