Rekordbedrag vir dié pienk diamant betaal

Die diamant van 18.96 karaat (Foto: Martial Trezzini/Keystone via AP, file)

Die afslaers Christie’s het Dinsdag die “Pink Legacy”-diamant vir meer as $50 miljoen (byna R720 miljoen) verkoop. Dit is ʼn nuwe wêreldrekord per karaat vir ʼn pienk diamant.

Christie’s het gesê die bekroonde juwelier Harry Winston het die diamant gekoop. Die verwagte verkoopprys was tussen $30 miljoen en $50 miljoen vir die vierkantig geslypte steen van byna 19 karaat.

Die diamant was deel van Christie’s se herfsveiling in Genève en daar was ʼn dawerende applous toe die hamer die bod op $44,5 miljoen (koperspremie en ander fooie uitgesluit) toegeslaan het. Die koper het uiteindelik $50.375 miljoen (fooie ingesluit) betaal.

Die steen het aanvanklik aan die Oppenheimer-familie behoort en Christie’s het gesê dit is een van die stene wat chemies die suiwerste is – met bitter min indien enige stikstof.

Rahul Kadakia, hoof van internasionale juweliersware by Christies, het gesê die afslaers het in sy geskiedenis van 251 jaar slegs vier diamante verkoop wat meer as 10 karaat geweeg en dieselfde kleur was.

Francois Curiel, voorsitter vir Christie’s in Europa, het die steen die “Leonardo da Vinci” van diamante gedoop. “Die ‘Pink Legacy’, wat teen $2,6 miljoen per karaat verkoop is, is ʼn nuwe rekord. Die vorige rekord was $2,1 miljoen, maar vir ʼn groter steen (meer as 50 karaat).”

Die afslaers Sotheby’s hou Woensdag ʼn veiling in Genève waar juwele, wat in ʼn stadium aan Franse koningin Marie Antoinette behoort het en in 200 jaar nie in die publiek te sien was nie, aangebied sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

GM van Rooyen ·

Maroela Media julle bedoel seker die STEEN is die Leonardo da Vinci van diamante?

Tania Heyns ·

Dagsê GM van Rooyen

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

SjN ·

Net soos die kubus skema, konyn boerdery, volstruis ontploffing, skaars eksotiese wild en die sogenaamde gesogte bees ras, ens.

Spook ·

Gelfwassery en belasting ontduiking het ek al by tye gewonder….. enige ander redes is net te belaglik

Magaretha van heerden ·

Ek het n pragtige suiwer mooi wit diamant van 1.56 karrat en raai wat’ kan amper niks vir dit kry nie. Het al probeer. Nee wat diamante is niks werd nie. nes skilderye wat ook geen herverkoop waarde het nie. Ons het verkeerd geleer.

Andrea ·

Maar hulle is mooi! Gee my n warm gevoel om hul te sien en te geniet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.