Trump vrygespreek in staat van beskuldiging-hofsaak

Donald Trump (Foto: Mandel Ngan/AFP)

Die senaat het Donald Trump, oudpresident van die VSA, vrygespreek ná hy vir ʼn tweede keer in ʼn staat van beskuldiging geplaas is.

Die senaat het Saterdag 57-43 gestem ná Trump daarvan beskuldig is dat hy die aanval op 6 Januarie op die kongresgebou aangehits het.

Sewe Republikeine het by die Demokrate in hul stem aangesluit, maar dit was ver verwyderd van die 67 stemme wat nodig was om Trump skuldig te bevind.

Trump het planne vir ʼn moontlike politieke toekoms laat deurskemer en dat hy homself moontlik weer in 2024 beskikbaar sal stel vir die presidensiële verkiesing.

Hierdie was nóg ʼn fase in een van die grootste heksejagte in die geskiedenis van ons land,” het Trump in ʼn verklaring gesê. “Geen ander president het ooit deur só iets gegaan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Werner ·

Dit was n belaglike klag om mee te begin.As hulle hom verkwalik omdat hy dit nou nie veroordeel het nie wat van ons lot wat nie geweld teen blankes veroordeel nie.

annie ·

Ons praat nou politiek en dit verskil nie veel van die gewone lewe nie. Die sirkus in die ‘heilige
troonkamers’ ~ vol beelde soos die Pousdom ~ is ‘n sensitiewe onderwerp wat Trump nou vermy want dan word hy weer aangevat. Die Demokrate het die vernietegende stormlope van die BLF’s as Menseregte geklassifiseer en tjoepstil gebly. Hoekom? Binnekort sal geèis word dat Trump-se-muur ook moet waai. Ek stem… Alles wat hy gedoen het was mos verkeerd. Ha, ha!

Kattebol ·

Trump is die eerste president in die VSA se geskiedenis wat hom nie laat manipuleer nie. Hulle was op die regte ekonomiese pad. Wat ‘n teleurstelling wag nou op hulle met die puppet in die Withuis.

Jacobus ·

Hierdie was nie net leuens nie, dit was herhaalde brokkies leuens hersaamgestel soos ‘n goedkoop Hollywood fliek. Waarskynlik met die hulp van die Tech sektor.

Mariana ·

Mense kan vuur spoeg en Trump beledig, maar hy het meer goed as kwaad gedoen vir Amerika. Hulle moet ligloop, hul nuwe president gaan Amerika vernietig.

Aai ·

Hy sal weer president wees in 2025.Demokrate se broeke bewe nou.Die demokrate is soos die ANC moet die hele tyd op ‘n mens pik altyd ander man se skuld julle gaan nog lang trane huil met sleepy Joe.

Teuns ·

Direk uit intelligensie verslae ……
Bin Laden opined that U.S. Vice President Joe Biden should not be a target because “Biden is totally unprepared for that post [of president], which will lead the US into a crisis.

Andrew ·

Verduidelik n bietjie verder asb Gawie, n groot stelling wat jy maak rekanede integriteit van mense en partye? Veral in lig van die demokrate wat toe nou wel dit wet gemaak het dat vroue nou gaan moet deelneem teen “identity” vroue? Ek sal ook jou gevoelens wil hoor rakende die nuwe president se verbinternis aan die rooms katolieke kerk en hulle integriteit en skuld aandeel in die vervolging van miljoene mense oor die eeue, columbus moet val maar wat van die mense wat home betaal het? Ons sal maar sy seun vir nou eers uitlos.

Connie ·

Wag vir die dag as jy weer president gaan word mnr Trump ek is agter jou.

Andrew ·

Hulle Trump onbewustelik die volgende rekord besorg. Trump is die eerst president wat twee keer beskuldig is , en TWEE keer vrygespreek is. Praat van n man wat jy haat, wie se naam jy sommer vir hom verder in geskiedenis boeke inskryf.

Yolandie ·

Geregtigheid het geskied!!! Die Demokrate maak die reels op soos hulle gaan. Dit gaan 4 lang jare vir Amerika wees met Sleepy Joe aan die stuur. Hy skryf die handbook – Hoe om Amerika in rekord tyd te vernietig. Ek sien uit na Donald Trump se terugkoms na die Wit Huis. Gee hulle gas Mnr. Trump!!!!

Boeing ·

Die beste President die geskiedenis van die wereld. 2024 Hier kom ons.

pestilensie ·

Dis nou gaaf ou Gawie , die teenoorgestelde is ook waar “ as jy die waarheid heel tyd as n leun afmaak raak dit later n leun “ hierdie landjie van ons is n goeie bewys van die media se mag in verband hiermee . Praat van integriteit toe gaan die ou Dems en pleeg bedrog op hulle klagstaat ????. Vat dit en hulle standpunte oor aborsie immigrante ens , n aktifis vir visie president en ek is bly ek is nie n amerikaner

Louise ·

Trump is nie n leier nie. Maar n besigheids man. Jy kan nie n land soos n besigheid bestuur nie. N land het leierskap nodig!

Pieter ·

Die rede hoekom Trump se verhoor so gou verby is, sonder dat getuies geroep is, is omdat Nancy Pelosi self as getuie geroep is deur die verdediging. Sy het voor die stormloop na die Kongres reeds geweet dit gaan gebeur en waarskynlik linkse aktiviste laat deelneem. Dus Trump se aanhitsing hou nie water nie, die stormloop was beplan. Die sogenaamde Demokrate kon dit nie toelaat nie om geopenbaar te word. Verder kan die verdediging nie bewyse van verkiesingsbedrog openbaar maak tydens die verhoor nie, want dit is nou afgehandel. Demokrate se leuens en vuil spel kom gou-gou al uit. Waar is die media/Facebook/Twitter om dit aan te dui?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.