Valentino laat vaar ook egte pelse

Argieffoto (Foto: leo2014/Pixabay)

Valentino is die jongste modehuis wat egte pels in sy ontwerpe laat vaar. Italiaanse aktiviste het Woensdag dié nuus verwelkom en gesê dit is “ʼn spyker in die doodskis vir die wrede pelsbedryf”.

Die ikoniese Italiaanse modehuis het gesê hy gaan teen die einde van die jaar alle bedrywighede by sy Milan-gebaseerde pelsmaatskappy, Valentino Polar, laat vaar. Die laaste modeversameling wat pels sal insluit, is vir die winter/herfs 2021/22-seisoen.

“Die pelsvrye standpunt strook met die waardes van ons maatskappy,” het Jacopo Venturini, uitvoerende hoof van Valentino, in ʼn verklaring gesê. “Ons gaan volstoom voort met navorsing na alternatiewe materiale met die aandag op die omgewing vir volgende versamelings.”

Valentino sluit aan by ʼn rits ander groot handelsmerke wat reeds die gebruik van pels laat vaar het, insluitend Armani, Prada en Gucci.

Martina Pluda, Italiaanse direkteur vir die internasionale welwillendheidsorganisasie Humane Society International, het Valentino se besluit verwelkom. “Dit is ʼn groot spyker in die doodskis vir die wrede pelsbedryf. Valentino, net soos talle ander ontwerpers, weet dat die gebruik van pels ʼn handelsmerk oudmodies en buite voeling laat voorkom. Sertifiseringskemas vir die pelsbedryf is niks anders as leë beeldpoetsery vir ʼn bedryf wat jaarliks meer as 100 miljoen diere doodmaak vir hul pelse nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rudolph ·

Dierevel (ja, leer is ook dierevel) hoort aan ‘n dier se liggaam, nie aan ‘n mens se liggaam nie. Nogal logies!

Johan ·

Hoe kan jy dit sê…mense dra nog altyd vel (leer) klere. Moet bees leer nou vermors word?

Patrys80 ·

Bees vel kan nog werk asook skaap vel maar nie ander diere sin nie daao pragtige jakkals en bere en ander kan maar hou baie dankie

Tiptol ·

50jr te laat, maar ten minste doen hul dit. Nou gaan hul baie verkoop want al die vieslike mense wil ‘n laaste een koop.

Johan ·

Wilde diere wat geslag word net vir die pels is een ding maar vee wat in elkgeval geslag word vir die vleis, moet gebruik word, anders is dit vermorsing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.