ʼn Groot aardbewing het Woensdagoggend in die suidelike Stille Oseaan voorgekom waarna tsoenami-waarskuwings uitgereik is.
Die aardbewing van 7,5 het naby die eilande van Nieu-Kaledonië op ʼn vlak diepte voorgekom en is tot by Vanuatu gevoel.
Die tsoenami-waarskuwingsentrum vir die Stille Oseaan het gesê tsoenamigolwe van tussen een en drie meter kan aan die kus van Nieu-Kaledonië en Vanuatu voorkom.
Die owerhede in Nieu-Kaledonië het inwoners aan die kus intussen versoek om die gebied te ontruim en waaksaam te wees.
Die aardbewing het op ʼn diepte van 10 km voorgekom sowat 168 km van Nieu-Kaledonië. Daar was minstens ses naskokke van tussen 5,6 en 6,6.
Nieu-Kaledonië en Vanuatu het albei bevolkings van sowat 280 000 mense. Albei eilandgroepe is op die sogenaamde ring van vuur geleë waar die meeste aardbewings en vulkaniese uitbarstings voorkom.
Ek het nie ‘n idee waar hierdie plek is nie. Die beskrywing is so dat daar aangeneem word jy weet presies waar dit is. Google kan help, maar dit sou help as ek na die berig geweet het.
As jy die kaart oopmaak of groter maak, sal jy sien dis ‘n ent weg van Brisbane, wat na my kennis, in Australië is. Die eilande lê in rooi omkring – regs van Australië as jy dan nou vir die kaart kyk.