Video: Minstens 12 dood in Parys-skietery

Die foto wys glo van die skieters voor hulle op die vlug geslaan het. Foto: @EliseBarthet op Twitter.

Die foto wys glo van die skieters voor hulle op die vlug geslaan het. Foto: @EliseBarthet op Twitter.

Minstens 12 mense is dood nadat gewapende mans by ʼn Franse koerant se hoofkantoor in Parys ingestap en losgebrand het.

Volgens The Guardian is 10 joernaliste en twee polisiebeamptes doodgeskiet. Vyf mense is glo ernstig gewond. Die verdagtes het uit die gebou gevlug waarna hulle glo nog skote afgevuur het.

Die aanval het by die satiriese tydskrif Charlie Hebdo se hoofkantoor in die middestad van Parys plaasgevind. Volgens berigte was daar minstens twee gewapende mans.

The Telegraph berig dat die verdagtes sonder ʼn aksent Frans gepraat het. President Francois Hollande het die voorval as ʼn terreuraanval beskryf. Hy het op Facebook gesê: “Geen barbaarse daad sal ooit die vryheid van die pers kan blus nie.”

In November 2011 is ʼn petrolbom deur die voorruit van Charlie Hebdo se kantore gegooi nadat die tydskrif spotprente oor die profeet Mohammed gepubliseer het.

Die onderstaande video wys hoe die gewapende mans uit die gebou storm en nog skote afvuur voor hulle vlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Neptunus ·

Hierdie soort moorddadige optrede kan dalk lei tot ‘n moderne weergawe van die OAS(Organisation de l’armée secrète) van die vorige eeu as teenvoeter vir hierdie gemaskerde moordenaars.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.