Talle vrae oor bemanning ná oorlogskip sink

Die Russiese oorlogskip Moskva (Foto: Max DELANY / AFP)

Rusland het Dinsdag geweier om te sê wat van die bemanning van een van sy vernaamste oorlogskepe geword het toe dié skip verlede week gesink het.

Vermiste bemanningslede se naasbestaandes eis nou antwoorde by die Kremlin nadat die Moskva, Rusland se grootste missieldraer, Donderdag in die Swart See gesink het.

Oekraïense magte beweer die Moskva is deur hul bomwerpers raakgeskiet. Russiese owerhede ontken egter dat die skip – wat tot 680 bemanningslede kan vervoer – getref is en het net gesê die bemanning het die vaartuig verlaat nadat daar ’n brand aan boord uitgebreek het.

Die Kremlin het sedertdien nog geen ander besonderhede rakende die bemanning bekend gemaak nie. Dít terwyl verskeie gesinne op sosiale media of in verklarings aan onafhanklike Russiese of buitelandse mediabronne gesê het hulle sukkel om hul kinders op te spoor nadat die Moskva gesink het.

Dmitry Shkrebets sê sy dienspligtige seun Yegor was ’n kok op die skip. Hy word nou as vermis aangemeld.

“’n Dienspligtige wat nie veronderstel was om aan vyandelikhede deel te neem nie, word as vermis gelys,” het hy in ’n plasing op VKontakte, Rusland se grootste sosiale netwerk, gesê.

Shkrebets het Maandag gesê hy was in verbinding met nog drie gesinne wie se dienspligtige seuns ook ná die sinking van die Moskva vermis geraak het.

“Ons benodig skriftelike antwoorde op ons vrae oor waar ons kinders is,” het Shkrebets gesê.

Die Russiese president Wladimir Poetin se woordvoerder het Dinsdag by navraag gesê die Kremlin is nié by magte om enige besonderhede oor die vermiste bemanningslede bekend te maak nie.

“Alle kommunikasie gaan slegs deur die ministerie van verdediging,” het woordvoerder Dmitri Peskov gesê. “Alle inligting hieroor word deur die ministerie van verdediging uitgereik en hier is ons nie gemagtig om enigiets vry te stel nie.”

Meduza, ’n onafhanklike Russiestalige nuuswebwerf, het berig 37 lede van die Moskva se bemanning is dood nadat dit na bewering deur ’n missiel vanaf die kus getref is.

Luidens ’n bron na aan die Moskva se bevelvoerders, is ongeveer 100 mans gewond. Die presiese getal vermistes is onbekend.

Volgens Meduza se bron was sowat 500 mense aan boord van die skip toe dit getref is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jaco ·

Rusland moet net die etnies-Russiese dele van die Oekraïne beset en by Rusland inlyf. Job done and dusted. Skep dan ‘n behoorlike grens met die res van die Oekraïne en hou die Russiese weermag naby dié grens as afskrikmiddel teen die Oekraïne. Dis mos nou alles baie makliker as amper 2 maande se oorlog.

capie ·

Jaco, die Russies sprekende deel van Oekraine wil nie deel van Rusland wees nie. Slegs enkelinge van Putin se handlangers wil deel wees om bestuursposte in nuwe pro Russiese regering te kry.

Marthinus W ·

Daar is n Russiese kenner (het sy naam vergeet, sal bietjie gaan soek) wat verduidelik dat die Donbas eintlik nie Russies of Oekrains is nie; hy voel hulle is eintlik n groepie mense op hul eie, wat toevallig verkies om Russies te praat. Hulle moet of deel van Oekraine bly, of n heeltemal onafhanklike staat word.

Thom ·

Slegs 20 % van die bevolking daar praat net Russies , 60 % is meertalig en 20 % praat net Oekraïenies .

Barend ·

Die Oekraïne sit op ‘n skatkis fosiel brandstof. Poetim hoop niemand gaan terugkom as alles platgeskiet is nie. Dan kan hulle alles sonder moeite ontgin. Niemand wat pla en sê julle nywerhede is op ons erf nie.

Marius ·

Dis nou hoe ‘n kommunis is, geen integriteit of eerbaarheid nie en sal altyd die leun bevorder.

Marthinus W ·

Daar is n video en artikel oor die matrose wat die ongeluk oorleef het. En die bevelvoerder het gese dat die matrose weer n skip sal kry, hulle is nie sonder werk nie. In die artikel is ook bespiegel oor hoeveel matrose aanboord was. Daars niks sinisters daaromtrent nie.

Colin ·

Ek het ook so video van die bemanning gesien, maar die datum waarop dit geneem is kannie bevestig word nie. Die vraag bly steeds natuurlik hoekom die families van die oorledenes so sukkel om uit te vind wat van hul mense geword het?

Thom ·

En daar stuur die kleine ou landjie se tuisgemaakte missiele die ” magtige ” Rusland se Moskva seebodem toe saam met nog kinders , vermoor deur Poetin , held van die verregses Afrikaners !

Jacques ·

Ek wonder of die kommentator ook so voel, oor die ander oorloë wat tans in die wêreld plaasvind….. of is hierdie geprogrammeerde “outrage” gereserveer slegs vir hierdie spesifieke een.

Mens hoor die “linkses” nooit kla oor enige ander konflik nie…. vreemd.

Thom ·

@annie ___ nie draaitjies en swaaitjies nie aub : hoeveel vreemde soldate is in Rusland om hulle te ” bedreig “?

Kobus ·

Dis waar Lubbe, en met sulke mooi boere name, maar ons glo als wat Putin kwytraak, ons gaan nie Oekraïne inval nie, ons skiet nie op siviele teikens nie, ons bootjie is nie
getref deur missiele nie, hy rus net op die bodem van die see en is eintlik n duikboot. So lieg hy vir sy eie mense, baie ouers gaan nog besef dat hul seuns wat op a special operation gegaan het vir training, nooit weer sal terug keer nie. Ek het niks teen die gewone russiese burger nie, maar hulle word mislei deur n magsbehepte diktator, baie soos Hitler.

Marthinus W ·

Zelenski is eerder n Hitler. Waarom het hy al Oekraine se politieke partye verban? Waarom het hy Oekraine se amptelike opposisieleier, Wiktor Medwedtsjoek in die tronk gegooi? Waarom het hy alle media genasionaliseer? Waarom vuur hy missiele af op treinstasies? [die missiiel se registrasienrs wys dis syne]
Poetin het nie een van dit gedoen nie.

Thom ·

Ek kyk gedurige RT ___ daar is geen beter bron van komedie as RT nie .

Janine ·

Hoe ongelooflik hartseer vir al die ouers, familie en vriende.

Phil ·

Die disinformasie is verstommend… Putin was op ‘n stadium die regte man vir die regte tyd vir Rusland, maar ek glo hy is deur sy verlengde presidensiële termyn en absolute mag korrup gemaak en toe val die tor van die draadjie tussen sy ore af. Ek het niks teen Rusland self en die gewone Russiese burgers nie – ek het tot vandag toe nog baie goeie vriende in Rusland nadat ek van 2003 tot 2010 daar gewoon het, en ek voel bitter jammer vir hulle wat die walglike drek moet sluk van hulle staatsbeheerde media. Die Donbas is bloot ‘n swak rookskerm wat Putin gebruik om die mal inval in ‘n soewereine land in te probeer regverdig.

Thom ·

@Phil , dit is nie wat die mense hier wil hoor nie. Ek het vriende in Donetsk wat maar net presies beaam wat jy sê , dat Russiese soldate en huursoldate gebruik is om die sg Donbas te destabiliseer .

annie ·

Onse mense + Zelensky kan nie Rusland verdra nie en swoon oor Duitsland en Brittanje. Rusland het die Boere gedurende die Oorloë teen die draai van die vorige eeu kom help toe die Britte die land wou hê vir sy minerale en grond. Die Russe het die Nazi’s se nek gebreek en die Jode bevry. Die VSA het sy atoombom gebou en getoets. Groot Nanna. Wie gaan ons en Israel volgende keer help?

Kobus ·

Duidelik het jy Rusland se rol in die grensoorlog vergeet. Drog argumente.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.