Video: Nuwe wêreldrekord vir spandraadlopers

(Foto: HowNOTtoHighline/Facebook)

Vier Duitse spandraadlopers het ʼn nuwe wêreldrekord opgestel toe hulle ʼn 2,1 km lange vallei in die Sweedse Lapland oorgesteek het op ʼn koord wat op ʼn hoogte van 600 m gespan is.

Beeldmateriaal wys hoe ʼn kaalvoet man sy balans probeer hou terwyl hy op die koord tussen twee bergpieke loop.

“Ek het net daarop gefokus om baie stadig te wees, skoon bewegings uit te voer en die einde te haal,” het Quirin Herterich gesê wat die afstand in twee uur en 59 minute afgelê het. Hy was die eerste om die afstand suksesvol af te lê voor sy landgenote Lukas Irmler, Ruben Langer en Friedi Kuehne in sy spore gevolg het.

“Dis moeilik omdat mens so ontbloot is – dis 600 m hoog, dis 2,150 meter lank en dis nogal winderig,” het David Sjostram, bestuurder van die Lapporten-projek, gesê. Dit het die span twee dae lank geneem om die koord tussen die twee bergpieke op te stel wat in dié tyd van die jaar 24 uur lank sonlig geniet.

Volg die Lapporten-projek op Instagram.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Martie Smartie ·

Die ouens is dan vas aan die kabel, ag nee wat nie so wonderlik nie

Cherokee ·

Kaalvoet in daai koue op ‘n staalkabel? Vir 3 ure? Dit is heavy!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.