Trump vir Nobelprys vir Vrede benoem

Pres. Donald Trump. (Foto: AP Photo/Alex Brandon)

Die Amerikaanse president Donald Trump is vir die Nobelprys vir Vrede 2021 benoem.

ʼn Noorweegse parlementslid het Trump Woensdag vir dié eerbewys benoem op grond van ʼn vredesooreenkoms wat die Amerikaanse president tussen die Verenigde Arabiese Emirate en Israel bemiddel het.

Israel en die Verenigde Arabiese Emirate het verlede maand ʼn historiese ooreenkoms gesluit om die verhouding tussen die twee lande te bestendig en het onderneem om dié ooreenkoms tydens ʼn Withuis-seremonie op 15 September te onderteken.

Volgens Christian Tybring-Gjedde, parlementslid vir die regse Progress Party in Noorweë, kan dié ooreenkoms moontlik vrede in die Midde-Ooste bewerkstellig.

Christian Tybring-Gjedde (Foto: Lise Aserud/NTB scanpix via AP, File)

“Dit maak nie saak hoe Trump tuis optree en wat hy tydens mediakonferensies sê nie, hy het absoluut ʼn kans om die Nobelprys vir Vrede te wen,” het Tybring-Gjedde gesê.

Hoewel Tybring-Gjedde daarop aandring dat hy nie ʼn groot Trump-ondersteuner is nie, het hy die Amerikaanse president al vantevore vir die Nobelprys vir Vrede benoem. Tybring-Gjedde was een van twee Noorse wetgewers wat Trump in 2018 vir die eerbewys benoem het vir sy pogings om versoening tussen Noord- en Suid-Korea te bewerkstellig.

Enige wetgewer wat in ʼn nasionale wetgewende mag dien, kan iemand vir die Nobelprys vir Vrede benoem.

Nominasies vir vanjaar se Nobelprys vir Vrede moes teen 1 Februarie vanjaar die Noorweegse Nobelpryskomitee bereik het.

Die wenner vir vanjaar se Nobelprys vir Vrede sal op 9 Oktober in Oslo aangewys word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jaco ·

Ek stem. Want hy hy bly nie stil as iets verkeerd is nie. Die media huise huil die heledag oor Trump. Maar het self nie antwoorde op die wereld se probleme.

Piet Pompies ·

Die media haat hom want hy praat reguit met sy mense en laat hulle nie toe om stories te verdraai nie \

Persheks Adri ·

Hierdie oom vat beslis nie bollie nie! Hy sê 1 keer hou op dan luister hulle anders ontplooi hy sy troepe. Kyk na die Floyed saak toe hulle als wou brand ens.

Cyril kan by hom gaan leer!!!

Elize ·

Gee nie om hoeveel af duime hier gaan uitkom nie maar Trump kyk na sy mense wat ons meer kan sê van hierdie helhool van ons land

MakersMark ·

Mooi man! Hy het ‘n plan, en voer dit uit. In SA word net kommitees aangestel, ondersoek op ondersoek, hofsaak op hofsaak, praatjies en beloftes…terwyl die belasting geld aanhou wegsypel in die sakke van kaders.

Dirk Mostert ·

O.K., die CIA-georkestreerde staatsgreep in die Oekraine en die burgeroorlog in Sirie dateer uit Obama se bewind. Die VSA onder Trump steun steeds die Alkaida terroriste (“opposisie”) en soek gedurig skoor met China en Iran. Die verdrukking van Palestyne en grondgryping in Israel duur voort. Ek sou egter vir Trump stem as die mindere euwel.

Gawie ·

Fopnuus. Nominasies vir die vredeprys het al aan die begin van die jaar gesluit en die wenner word aan die begin van Oktober bekend gemaak. Hierdie parlementslid soek maar net aandag!

Human ·

Don tantrum Trump moet genomineer word vir die President met die meeste gatgabbas, naamlik Putin, Kim Jong-un, Erdogan and Bashar al-Assad wat hom soos `n “puppet” laat dans, terwyl sy juig kommando aan sy lippe hang en alles opslurp wat hy kwyt raak, dan gaan hy loshand al die pryse wen.

LANA is ELANè ·

Fantasties – maar of hy dit gaan kry, twyfel ek daar is hopeloos te veel geldvrate wat hul mes inhet vir hom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.