Tronk toe met Fransman ná 25 spoedboetes in 19 dae

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Denny Muller/Unsplash)

ʼn Jong Fransman wat net meer as ʼn maand in Noorweë deurgebring het, is tot 21 dae tronkstraf gevonnis nadat hy tydens sy besoek aan dié land nie minder nie as 25 spoedkaartjies in 19 dae gekry het.

Die 23-jarige man, wat volgens plaaslike media na Noorweë gereis het op soek na werk, het tussen 6 en 25 Februarie vanjaar die spoedgrens 25 keer oortree.

Die ergste oortreding was op 20 Februarie toe hy agter die stuur van ʼn Kia betrap is wat 113 km/h in ʼn 70 km/h-sone gejaag het.

Die dagblad Aftenposten berig die meeste van die Fransman se oortredings is op spoedkameras vasgevang waarvan hy salig onbewus was.

Die man het egter in die distrikshof in Oslo ʼn volle bekentenis afgelê en sy vonnis is gevolglik met drie dae – van 24 tot 21 – verminder.

Die man sal ook vir ʼn rukkie sonder sy rybewys moet klaarkom nadat die hof dit vir ʼn jaar opgeskort het. Die man is ʼn gevaar in die verkeer, het die Oslo-distrikshof bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

George ·

mooi so! Wens hulle wil bietjie strenger hier optree. Begin met zero tolerance vir drank.

Leeubekkie ·

O gaats. Nou gaan hy nie maklik werk in Noorweë kry nie. Dit het seer sekerlik koerante daar oók gehaal..

Pieter ·

Hier in PTA moet hulle eerder die ouens wat so groot skrik en dood briek tronk toe stuur. Spoed kamera maak probleme vir ons wat by spoedperk hou…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.