‘Skiet om dood te skiet’: Geweld in Kazakstan duur voort

Betogings oor brandstofpryse het vandeesweek tot wydverspreide geweld in Kazakstan gelei. (Foto: Alexandr Bogdanov / AFP)

Ná dae van ongekende onrus en geweld het Kazakstan se president oproepe vir samesprekings met betogers verwerp.

Pres. Kassym-Jomart Tokayev het verder gewaarsku dat “gewapende bandiete” uitgewis sal word en gesê dat sy magte opdrag het om sonder waarskuwing “te skiet om dood te skiet”.

ʼn Reusekrisis staar die land met sy talle energiehulpbronne in die gesig nadat grootskaalse betogings oor brandstofpryse vandeesweek tot wydverspreide geweld in veral die hoofstad, Nur-Sultan, gelei het.

Die regering sê bykans 750 veiligheidsbeamptes is gewond en 18 dood toe sowat 20 000 betogers regeringsgeboue in Nur-Sultan bestorm en in gevegte met die polisie en weermag betrokke geraak het.

Volgens Tokayev is orde nou meestal regoor die land herstel, maar gaan “terroriste steeds voort om eiendom te beskadig en wapens teen burgerlikes te gebruik”.

“Ek het opdrag aan wetstoepassers gegee om sonder waarskuwing te skiet om dood te maak,” het hy in sy derde televisietoespraak aan die nasie hierdie week gesê.

Hy het ook oproepe uit die buiteland vir onderhandelings as “nonsens” afgemaak.

“Ons het te doen met gewapende en opgeleide plaaslike én buitelandse bandiete en terroriste.

“Hulle moet dus uitgewis word. Dit sal binnekort gedoen word.”

Tokayev sê die betogers het die aanval duidelik goed beplan en dat hulle dit met hoë gevegsgereedheid uitvoer.

Tydens sy toespraak het hy ook die Russiese president, Wladimir Poetin, bedank vir die troepe wat die Moskou-oorheersde kollektiewe veiligheidsooreenkomsorganisasie (CSTO) na Kazakstan gestuur het om die onrus in bedwang te bring.

Kazakstan is lank gesien as een van die mees stabiele van die voormalige Sowjet-republieke van Sentraal-Asië.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Frank John ·

Dit klink so reg, raak ontslae van kwaad doeners wat altyd uit is om beheer oor wets gehoorsame mense wil afdwing.

Ben ·

Op grond waarvan beskou jy Kazakhstan “Kommunisties”? Die Kommunistiese Party van Kazakhstan is verban in 2015 en is steeds verban. Sy naaste opvolger, die “Party van die Mense van Kazakhstan”, wat die mees kommunistiese ideologie in Kazakhstan het, het slegs 1.8% van die stemme in die 2019 verkiesing ontvang. Die regerende Nur Otan se ideologie word gewoonlik as konserwatief, sekulêr, nasionalisties en somtyds as pragmaties outoritêr beskou. Ek het nog nooit gehoor dat iemand dit as Kommunisties beskou nie.

Wat “stabiel” betref – tot onlangse ontwikkelinge was Kazakhstan beskou as een van die veiligste en mees stabiele lande in sentraal-Asië.

Karel Kobus Kruger ·

Interessant hoe vinnig politici oormatige geweld gebruik wanneer hul magsbasis en/of lewens bedreig word.

Piet parys ·

Situasie in Suid Afrika is anders en kon die regering strate skoongemaak het as dit nie hulle ondersteuners was nie .. Wonder wat sal mense doen as die brandstofpryse hier more verdubbel . ??????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.