Taylor Swift is ‘Time’ se persoon van die jaar

Taylor Swift is Time se persoon van die jaar. (Foto: Time/AFP)

Die Amerikaanse megaster Taylor Swift is Woensdag as die Amerikaanse tydskrif, Time, se persoon van die jaar aangewys.

Die Hollywood-stakers, Barbie en koning Charles III was ook op die lysie om vanjaar dié gesogte titel in te oes.

Time ken jaarliks dié titel toe aan ‘n individu, groep of konsep wat die meeste invloed op die wêreld gehad het, in die verloop van die vorige 12 maande.

“Om een persoon te kies wat agt miljard mense op die planeet verteenwoordig, is nie ‘n maklike taak nie. Ons het ‘n keuse gemaak wat vreugde verteenwoordig. Iemand wat ‘n lig na die wêreld toe bring,” het Sam Jacobs, die tydskrif se redakteur, op die NBC se Today-program gesê.

“Sy was soos die weer, sy was oral.”

Swift het in 2023 verskeie kere wêreldwyd nuusopskrifte gehaal, hoofsaaklik as gevolg van haar uiters gewilde Eras-wêreldtoer, die heruitreiking van haar 2014-album getiteld 1989, en haar verhouding met Travis Kelce, ‘n bekende Kansas City Chiefs-voetbalspeler.

“Swift se prestasies as ‘n kunstenaar – kultureel, krities en kommersieel – is so legio dat dit amper onbenullig is om dit te tel,” het die tydskrif voorts gesê.

Bykomende bron: NY Times

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Delia ·

Een wat die 8 miljard mense op aarde verteenwoordig…een wat lig na die wêreld bring.
Nee wat, God bring Lig na die wêreld. Net Hy.

Cecilia ·

Nee Times. Ek persoonlik dink julle moes Jungkoop van BTS gekies het, volgens my het hy die meeste positiewe uitwerking en invloed gehaat ter wereld. Vra maar die ARMY’S!!!!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

2023 was baie vervelig. Daar was min belangrike gebeurtenisse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.