Trump in hegtenis geneem

Oudpres. Donald Trump se gesigfoto ná sy inhegtenisneming. (Foto: AFP)

Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump is Donderdag by ʼn tronk in die deelstaat Georgia in hegtenis geneem op aanklag van rampokkery en sameswering. Hy is intussen op borgtog van $200 000 vrygelaat.

ʼn Historiese gesigfoto (“mugshot”) van die oudpresident is egter voor sy vrylating geneem en is sedertdien wyd versprei. Dié gesigfoto is ʼn eerste vir enige dienende of voormalige Amerikaanse president.

Trump, wat daarvan beskuldig word dat hy met 18 ander beskuldigdes saamgespan het om die 2020-verkiesingsuitslag in dié suidelike staat omver te werp, het minder as 30 minute in Atlanta se Fulton County-tronk deurgebring voordat hy in ʼn motorstoet na die lughawe vertrek het.

Die gevangenenommer “PO1135809” is aan Trump uitgereik. Sy lengte is ook gelys as 1,9 m, sy gewig as 97 kg en sy haarkleur as “blond of aarbeiblond”.

Trump het ná sy inhegtenisneming aan verslaggewers gesê dit is ʼn “baie hartseer dag vir Amerika”.

“Wat hier plaasgevind het, is ʼn travestie van geregtigheid. Ek het niks verkeerd gedoen nie.”

Trump het sedertdien sy gesigfoto op sy eie Truth Social-platform geplaas met die opskrif “Verkiesingsinmenging” en ʼn skakel na sy veldtogwebwerf.

ʼn Kort rukkie later het hy dit ook op X geplaas – voorheen bekend Twitter. Dit is die eerste keer sedert 2021 dat Trump ʼn inskrywing op dié platform maak nadat hy destyds op die platform verbied is. Elon Musk, eienaar van die platform, het sedertdien die verbod opgehef.

Trump is sedert April vanjaar vier keer strafregtelik aangekla.

Lees al Maroela Media se vorige berigte oor die voormalige Amerikaanse president hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Piet 6 ·

Kompetisie tussen Oud-president Trump en Oud-president Zuma wie die korste in die tronk was.

Perdeby ·

Daar is n groot verskil! Zuma was al reeds deur die hof gevonnis!!! Trump word nou eers aangekla, daarom het hy dadelik borg gekry, hy was nie eers agter tralies nie. Net by die Polisiestasie.

Sê maar net ·

Hoe kan jy Trump met Zuma vergelyk? Zuma is nie Trump se ou skoene werd nie! Demokrate raak desperaat en gebruik nou elke vuil truuk om Pres. Trump uit die verkiesing te hou.

Delia ·

Jy plaas ook gereeld kommentaar. Dink jy almal stem altyd met jou saam. Lewer eerder jou kommentaar sonder om ander af te kraak.

Frikkels ·

Hoe laag kan ñ liberalisteies lafaard soos Biden nog daal? Die heksejag gaan voort. Pasop wanneer Trump weer president word. Julle gaan spyt wees!

Schalk ·

Dit is nie Biden nie, hy is dood eenvoudig te dom om sulke besluite te neem. Dit is Clinton en haar groep, hy moes haar toegesluit het toe hy nog president was.

Bolandse Nooi ·

Biden is doodeenvoudig … te oud om sulke besluite te maak. Hy vergeet dan glad van koninklike protokol en het al hier en daar vasgehaak terwyl hy ‘n toespraak moet lewer – alles getuienis dat hy hopeloos te oud is om president van die VSA te wees.

Cherokee ·

50/50 Skattebol, want alhoewel ek (oor dit) met die Biden-ventjie saamstem, geld dit nie vir…. whatever! Ouderdom is relatief.

Nommer 7 ·

Heksejag? Hierdie is Amerika nie Noord Korrea nie. ‘n Poel van jurie lede gaan op die ou einde ‘n beslissing maak, nie Biden nie. Ironies is dat die meeste van die staatsgetuies Republiekeine gaan wees.

Hendrik ·

Dis nie Biden wat dit besluit het nie, maar ‘n “Grand Jurie” wat bestaan uit algemene landsburgers. Na hulle die bewyse gesien het, het hulle besluit daar is genoeg getuienis om Trump te vervolg. Jy verstaan duidelik nie hoe die Amerikaanse regstelsel werk nie.

Hendrik ·

Mens moet wonder oor die motiewe as ‘n polisiefoto dadelik uitlek nadat dit geneem is.

Hendrik ·

Ahh. Nie geweet nie. Hier sal hulle jou met die Popia wet slaan dat jou ore sing.

LIEZL ·

Wel, nou gaan hy éérs uitklim op die leer. Hy was mos nou in die tronk

Bolandse Nooi ·

Was hy hoegenaamd in die tronk? Seker soos ons geliefde oud-president, vir een minuut, 22 sekondes, ja! Hulle moet pasop! Daar word ‘n presedent geskep vir wie kan die minste tyd in die tronk deurbring.

Andre ·

Liberale linkses is lekker bang vir hom hulle gaan les op se, MAGA neuk hulle op mnr Trump!!

Tanniepetoors ·

Daai foto weerspieël Trump se ware kleure. Bedorwe brok en nie baie eerlik volgens my nie.

Yolandie ·

Niks om oor te “brag” nie – absolute skande wat die Demokrate aan die 45ste President van Amerika doen. In my opinie hoor, Bill Clinton, Barack Obama en Joe Biden almal in die tronk. Nie die man nie!!!!!!

Nommer 7 ·

Wat doen die Demokrate? of herhaal u net die narratief van hierdie kultus leier. (Kyk “How to be a cult leader” op Netflix, dan sal u verstaan).

Karoo ·

Hy is ‘n ou Kalant….. kom ons kyk hoe wikkel hy ho. self hier uit.

Mnr De Beer ·

Hoekom is Trump jonger as Biden en suksesvoller as Obama? Want Biden hakkel en Odama speel raskaart vir geld. Dit als terwyl Trump geskiedenis as voormalige president maak met meer geld in sy sak as die ander twee.

Cherokee ·

Net soos die Nasionale Party met ‘n oorheersende ja-stem die land weggegee het, juig die(selfde) Putin-aanhangers oor Donald Trump se vernedering. Liberaliste praat bloot agtermekaar aan, terwyl konserwatiste blyk denkers te wees.

Amelia ·

Almal volg maar net die narratief wat aan hulle opgedis word, aan albei kante van die spektrum. Daar is bitter min denkers in die wêreld.

Anna-marie ·

Trump was die beste Amerikaanse president in die geskiedenis van Amerika. Alexander Mercouris (Duran) vergelyk die situasie in Amerika met Trump met die van die Romeinse Politikus Tiberius Cracchus 140BC. Hy wou hervormings aanbring in die Romynse ryk. Romynse aligarge het regs gedinge teen hom gebring en hom op die einde vermoor. Dit was die begin van die val van die Romeinse ryk. Hierdie saak in Amerika is so ernstig: as die Demokrate en RINO’s suksesvol gaan wees in hul regs oorlog teen Trump, beteken dit die einde van die konstitusie van Amerika en daarmee saam die einde van Amerika.

Nommer 7 ·

Feit is, James Buchaman word beskou as die swakste VSA president ooit, gevolg deur Trump in de 2de plek.

Bolandse Nooi ·

Dis Tiberius Cracchus circa 140 VC en Romeinse … (ek sien jy het dit op een plekkie reggekry). Maar, aan die ander kant – wonder ek wat presies aangaan met die kriminele vervolving van Trump. Is dit eenvoudig net ‘n kwessie van linksgesindheid vs. regsgesindheid? Of is daar werklik ‘n kans op ‘n “come-back” vir Trump en is die ou fossiel van ‘n Biden bang daarvoor?

Anna-marie ·

Dit gaan definitief nie oor linksgesindheid en regsgesindheid nie. Dit gaan oor baie meer. Dit gaan oor die Nuwe Wêreld Orde wat die WEF (en sy onverkose lede) op die wêreld wil afdwing.

Sê maar net ·

Verregaande! Die demokrate in Amerika is nou desperaat.
Gee hulle gas, president Trump!!

Schalk ·

Miskien moet jy net Wes Kaap heet, ek weet nie hoe jy by die Rebublikein uit kom nie.

Riaan ·

Demokrate is tog so bang hy word herverkies, hulle sal enige iets doen om dit te probeer keer

Schalk ·

Dit is n donker dag vir alle Amerikaners. Hou maar September dop, trek so lank julle maskers nader, Covid steek gewoonlik kop uit net voor Amerikaanse verkiesings. Die demokrate het nou aan die hele Amerikaanse bevolking gewys dat hulle nie vertrou kan word nie, die kiesers wat nog vir hulle stem het beslis iewers n skroef los, omtrent soos anc kiesers.

JohanR ·

Gaan Trump en 9000 ander ook deur pres.Ramaphosa vrygespreek word?

melW ·

Wonder hoekom hy uit is op borgtog met $200,000 terwyl hy ń biljoenêr is. En dit is volgens hom ń “sad day for America” dit gaan altyd oor hom. Ek hoop geregtigeid seëvier

George ·

In Amerika maak jou inkomste nie n verskil op jou borg nie, maar meer jou klug,erns en gevaar jy is.

Hoekom ·

In Rusland vergiftig hulle die opposisie. In die US maak hulle absurde kriminele klagtes teen die opposisie. “Same sky different colour.”

Bolandse Nooi ·

Eerder: in Rusland blaas hulle die opposisie “to hell and smithereens”. Daai vliegtuig het nie net geval omdat VAL vál is nie. Putin hou nie van opposisie nie.

Anna-marie ·

Oppas! maak seker dat die “Rusland vergiftig die oposisie”nie dalk leuns van Amerika en die CIA is nie. In Oekraine het Zelensky die opposisie party verbied en die leier in die tronk gegooi.

George ·

Zelensky en Putin is two peas in a pod. Zelensky weet net hoe om te act.

Marinda ·

Trump vir Amerika en Putin vir Rusland sal die NWO intoom kan hou.

Astrain ·

Ek neem aan daar word vuil gespeel aan beide kante maar toe ek vir Blubbering Biden in Hawaii sien….toe dag ek by myself – is hy nou sowaar die beste wat die Demokrate kan doen??? VSA se politiek het in ‘n sirkus ontaard en hulle maak hul naam krater!

Anna-marie ·

Biden het die mense van Hawaii getroos deur vir hulle te sê sy Corvet en kat was op ‘n stadium ook amper deur ‘n brand vernietig.

Bolandse Nooi ·

O hene, daai gesig is genoeg vir my om artritis-bene-en-al op vlug te slaan!

Cherokee ·

Nie snaaks jy beskryf jouself as ‘n Nooi. Miskien wens jy dat jy Oom Donnie kon nooi.

Stephen ·

In typical Trump fashion he will use the “Mug” shot to score political points. There is already talk of distributing thousands of T shirts with this photo on the front.
He truly has the knack to turn negatives into positives.
I hope he demolishes the Liberal left.

piet ·

Hoekom is hy nie in sy oranje tronkpakkie afgeneem nie? Hoekom kry hy voorkeurbehandeling?

marius ·

Politieke mag spel. Die eens magtige VSA het in ‘n siek hool ontaard.

Danie ·

Biden en sy trawante sal enige iets doen om Trump uit die wedloop te kry.

Papsak ·

Hulle keer dat Trump nie aan bewind moet kom nie want hy is n goeie president vat nie twak van hulle nie maar Biden lek hulle g*tte

Dewald ·

Ek is nie ‘n groot Trump aanhanger nie, ek dink hy sal nog beter vaar as hy minder nonsens praat. Dit gesê, het Biden al in soveel woorde gesê hulle sal alles binne hulle ‘wetlike’ mag doen om te verseker Trump word nie weer president nie. Dis blatante inmenging. As Trump die meerderheid van stemme in die kieskollege op hom verenig, moet hy president wees. Dis nie Biden (of wieookal sy toutjies trek) se keuse nie.

Amerikaanse demokrasie is in gedrang.

George ·

Sien 2 aande se CNN het vir ons n klomp kenners gegee op die gebied.

Oros Soros ·

Dit is jammer dat jy niks wysgeraak het nie. CNN is ongelukkig nie kredietwaardig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.