Wie sou kon raai dat ʼn supermark romanties kon wees? ʼn Italianer in Venesië het verlede week in ʼn kruidenierswarewinkel oor die mikrofoon sy meisie gevra om met hom te trou.
“My geliefde, ek wil jou iets vra, voor almal,” het Salvatore Costarelli oor die mikrofoon gesê in ʼn video wat op die Corriere del Veneto-koerant gepubliseer is. “Ek is lief vir jou. Jy is my lewe. En ek wil jou vra, sal jy met my trou?”
Iemand begin dan hande klap en die kamera skuif na een van die gange waar Tiziana Famao verbaas opkyk. Sy kom dan skaam aangestap met haar waentjie.
Die paartjie omhels langs een van die vrieskaste met bevrore groente. Costarelli bring ʼn ring te voorskyn en plaas dit op Famao se vinger. Die kassiere lag en klap hande toe die paartjie soen.
“Toe ek die woorde hoor kon ek niks verstaan nie,” het Famao aan die koerant gesê en verduidelik dat haar verloofde gewoonlik “ʼn baie skaam persoon” is.
Die gelukkige paartjie, klante en kassiere het later met ʼn bottel sjampanje die nuus gevier. Die sjampanje is in ʼn yskas by die Despar-supermark in Mira, buite Venesië, verkoel vir die groot oomblik.
Costarelli sê hy het dae tevore al die oomblik beplan. “Ek het ook daaraan gedink om die groot vraag in ʼn gondel te vra, maar toe het ek op die supermark besluit, om haar te laat verstaan hoeveel ek vir haar omgee. Ek het gedink sy sal só iets vir die res van haar lewe nooit vergeet nie.”
Die troue word vir Desember in Sisilië beplan.
Deesdae doen mense die snaakste goed om aandag te trek. Ek hoop hulle huwelik sal laaank hou.
Te oulik.
Hoop julle is vir altyd en ewig gelukkig.
Beef, fish or chicken?
Dis eerder wortels of blomkool…lol
Op hierdie manier sal hulle altyd aan mekaar dink as hulle inkopies gaan doen!
Liefde oorval jou enige plek.
Aawww sweet:-)!!
Ag nee man, doen dit ordentlik soos dit moet wees.
Enige riglyne…