Trump wéér strafregtelik aangekla

Voormalige president van die VSA, Donald Trump (Foto: ALON SKUY/ AFP)

Donald Trump is Dinsdag wéér strafregtelik aangekla. Die oudpresident word egter hierdie keer vervolg vir sy herhaalde pogings om die uitslag van die Amerikaanse presidensiële verkiesing in 2020 om te keer.

Dit is die derde keer sedert Maart vanjaar dat strafregtelike aanklagte teen Trump aanhangig gemaak word.

Die spesiale ondersoeker Jack Smith het Dinsdag vier nuwe aanklagte teen Trump gebring, waarvan twee maksimum vonnisse van 20 jaar tronkstraf dra sou die oudpresident skuldig bevind word.

Die Republikein word in die jongste saak teen hom van sameswering om die Verenigde State te bedrieg en sameswering om amptelike verrigtinge te belemmer beskuldig, met verwysing na die gesamentlike sitting van die Kongres in Januarie 2021 waartydens die Demokraat Joe Biden tot wenner van die 2020‑verkiesing verklaar is.

Trump word in die klagstaat van 45 bladsye ook daarvan beskuldig dat hy destyds probeer het om Amerikaanse kiesers van ’n regverdige verkiesing te ontneem met sy valse bewerings dat hy die presidensiële verkiesing van November 2020 gewen het.

“Kort ná verkiesingsdag – wat 3 November 2020 was – het die beskuldigde met sy kriminele plan begin,” lui die klagstaat.

“Die doel van die sameswering was om die wettige uitslag van die 2020- presidensiële verkiesing omver te werp deur bewustelik valse bewerings van verkiesingsbedrog te gebruik.”

Luidens die klagstaat het Trump beplan om die destydse adjunkpresident Mike Pence se rol as voorsittende beampte by die gesamentlike sitting van 6 Januarie 2021 te laat gebruik om verskeie state se stemme uit te gooi.

Pence het egter geweier en ’n openbare verklaring uitgereik waarin hy gesê het dat hy nie glo dat die grondwet daardie magte aan hom verleen nie.

Talle ondersteuners van Trump het later daardie dag die Kongresgebou bestorm terwyl Trump getwiet het dat sy adjunkpresident “nie die moed gehad het om te doen wat gedoen moes word nie”.

Trump reageer

Die voormalige president – en die Republikeine se gunsteling in volgende jaar se verkiesing – het Dinsdag teenoor Smith uitgevaar en hom daarvan beskuldig dat hy “nog ’n valse aanklag” aanhangig gemaak het om “met die [komende] presidensiële verkiesing in te meng”.

“Hoekom het hulle dit nie twee en ’n half jaar gelede gedoen nie?” wil Trump in ’n plasing op sy sosialemediaplatform Truth Social weet. “Hoekom het hulle so lank gewag?

“Omdat hulle dit reg in die middel van my veldtog wou doen,” is Trump se gevolgtrekking dan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

piet ·

20 jaar gevangenisstraf is lank. Dink nie hy gaan weer uitkom daar nie, hy is mos alreeds amper 80 jaar oud.

Amelia ·

Jy span die kar in voor die perde. Die hof moet hom eers skuldig bevind.

Sobymykoolkop ·

Maak vrede pietie. MNR Trump gaan nêrens behalwe withuis toe in 2024.

piet ·

Ek het vrede ou koolkoppie. Ons gaan dalk die eerste dienende president he wat sommer so uit die withuis uit na die selle begelei word. Dit sal nou vir jou ‘n ding wees.

Koen ·

So jy sal ook vir malema as president wil sien. Die enigste verskil tussen trompetter en malema is ras.

Harley Davidson ·

Die Biden administrasie is so bang vir Pres Trump dat hulle alle strooihalms sal aangryp om te probeer keer dat ‘n ware leier weer in beheer kom van die VSA

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien al die sake misluk en Trump word weer president gaan die poppe dans. Dit kan die einde beteken van die FBI, intelligensie dienste, en die hervorming van die kongres en breë staatsdiens. ‘n Nuwe Amerika sal Trump se enigste missie wees.

Human ·

En die VSA deel van Rusland en hy, wat Trump is, Putin se adjunkpresident.

piet ·

Wel, hy gaan seker nou deur die hofprosedure gaan sodat alle bewerings getoets kan word. As hy niemand mislei het nie sal hy mos loskom…

Amelia ·

As ‘n mens ‘n bietjie onder die oppervlak rondkrap kom jy gou agter dat Amerika eintlik baie mèèr korrup is as SA. Hulle laat ons korrupsie soos kleuterskoolspeletjies lyk. Hulle “smoke and mirrors” is net baie meer gesofistikeerd as ons s’n.

Keelvol ·

Trump was n goeie en n sterk president gewees. Iets wat die demokrate nie van hou nie. Kyk hoe n swakeling is Biden.

Anna-marie ·

Biden is nie net ‘n swakkeling nie, hy en sy seun is kriminele.

Hendrik ·

Ag, hoe ver wil hul dit voer? Dit grens aan kinderagtigheid verby èn ontaard in n siek spul en dan wil hul n land regeer. Hoeveel skade is Amerika al berokken?

agnes ·

Die democrate in Amerika Sal nie ophou om Trump te probeer weg kry nie want Hulle besef dat Trump sterker staan in die volgende verkiesing. Dis Biden wat in die tronk gegooi moet word met al sy bedrog tesaam met sy seun Hunter en broer Tim

ES ·

Ek dink in elke geval is Trump baie beter as Biden. Die ou siel kan nie eers ‘n volle sin praat sonder om te mompel nie. Nee wat.

Anna-marie ·

Trump wil die oorlog in Oekraiene stop. Hy het self gesê hy sal dit binne dae gestop kry deur die geld wat daarheen vloei af te sny. Die huidige regering wil die oorlog laat aan gaan; “as long as it takes”, ” till the last Ukrainian”
Wie sit agter die oorlog? Die Globaliste wat Rusland EN Oekraine wil afbreek sodat hulle die Nuwe Wêreld Orde kan instel. Oekraine en Rusland is net te wit volgens hulle.

miraclealigner ·

Aai tog julle klomp en julle “nuwe wêreld orde” -nonsens alweer. Ek het gedog julle het nou effe stoom afgeblaas, helaas nie. Dié manne kan nie eers hul eie land se probleme uitsorteer nie, hoekom sal hulle en kan hulle die Oekraine-Russies oorlog probeer stop? Trump het ook gesê hy sal ‘n muur bou en Mexiko sou daarvoor betaal. Daar het niks van gekom nie… Hou op mense aanhang wat niks werd is in die regte lewe nie…

Marthinus W ·

Lees bietjie oor Victoria Nuland se man Robert en sy familie, die Kagans. Hulle het n hele program vir n nuwe Amerika wat die alleenheerser moet wees. En die Nulands en Blinkens is oud-Oekrainers. Nie net Trump nie, maar nou ook Robert Kennedy, raak al hoe meer die vlieg in hulle salf. [Kimberley Kagan het die Institute for the Study of War gestig, wat nou gereeld in die nuus is, oor hulle interpretasie van die oorlog in Oekraine.] Biden het baie van Trump se aksies vernietig.

Anna-marie ·

Zelensky, Igor Kolomoisky, Victoria Nuland, Blinken, G S0r0s , Black Rock (wat nou glo Oekraine gaan “opbou”) Rockefellers, Bilderbergers almal betrokke in die Projek Oekraiene. Wat in hulle agtergronde het hulle in gemeen? Dalk hul etnisiteit?

Gaitsigubib ·

Ja ou Marthinus, sy was nou in SA en haar planne vir SA laat my koud. Dit help nie mens vertel iemand wat sy hier kom doen het nie, hulle sal dit tog nie plaas nie.

Gaitsigubib ·

As hulle ophou wapens stuur dan stop dit mos? Nee dalk is dit net vir my so ingewikkeld dat ek dit nie sal verstaan nie……………….

STEVE ·

Wat ek nie kan verstaan nie is dat daar by ‘n biljoen Amerikaners is, en die beste wat hulle kan doen is Biden?

Anna-marie ·

As jy die Amerikaanse politiek intens volg (ek doen) sal jy weet van die omvangryke korrupsie wat daar was met die 2020 verkiesing in Amerika was. Die Demokrate het lankal die oorlog in Oekraiene beplan en daarom moes Biden net eenvoudig wen.

Gaitsigubib ·

Enige mens moet seker wonder waarom die DOJ op grond van een foonoproep van Trump na Ukraine “impeachment” stappe teen Trump instel, terwyl hulle met 17 audio recordings van Biden sit waar hy en sy korrupte seun met die einste korrupte Burisma direkteure op die foon was. Dit was dieselfde sesput wat Trump in sy een oproep wou oopkrap, maar die DOJ swyg? Kan jou afmerkers dit verduidelik? Ek weet hulle kannie.

Hannes ·

Drie honderd vyf en sestig Amerikaanse burgers…
Nie n BILJOEN nie..

Andrew ·

Oe, ek sien daar gaan weer n paar mense by die dood omdraai as die ou dalk weer wen.

Snaaks hoe geweldadig en beledigend n sekere politieke sentrum raak as dinge nie hulle kant toe gaan nie.

Staal ·

Hunter Biden se laptop sage wat gedurende die verkiesing weerhou is en afgemaak is as Russiese inmenging. Die Russiese komplot wat gebruik is om die FBI as n wapen te gebruik om op Trump se veldtog te spioneer. Trump se belasting saak, wat ook valse komplot was .
Joe Biden wat openlik korrupsie geld van Oekraïne ontvang, sy seun wat op die raad van nywerhede sit waar sy pa sy invloed gebruik word om omkoop geld te bekom.
Daar gaan niks van die saak kom nie, gaan kyk na die feite, dit vertel n ander storie.

Andrew ·

Yip, n paar histeriese gille gaan teleurgesteld wees as die sake uit die hooggeregshof gegooi gaan word, soos met “affirmative action” saak. Maar soos in SA is daar duidelik heelwat wat maar eintlik rasse kwotas steun.

Gaitsigubib ·

Dit wil voorkom of enige media dekking van Trump n vertaling van n CNN berig is. In die lig van die nuutste EEF saamtrek, vra ek wie wil jy steun, Tump wat gevra het oor plaasmoorde of Biden wat vertel het dat hy kastig saam met Nelson Mandela gearresteer was? Hy is so ver weg ek dink hy glo homself.

Anna-marie ·

Ek het ‘n ou video gesien op Youtube (1970’s of 1980’s) waar Biden met veragting praat van die Afrikaners van Suid-Afrika.

Charles ·

Trump is die Afrikaners se Messias. En soos elk en iedere ander politieke held, ‘n akteur duisend.

Carl ·

Trump gaan weer staan as President. Hy is nie deel van die WEF en Klaus Scwab se bende nie. Hy wou die 3de wereld oorlog stop. Biden en sy trawante gaan voort om oorlog te probeer maak teen Rusland. Klaus Schwab en sy trawante wil oorlog maak om die wapen fabrieke aan die gang te hou en verseker dat miljoene weer doodgaan. Hulle wil die wereld bevolking verminder met twee derdes.

Veronika ·

Kyk ek hou nie vd man as persoon nie ( voor hy nog president was in die dae van sy TV program) maar ek het 100% saam hom gestem met wat hy als gedoen het as president veral rakende aliens soos hul buitelanders noem wat hul land so binne kom. Miskien sou ons ook daarmee doen met geen aliens in ons land vir al die crime wat hulle voor verantwoordelik is!!

Lillian ·

Julle probeer hom keer om weer vir presidentskap te staan, ruk nou enige haas uit die hoed, want julle is bang vir hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.