‘Verkiesing nog nie verby nie’

Joe Biden. (Foto: AP Photo/Andrew Harnik)

Die Demokrate se presidentskandidaat Joe Biden het net-net die voortou geneem in die swaaistate Pennsilvanië en Georgia.

Biden (77) loop met 253 kieskollege-stemme teenoor pres. Donald Trump se 214 voor, volgens Edison Research. Indien Biden Pennsilvanië se 20 kieskollege-stemme wen, wen hy die verkiesing.

Biden sal ook die verkiesing wen indien hy seëvier in twee van die drie ander swaaistate, naamlik Georgia, Arizona en Nevada. Stemme word steeds in dié state getel.

In Pennsilvanië én Georgia het Biden Trump verbygesteek op grond van posstemme wat in stedelike Demokratiese vestings soos Philadelphia en Atlanta uitgebring is.

Pres. Donald Trump. (Foto: AP Photo/Sue Ogrocki)

Trump het Donderdagaand gesê die verkiesing word van hom gesteel. Matt Morgan, ʼn regsverteenwoordiger in Trump se veldtog, het Vrydag in ʼn verklaring gesê dat daar tydens die verkiesing onreëlmatighede in Georgia, Nevada en Pennsilvanië plaasgevind het en dat Trump uiteindelik in Arizona sou seëvier.

“Hierdie verkiesing is nog nie verby nie,” het hy gesê. “Biden vertrou op hierdie state vir sy valse aanspraak op die Withuis, maar sodra die verkiesing finaal is, sal president Trump herkies word.”

Trump se veldtog het intussen regsgedinge in verskeie state ingedien.

Indien Biden in Georgia wen, sal hy die eerste Demokraat wees om dit te doen sedert Bill Clinton in 1992. Pennsilvanië, een van drie tradisioneel Demokratiese state saam met Michigan en Wisconsin, het vir Trump se 2016-oorwinning gesorg en word reeds lank as belangrik beskou vir die 2020-verkiesing.

Foto: REUTERS/Rebecca Cook

Terwyl daar asem opgehou word vir die uitslag van die verkiesing, het amptenare van Georgia en Pennsilvanië aangedui dat hulle Vrydag klaar sal maak met die stemtellery daar, terwyl daar na verwagting nog dae lank in Arizona en Nevada stemme getel gaan word.

Trump (74) beskou die stadige tel van posstemme as bedrieglik. Daar was ʼn reusetoename in posstemme, glo weens vrees vir die koronavirus. Voorheen is die uitslag van die Amerikaanse verkiesing baie gou ná die stemmery voltooi is, bekend gemaak.

Die Republikeine sal na verwagting beheer oor die senaat behou terwyl die Demokrate se meerderheid in die huis van verteenwoordigers na verwagting gaan verklein.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SomeOne ·

trumpie, wees ‘n man en staan terug en kyk hoe iemand anders die land kan rondskommel

Thom ·

Net in die oë van verkramptes . Die Amerikaners wil ten alle koste ontslae raak van die ongeskikte , oranje nar .

annie ·

Ons leef nou in die tyd van fopnuus maar al die kritiek teen Trump is waar, huh! Trump is nooit ‘n dag as president gegun sonder woedende teenstand nie. En die Bidenniete wil hom uit die Withuis laat smyt as hy draai om die Trojaanse grysperd in te laat trippel om die liberale bende uit te laat; as die ou perd nog hou vir sy inhuldiging want die eintlike president Kamalieta sweet al in afwagting van sy omkap.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Laat ons wag en sien. Daardie uitstaande stemme wat Trump “cheats” noem, gaan hom terugplaas in die Wit Huis!

Yolandie ·

Dit word nou in die Media geskets dat Trump n “sore loser” is, maar dis nie die geval nie. Hierdie verkiesing sou van meet af nie maklik gewees het nie. Meeste dink Donald Trump se oorwinning in 2016 was ‘n vloekskoot, ek dink dis omdat Amerikaners moeg was vir die demokratiese regering en hulle verandering wou sien. En toe wys Trump vir almal (die middelvinger) want hy hou nie by die “reels” vd elite nie . In 4jaar het hy meer gedoen gekry as enige President in die geskiedenis van die VSA. Hy het hulle omtrent sleg laat lyk. Daarom glo ek Trump se gewildheid en steun het sedert 2016 toegeneem, en die demokrate het geweet dat al manier om te wen is om te konkel.

Ferdi ·

As daar gekonkel is moet daar bewyse wees daarvan. Die demokrate beheer mos nie die kiesstelsel nie. Ek stem saam dat Trump hom min gesteur het aan die reels, maar ek dink hy verloor die verkiesing omdat hy nie as n leier van die hele bevolking opgetree het nie, maar net die wat met hom kon saamstem oor alles. Die ander het hy beledig en sleg gesê, sommer op sosiale media. ‘n Ware leier doen dit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.