Só heet prinses Beatrice se babadogter

Prinses Beatrice en Edoardo Mapelli Mozzi op hulle troudag in Julie 2020. (Foto: Twitter/@RoyalFamily)

Prinses Beatrice en haar man, die eiendomsmagnaat Edoardo Mapelli Mozzi, se babadogter sal Sienna Elizabeth heet.

Koningin Elizabeth II se twaalfde agterkleinkind is op 18 September gebore en die jongste lid van die Britse koninklike familie is elfde in die troonopvolgingslyn.

Beatrice is die oudste dogter van die hertog en hertogin van York en is in Julie verlede jaar in ʼn private seremonie met Mozzi getroud. Sy is ook stiefma vir Christopher Woolf, beter bekend as Wolfie, uit Mozzi se vorige verhouding met Dara Huang.

Die prinses het in ʼn plasing op Instagram die babadogtertjie se naam bekend gemaak en die paartjie het ook ʼn afdruk van haar voetjies met aanhangers gedeel. Hulle het egter nie ʼn foto van die nuwe pienkvoet gedeel nie.

Die prinses het in die plasing geskryf dit gaan goed met almal en Wolfie is die beste ouboet vir Sienna.

Mozzi het op sy beurt ook ʼn aangrypende boodskap gedeel en gesê “hierdie is die dae wat hy nooit wil vergeet nie”.

Die inskrywing wat Mozzi op Instagram gedeel het.

Ná die geboorte van die hertog en hertogin van Sussex se tweede kind, Lilibet “Lili” Diana Mountbatten-Windsor in Junie, het Beatrice van die negende na die tiende plek in die troonopvolgingslyn geskuif.

Sy werk nie voltyds as koninklike nie, maar is steeds die beskermvrou van talle welsynsorganisasies.

Bykomende bron: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Barney ·

Daar is nie meer plek vir die koningklikes in die nuwe wêreld nie. Hulle tyd is verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.