‘Seinfeld’-akteur sterf

Philip Baker Hall by die première van die rolprent ‘The Last Word’ in 2017. (Foto: Kevin Winter/Getty Images/AFP)

Philip Baker Hall, die akteur wat ʼn gasspeler in die sitkom Seinfeld was, is in die ouderdom van 90 dood.

Hoewel hy in 1991 net in een episode was, was dié optrede so gewild dat hy vir die program se finale episode teruggenooi is.

Hy is ook bekend vir sy rolle in The Truman Show, Rush Hour, Magnolia en Boogie Nights. Hy het later jare ook rolle in Modern Family, Argo, The Talented Mr Ripley en Zodiac gehad.

Mark Ruffalo, met wie Hall die skerm in Zodiac gedeel het, het Dinsdag in ’n boodskap op Twitter sy medelye met die akteur se naasbestaandes betoon.

“Een van die grotes. Dit was ’n eer om saam met jou aan Zodiac te kon werk. Vriendelikheid, vrygewigheid, nederigheid en talent.”

Hall word deur sy vrou, vier dogters, vier kleinkinders en broer oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.