Video: Nasa stuur nog ’n swerftuig na Mars

Aanbieders by modelle van Perseverance en Ingenuity. (Foto: ‘n Skermgreep van die regstreekse uitsending.)

ʼn Vuurpyl van Nasa, wat die swerftuig Perseverance na Mars sal vervoer, het vroeg Donderdagoggend soos beplan suksesvol uit Cape Canaveral se lugmagbasis in Florida gelanseer.

Dit was vandeesmaand die derde en die laaste missie na die rooi planeet ná die Verenigde Arabiese Emirate en China ook vuurpyle afgevuur het.

Volgens Nasa sal die swerftuig, aan boord ʼn United Alliance Atlas V 541-vuurpyl, na verwagting op 18 Februarie 2021 op Mars land.

Ná ʼn sewe maande lange reis sal die swerftuig volgens beplanning by die Jezero-krater op Mars land, waar dit rots- en grondmonsters sal versamel. Die monsters sal met die tuig se terugkeer vir tekens van lewe ontleed word. Dit sal ook die klimaat en geologie van die planeet verken en die weg vir menslike verkenning van die rooi planeet baan.

Perseverance is die grootte van ʼn motor: ongeveer 3 m lank, 2,7 m breed, 2,2 m lank en weeg net meer as ʼn ton.

Perseverance is nog meer besonders omdat dit ʼn spesiale passasier saamneem: Ingenuity is die eerste helikopter om op ʼn ander planeet te vlieg. Ingenuity sal op sy beurt die uitgebreide verkenning van Mars se atmosfeer behartig.

Kyk ʼn video van die lansering hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anel ·

Mense het darem baie geld vir nonsens, veral in hierdie tyd. Maar nou ja, daar is paar mense wat ek baie graag soontoe sou stuur om vir altyd daar te bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.