Spanning in Rusland oor VSA-atoomwapens

Argieffoto (Foto: pravda.ru)

Argieffoto (Foto: pravda.ru)

Dmitri Pesko, woordvoerder van die Russiese president, beskuldig die VSA van onnodige ekstra spanning in Europa, aangesien dié land glo nuwe taktiese atoomwapens in Duitsland wil bewaar.

Rusland voel dat dit die reeds gespanne politieke balans in Europa sal versteur, indien Amerika met sy planne voortgaan om die wapens in die Rheinland-Pfalz-gebied by Fliegerhorst Büchel te bewaar.

Rusland het gewaarsku dat dit Rusland sal noodsaak om gebiede soos Kaliningrad (ʼn stuk Russiese gebied teen die Baltiese See) te versterk. Meer Russiese militêre bewegings sal dan ook in die Swartsee en die Baltiese See plaasvind.

Fliegerhorst Büchel is al baie jare lank die plek waar Amerika atoomwapens bewaar. Guido Westerwelle, voormalige Duitse minister van buitelandse sake, het in 2012 hard aan ʼn plan gewerk om die VSA te dwing om die wapens te verwyder. Blykbaar het die Duitse kanselier, Angela Merkel, hom van sy voorneme laat afsien.

Die Duitse ZDF het Dinsdag berig dat Amerika wil die nuwe atoombomme TYP B 61-12 in Fliegerhorst Büchel stoor. Katharina Binz van die Grünen- politieke party het gesê dit is ʼn “baie verkeerde en gevaarlike boodskap” is. Geen bevestiging is tot hede vanaf die VSA bekom nie. Die inligting spruit egter uit die land se begrotingsplanne, berig ZDF. Volgens die berig sal dit ongeveer 20 verskillende nuwe atoomwapens wees met genoeg trefkrag van ongeveer 80 Hiroshima-bomme.

Shelley Laver, adjunkdirekteur van openbare sake vir die Amerikaanse kernkragveiligheidsadministrasie het egter aan die Russiese nuuswebwerf Pravda gesê Amerika het tans geen planne om nuwe atoomwapens in Duitsland te ontplooi nie. Sy het verduidelik volgens Washington se planne sal die grootskaalse produksie van B61-12 nie voor die 2020 fiskale jaar begin nie. “Die berigte in Duitse media dat wapens teen die einde van hierdie jaar in Europa ontplooi sal word, is nie akkuraat nie,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ekke ·

Die VSA kan nie vir almal voorskryf wat hulle mag en nie mag doen nie – kyk waar het die houding hulle gebring – almal draai teen die VSA!

Johan 2 ·

Kaliningrad is die ou Oos-Duitsland (Pruesen?). Wonder of daar druk gaan kom om daardie eeue oue grond terug te gee aan Duitsland (EU)?? Baie tragies dat die VSA die wêreld so de-stabiliseer, hou dit wel interesant.

jacques ·

Die VSA lyk my is van plan om die hele wereld te nuke met al hulle atoombomme dan maak hulle of hulle worry dat Iran n atoombom gaan kry?
Hulle is besig met n gevaarlikke spel wat almal in die wereld gaan beinvloed,insluitend hulle eie burgers.Hulle het al klaar vir hulle ondergronse bankers gebou wat lyk soos vakansieoorde onder die grond.

Francois van Zyl ·

Gaan sit mens nugter en dink daaroor, is VSA vir baie vd wereld se probleme verantwoordelik. Hulle is grootbek om die res vd wereld te maan oor atoombomme, maar hulself staan agter die deur.

Johannes Meintjes ·

Of die mensdom nou al enige lesse geleer uit uit WWI en WWII is onduidelik. Wie sit daar agter? Wie beskuldig wie? Wie span saam teen wie? Wat is die rol van die internasionale geldskieters en nasionale of internasionale leiers wie teen of ten koste van hulle mense se welsyn optree? Wie streef na wat vanuit welke kamp? Wat is die rol en taak van die blanke Godvresende Afrikaner in SA te midde van al hierdie tekens en tye?

Fanie ·

Stem saam. VSA nog al die jare besig met ‘n magstryd, meng altyd in. Hulle wil graag die hele aarde en al die lande reël en regeer. Hulle is slu en uitgeslape. En ja, hulle is die oorsaak van baie wêreldprobleme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.