Veteraanakteur Jerry Stiller oorlede

Jerry Stiller. Foto: (Mark Von Holden/Invision/AP)

Die veteraanakteur Jerry Stiller is in die ouderdom van 92 oorlede.

Volgens Ben Stiller, ook ʼn bekende akteur, is sy pa aan natuurlike oorsake dood.

Stiller het sy loopbaan in die 1950’s saam met sy vrou, Anne Meara, begin en het sowat vier dekades later opnuut die kollig betree met sy vertolking van Frank Costanza in die uiters gewilde TV-program Seinfeld. Hy is in 1997 vir ʼn Emmy-toekenning vir die rol benoem.

Jerry Stiller. Foto: Ben Stiller/Twitter

Hy het ook in verskeie rolprente verskyn, waaronder as polisiebeampte saam met Walter Matthau in The Taking of Pelham One Two Three en as Wilbur Turnblad in John Waters se Hairspray. Hy was ook bekend vir sy rol in die TV-program King of Queens.

Stiller en sy vrou het twee kinders, Ben en Amy. Albei is bekende akteurs en skrywers. Hul seun Ben is ook ʼn vervaardiger en is bekend vir rolprente soos Dodgeball, There’s Something About Mary en Meet the Parents.

Pa en seun het saam opgetree in Shoeshine en Stiller sr. het ook in sy seun se bekende rolprent, Zoolander, ʼn rol vertolk.

Ben en Jerry Stiller saam op die stel van Zoolander.

Stiller sr. het in Brooklyn grootgeword – sy pa was ʼn busbestuurder en sy ma ʼn tuisteskepper. Hy het ʼn dramagraad verwerf aan die Syracuse University nadat hy in die Tweede Wêreldoorlog gedien het en is hierna na New York om sy loopbaan te begin.

Sy loopbaan het behoorlik aan die gang gekom nadat hy Meara vroeg in 1953 ontmoet het en hulle later dieselfde jaar getroud is. Hulle het saam aan radio-advertensies geskryf en dit opgeneem. Die egpaar het ook saam in talle rolprente en produksies verskyn. Meara is in Mei 2015 oorlede.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Faraway ·

Is dit net ek wat so dink of ander ook . . .
Wat gaan deesdae aan dat daar so baie bekendes sterf te midde van die corona pandemie.

Vriendelike Frikkie ·

Dink bietjie oor die hoeveelheid akteurs wat, ook op hoë ouderdom, laasjaar en die jaar voor dit en die jaar voor dit gesterf het. Ek dink hoë ouderdom is dalk die rede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.