SA skoonheid gekroon as Thaise Mej. Wêreld

Tharina Botes. (Foto: Facebook/Tharina Botes)

Tharina Botes, wat in 2018 die top-12 van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie gehaal het, is Sondagaand in Bangkok, Thailand, as Mej. Thailand Wêreld aangewys.

Die geleentheid het by die Berkeley-hotel Pratunam plaasgevind. Warangkhana Sirisathaphornsap en Ploiwarin Saenchai is onderskeidelik as die eerste en tweede prinsesse gekies.

Botes (26), oorspronklik van die Wes-Rand afkomstig, is in 2021 as die naaswenner van die Mej. Thailand Wêreld-kompetisie aangewys.

Botes het Suid-Afrikaanse en Thaise burgerskap. Sy het in Roodepoort grootgeword en aan die Hoërskool Monument gematrikuleer. Sy het ook ʼn BCom-graad in ekonomie aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) verwerf.

“Drome word waar. Jy moet nooit ophou najaag wat in jou hart is nie,” het Botes op Instagram geskryf.

“Dankie aan al my vriende, familie en aanhangers wat altyd aan my sy is. Ons het dit uiteindelik gedoen. Alle eer aan God.”

Botes sal na verwagting later vanjaar as verteenwoordiger vir Thailand op die Mej. Wêreld-kompetisie optree. Bryoni Govender sal namens Suid-Afrika aan dié kompetisie deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karoo ·

Nou ja…. as jy nie hier regkom nie probeer ‘n mens seeker elders. Sterkte vir die volgende ronte.

John ·

Baie Geluk ..Jy het meer kans om regverdig n kroon te wen in ander lande

Peach ·

Ek wens van harte sy wên die Mej Wêreld kroon. Is dit ‘n kwessie van nie erkenning kry in haar “motherland” nie, daarom het sy gaan soek en, gekry wat sy wel verdien?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.