Sterrekundiges verstom deur tollende voorwerp in Melkweg

Die Murchison Widefield Array (MWA) in die diep Australiese platteland word gebruik om verdere navorsing oor die voorwerp te doen. (Foto: ICRAR/AFP)

Australiese navorsers het ʼn vreemde tollende voorwerp in die Melkweg gevind wat hulle sê anders is as enigiets wat sterrekundiges al vantevore teëgekom het.

Die voorwerp, die eerste keer opgemerk deur ʼn universiteitstudent wat aan sy tesis gewerk het, laat drie keer elke uur groot uitstralingspulse radio-energie vry.

Die impuls kom klokslag elke 18,8 minute, sê die astrofisikus Natasha Hurley-Walker, wat die ondersoek ná die student se ontdekking lei. Navorsers maak gebruik van ʼn teleskoop in die afgeleë platteland van Wes-Australië bekend as die Murchison Widefield Array om die voorwerp verder te bestudeer.

Hoewel daar ander voorwerpe in die heelal is wat aan- en afskakel – soos pulsars – sê Hurley-Walker ʼn herhaling elke 18,8 minute is iets wat nog nooit tevore waargeneem is nie.

Om die voorwerp te vind is “effens onheilspellend vir ʼn sterrekundige”, sê sy, “omdat daar niks in die hemelruim is wat dit doen nie”.

Die span doen nou verdere navorsing om te probeer verstaan wat hulle gevind het.

Hulle fynkam jare lange data en het reeds ʼn paar feite bevestig: die voorwerp is sowat 4 000 ligjare van die aarde, is ongelooflik helder en het ʼn geweldige sterk magnetiese veld. Maar daar is steeds heelwat raaisels om te ontrafel.

“As jy die somme doen, vind jy hulle behoort nie genoeg krag te hê om elke 20 minute dié soort radiogolwe uit te stuur nie,” sê Hurley-Walker.

“Dit behoort net nie moontlik te wees nie.”

Die voorwerp kan iets wees wat navorsers al gemeen het in teorie kan bestaan – ʼn eksotiese tipe neutronster met ʼn uiters kragtige magnetiese veld –  maar nog nooit gesien het nie.  Die voorwerp kan ook ʼn sogenaamde wit dwerg wees, die oorblyfsels van ʼn ster wat ineengeplof het.

“Dit is egter ook baie ongewoon. Ons weet net van een wit dwerg-pulsar en dis glad nie so groot as hierdie nie,” sê Hurley-Walker.

“Natuurlik kan dit ook iets wees waaraan ons nog nooit gedink het nie – dit kan ʼn hele nuwe soort voorwerp wees.”

Op ʼn vraag oor of die radiosein deur ʼn ander vorm van lewe gestuur kon word, sê Hurley-Walker die navorsingspan het die sein oor verskeie frekwensies opgemerk. “Dit beteken dit moet ʼn natuurlike proses wees; dit is nie ʼn kunsmatige sein nie.”

Navorsers sal nou verder soek na meer van dié vreemde voorwerpe in die heelal.

“Meer opsporings sal vir astronome sê of dit ʼn skaars eenmalige gebeurtenis is, of ʼn groot nuwe bevolking wat ons nog nooit tevore opgemerk het nie.”

Die navorsing is in die jongste uitgawe van die joernaal Nature gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Miskruier ·

Dit kan” dit ” wees en “dat” wees, maar dat daar n God is, glo meeste nie.

FM ·

Miskruier, ek stem 100% met jou saam.

Kyk, EK maak alles nuut. HY herskep en hou instand.
Dit wat nog nooit in ‘n mens se ryk verbeelding bestaan het nie is reeds deur GOD geskep.

Ons kan slegs lees wat nou deur Ingenieurs ontwikkel word om energie te voorsien wat reeds aan die begin van die skepping in die mens se potensiaal belê is, en wéét.

Dankbaar vir daardie begaafde student en vir hierdie nuus.
Dankie Maroela Media

Hendrik ·

Daar kan dalk n ander baie meer gevorderde vorm van lewe wees wat ook wonder of hulle die enigste is en daaraan gedink het om teen verskillende frekwensies uit te saai indien dit iewers anders opgetel kan word. Daai ding was miskien 4000 jaar terug daar, maar ek glo nie hy is meer op dieselfde plek nie. Sy lig en radiasie kom nou eers hier uit. As dit n ander lewensvorm is, het hulle sekerlik al verder gevorder.

Pierre ·

As die voorwerp onreelmatige spin op twee asse kan die oorsaak van die pulse wees as die voorwerp se noord en suid pole rigting verander wat veroorsaak dat dit die magneties veld kruis en n magnetiese veld uitbarsting veroorsaak, dink aan hoe twee van die selfde pole mekaar wegstoot die selfde sal gebeer met n gepolaliseerde veld as n nuwe veld van dieselfde polarisasie die bestaande veld binne dring.

Marius ·

Baie interessant. Die mensdom weet eintlik nog nie veel van wat in die sterrestelsels en die heelal aangaan nie. Dit is oneindig en die mens se verstand kan dit nie bepaal nie.

annie ·

Het die student dit waargeneem voor of nadat Biden ingehuldig is?

Pierre ·

annie snaaks genoeg op die presiese uur van inhuldiging moet sekerlik die heelal wees wat gejubel of getreur het.

piet ·

Nee, die dag toe Trump Covid gekry het. ‘n Hele nuwe wereld het vir hom op daai dag oopgegaan.

Cherokee ·

Waarom Natasha Hurley-Walker Dit ‘effe onheilspellend’ vind, is effe onheilspellend. Wonder waarom sê sy so. Dit is bloot interressant, en wat nou waargeneem is, het 4000 jaar gelede gebeur. Dalk het die seine nou al verander na meer leesbaar.

piet ·

Ons weet vir ‘n feit daar’s spoke. Die bybel noem telkemale van geeste. Tog is daar mense wat nie glo daar is spoke nie. Ek dink daar’s verskeie dimensies. Ek is ook oortuig dat ons hier op ons klein aardetjie nie alleen in hierdie heelal is nie. Maak eenvoudig nie sin nie.

Cherokee ·

Jou laaste sin bots eenvoudig met al die ander wat jy sê. Alles maak sin. Natuurlik is ons nie alleen nie en natuurlik is daar ‘n geesteswêreld. As jy gelowig is, is dit natuurlik dat daar meer dimensies is.
Jy beleef ten minste drie daarvan in die aardse lewe… Lengte, breedte en hoogte. En as tyd ook ‘n dimensie is, beleef jy meer as net 3. Alles maak sin.
God is aller dimensioneel.

Cherokee ·

Tot my absolute verbasing piet, stem ek en jy oor meer dinge saam as waaroor ons verskil.

Gawie ·

Maroela – net ‘n feite-fout in julle artikel. Julle artikel berig dat die voorwerp elke drie ure uitstralingspulse vrystel. Die uitstralingspulse word egter drie keer per uur vrygestel – elke 18.8 minute.
Verwys na die oorspronklike artikel in ‘Nature’ (https://www.nature.com/articles/s41586-021-04272-x)

Martin ·

E.T. phone home. Phone home, phone home. Beter dat E.T. verby hou en nie nou kom land met die inperkings, PCR tests en Covid19 in die omtrek nie.

Cherokee ·

Daar was toeka se tyd (ek lieg so bietjie, was nie regtig só lank gelede) ook ‘n E. T. in Ventersdorp.

Kwikkie12 ·

Wat die oog nie gesien het en nog nie in die hart van die mens opgekom het nie.. Alles is besig om vinnig na ‘n punt te beweeg.

jzjz05 ·

Jy sal nou maar jou bed op stene sit want dit is die tokkelosie wat op pad is hier na ons toe,gelukig met jou bed op stene kan hulle nie op jou bed kom nie.

Carel ·

Google Images “Pulsar” star
Daai hoeveelheid energie sal die Aarde met mikrogolf bestraling “toast” vanaf ‘n afstand van ‘n hele paar ligjare.

Nelius ·

Ek dink die Australiers sien die covid-realiteit aankom. :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.