The Script-kitaarspeler Mark Sheehan oorlede

The Script (Foto: The Script/Facebook)

Mark Sheehan, medestigter en kitaarspeler van die Ierse rockgroep The Script, is oorlede.

Die 46-jarige Sheehan is Vrydag in ʼn hospitaal oorlede ná ʼn kort siekbed, het die musiekgroep op sosiale media aangekondig.

Sheehan, sanger Danny O’Donoghue en dromspeler Glen Power het in 2001 die musiekgroep begin.

Volgens ʼn plasing op sosiale media was Sheehan “ʼn geliefde eggenoot, pa, broer, musiekmaat en vriend”.

Aanhangers word versoek om die privaatheid van sy familie en medemusikante te respekteer.

Ierland se president Michael D Higgins het Sheehan as ʼn “uitstekende voorbeeld van Ierse musikale sukses op die wêreldverhoog” beskryf.

The Script het ses nommer 1-albums in die Verenigde Koninkryk geniet en in die VSA het een van hul albums die topdrie gehaal.

Sheehan is op 29 Oktober 1976 in Dublin gebore. Hy laat sy vrou Reena Sheehan en drie kinders agter.

Hy was ʼn sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler.

The Script se eerste album, “We Cry”, het die topposisie in Ierland en die Verenigde Koninkryk gehaal. Hul volgende drie albums, “Science & Faith”, “#3” en “No Sound Without Silence” was ook treffers.

Much loved husband, father, brother, band mate and friend Mark Sheehan passed away today in hospital after a brief illness. The family and group ask fans to respect their privacy at this tragic time.

Posted by The Script on Friday, April 14, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.