Russiese vliegtuig skoonveld

Die Russiese nasionale vlag hang halfmas tydens ’n vorige tragedie. (Foto: Pavel Golovkin, AP)

’n Russiese vliegtuig met 17 passasiers, onder wie vier kinders, aan boord word sedert Vrydag vermis.

Die kantoor van goewerneur Sergei Zhvachkin het in ’n verklaring gesê die Antonov An-28, ʼn tweemotorvliegtuig wat deur Siberian Light Aviation bedryf word, was van die dorp Kedrovy na Tomsk in Siberië onderweg toe alle kommunikasie gestaak is.

Dié voorval volg kort ná ’n ander Russiese vliegtuig, ’n An-26, op 6 Julie in die Kamchatka-skiereiland met 28 passasiers neergestort het.

Antonov-vliegtuie is gedurende die Sowjet-era vervaardig en word steeds reg oor die voormalige Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke (USSR) vir burgerlike en militêre vervoer gebruik. Dié vliegtuie was oor die afgelope jare in verskeie ongelukke betrokke.

Luidens berigte is geen tegniese probleme met die AN-28, wat in 1989 vervaardig is, tydens ’n vooraf-vlieginspeksie gevind nie.

Rusland, wat eens berug was vir vliegtuigongelukke, het in die afgelope paar jaar sy lugverkeerveiligheid opgeskerp.

Swak instandhouding van vliegtuie en nalatige veiligheidstandaarde blyk egter steeds ’n probleem in die land te wees.

Altesame 41 mense is in Mei 2019 dood toe Sukhoi-straalvliegtuig van Aeroflot op die aanloopbaan van die Moskou-lughawe neergestort en aan die brand geslaan het.

In 2018 het ’n An-148-vliegtuig wat deur die Saratov-lugredery bedryf word, kort ná opstyging in Moskou met 71 passasiers aan boord neergestort. ’n Latere ondersoek het aan die lig gebring dat ’n menslike fout tot die ongeluk gelei het.

Om in Rusland se geïsoleerde streke, onder meer die Arktiese streek, te vlieg is verder gevaarlik weens uiters moeilike weerstoestande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

4ntj13 ·

Antonovs is ná die val van die Sowjet Unie steeds in Ukraïne vervaardig…

JohanR ·

Asseblief tog laat ek nooit op ‘n Russiese vliegtuig klim nie! Noem hulle nie Aeroflot, Aerofloat nie?

koos10 ·

Vliegtuig gevind met almal lewendig. Moes noodlanding uitvoer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.