Só lyk die duurste gesigmasker in die wêreld

Isaac Levy wys dele van die masker in Motza naby Jerusalem (9 Augustus 2020) (Foto: AP Photo/Sebastian Scheiner)

ʼn Israelse juweliersmaatskappy is besig om die wêreld se duurste koronavirus-masker te vervaardig met goud en diamante, ter waarde van $1,5 miljoen (meer as R26 miljoen).

Die masker, van 18 karaat witgoud, sal met 3 600 wit en swart diamante versier word met topgehalte N99-filters op versoek van die koper, het ontwerper Isaac Levy gesê.

Levy, eienaar van die Yvel-maatskappy, het gesê die koper het net twee eise gehad: dat dit voor die einde van die jaar gereed moet wees en dat dit die duurste in die wêreld moet wees. “Die laaste voorwaarde was die maklikste!”

Hy wou nie die naam van die koper bekendmaak nie, maar het gesê dit is ʼn sakeman van China wat in die VSA woon.

Die swierige masker sal beslis die beskermingstuk, wat nou in talle lande in openbare plekke verpligtend is opkikker, maar teen 270 g – sowat 100 keer swaarder as ʼn tipiese gesigmasker, is dit waarskynlik nie baie prakties nie.

Levy het tydens ʼn onderhoud by sy fabriek naby Jerusalem met verskeie dele van die masker gespog, almal bedek in diamante. Een goue plaat het ʼn gaatjie vir die filter.

“Geld koop dalk nie alles nie, maar as dit ʼn baie duur Covid-19-masker kan koop en die ou wil dit dra om aandag te trek, dan behoort hy hiermee tevrede te wees,” het Levy bygevoeg.

Só ʼn pronkerige masker sal waarskynlik kritiek uitlok in ʼn tyd waar miljoene mense wêreldwyd werkloos is of ekonomies baie swaarkry. Levy het gesê alhoewel hy nie self só tipe masker sou dra nie, is hy dankbaar vir die geleentheid. “Ek is bly dat die masker vir ons genoeg werk gegee het sodat ons personeel in dié moeilike tye kan bly werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cheryl ·

Net nog ‘n bewys vd mens se blind heid en ydelheid. Hoe tragies. Maak vir jou skatte in die hemel bymekaar waar mot en roes dit nie kan vernietig nie.

ElizeK ·

Regtig. Hoe ydel kan n mens nou wees. Kon eerder die geld geskenk het om mense te help wat besig is om te krepeer van ellende agv van n virus wat in China begin het!!! Weet dit is sy geld, maar in my oë is dit siek.

Chris ·

Skenk jy jou orige geld aan liefdadigheid? Dis sy geld. Hy kan doen daarmee wat hy wil.

Veronika ·

Chinese man in die VSA….. Glo my as ek hom kon sien met daai masker op sal ek hom ‘n klap gee dat die masker vêr trek!!! Tsk!

Elmarie ·

Iemand van die land wat ons in die eerste plek die virus gebring het. Pleks hy sy geld wat hom bkykbaar pla op beter maniere spandeer deur mense en diere in nood in hierdie tyd te help. Maak mens siek voel

Sarah ·

Dis pragtig maarrrrrrrrrrrrrr
Dankie maar nee dankie. My wereld, gaan jy ooit kan uitgaan met die ding op jou gesig….

Chris ·

Los die man. Dis sy geld. Laat hy daarmee doen wat hy wil. Het enige een van julle nog nooit geld gemors nie? Al is dit net 1c? Hoekom stywe bolip trek vir die morsing van ‘n paar miljoen maar 1c is aanvaarbaar? Dubbele standaarde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.