Stasiemeester in hegtenis ná gru-treinongeluk

(Foto: Sakis Mitrolidis/AFP)

Die stasiemeester van die Griekse stad Larissa is Woensdag in hegtenis geneem nadat ’n gru-treinongeluk Dinsdagaand die lewens van minstens 36 mense geëis het.

“Die 59-jarige stasiemeester is in hegtenis geneem,” het ’n plaaslike polisiewoordvoerder aan AFP bevestig. Die klagte teen die stasiemeester sal glo binnekort bekendgemaak word.

Die ongeluk het laat Dinsdagaand (28 Feb 2023) plaasgevind. (Foto: Stringer/SOOC/AFP)

Die aanklaer van Griekeland se hoogste hof het vroeër reeds ’n ondersoek aangevra terwyl die regeringswoordvoerder Yiannis Economou aangedui het dat “treine vir kilometers ver op dieselfde spoor beweeg het”.

Maroela Media het vroeër berig drie waens het net voor middernag ontspoor voordat die treine halfpad langs die roete tussen Athene en Thessaloniki gebots het. Die een trein het vrag vervoer, terwyl die ander een 350 passasiers vervoer het.

Minstens 85 mense is beseer, van wie 36 dood is.

Volgens die openbare televisiestasie ERT het een van die treinwaens ná die botsing aan die brand geslaan en was verskeie mense daarbinne vasgekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cherokee ·

Stasiemeester? Eintlik snaaks. In SA tenminste, is ‘n stasiemeester nie ‘n treinbeheerbeampte nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.