Richard Branson se ruimterit suksesvol

Richard Branson vaar Sondag die ruimte in in ‘n Virgin Galactic-ruimtetuig. (Foto Johannes Eisele/ AFP)

Die miljardêr Richard Branson het Sondag in sy Virgin Galactic-vuurpylvliegtuig suksesvol vanuit Nieu-Meksiko opgestyg en sowat 85 km bo dié woestyn gevlieg. Dit was die tuig se heel eerste toetsvlug.

Die tuig met bemanningslede is Sondag omstreeks 09:40 (1540 GMT) vanaf Spaceport America, ʼn massiewe basis in die Jornada del Muerto-woestyn, gelanseer. Die tuig se piekhoogte was buite die aarde se atmosfeer en die bemanningslede het ʼn egte ruimte-ervaring gekry.

Dit was nog altyd die skatryk sakeman se droom om die ruimte in te vaar. Die 70-jarige Branson beskryf die rit as die “ervaring van ʼn leeftyd”.

“Baie geluk aan ons wonderlike span by Virgin Galactic wat 17 jaar lank hard gewerk het om dié vlug moontlik te maak,” het Branson Sondag na afloop van die vlug gesê.

Branson word beskou as die eerste man om die ruimte in te vaar met ʼn tuig wat deur sy eie maatskappy gebou is.

Maroela Media het vroeër berig Virgin Galactic beplan om teen volgende jaar reeds kommersiële “vlugte” na die ruimte te onderneem, met die doelwit om tot 400 keer per jaar na die ruimtestasie te vlieg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter ·

Fantasties. Net weer eens ‘n bewys dat drome waar kan word. Wel gedaan!

Vonkprop ·

Hy het gewerk vir sy geld so gun hom om dit te geniet. En wie sê hy gee nie sy deel nie?

Korrelkop ·

Dis hoekom die bybel sê dat ryk mense beswaarlik in die hemel sal kom…

Willie ·

Nee Korrelkop, die Bybel sê dit glad nie. Die ryk mens wat sy besittings sy god maak, hy het net soos die arm mens probleme wat nie die ware God aanbid nie.

Pandora ·

Richard Branson is nie suinig nie. Hy help mildelik mense en is juis die bewys dat wanneer jy gee, sal jy meer ontvang. Dit is ongelooflik dat hy op 70 ‘n ruimtereis kan onderneem – ek dink dit kan in die Guinness Book of records aangeteken word en die inligting wat hulle insamel met so ekskursie kan baie vir die toekoms beteken. Sommige mense kyk net breer as ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.