Vliegongeluk in Iran: video wys oomblikke voor impak

‘n Skemgreep van die video wat oënskynlik wys hoe ‘n missiel die vlugtuig in die lugruim bo Teheran tref. (Skermgreep met vergunning van Nariman Gharib via AP)

In die stikdonker voor sonsopkoms aan die buitewyke van die Irannese hoofstad Teheran kan ʼn vinnig bewegende lig gesien word waar dit deur die bome flits, terwyl iemand op die grond ʼn video daarvan maak. Dan is daar die flits van ʼn lig en iets wat lyk of dit ʼn botsing in die lug is.

Dit is nou bevestig dat dit die impak was met die rampspoedige straler van Ukraine International Airlines wat in Iran opgestyg het skaars enkele ure nadat Iran missiele op Amerikaanse basisse in Irak gevuur het. Die aanvalle is uit weerwraak vir die dood van genl.maj. Kassem Soleimani, wat verlede week in ʼn Amerikaanse lugaanval dood is, gedoen.

Westerse leiers het gesê dit lyk of Iran die vliegtuig per ongeluk met ʼn missiel neergeskiet het, maar Teheran ontken dit.

Video’s van die voorval – wat Associated Press (AP) self nagegaan het – wys die straler se laaste sekondes in die lug en dít wat vermoedelik verantwoordelik was vir die dood van al 176 mense aan boord.

Op een video kan gesien word wat oënskynlik die impak is. Geboue kan op grondvlak onder die donker lugruim gesien word. Die klein liggie skiet boontoe en dan is daar ʼn flits. Die toneel is stil, buiten ʼn hond wat digby blaf. Dan, tien sekondes later, is daar ʼn skrikwekkende gerammel, amper soos donderweer.

ʼn Tweede video wys vermoedelik hoe die vliegtuig brand en neerstort. ʼn Wit vlam tuimel grondwaarts deur die donker lug en vonke spat. Dit verdwyn agter bome en dan kan ʼn enorme vuurbal weer gesien word wanneer dit die grond tref.

In die video kan iemand, wat nie op kamera verskyn nie, gehoor word. Die persoon sê in Farsi: “Die vliegtuig het aan die brand geslaan. Shahriar. Ferdosieh. In die naam van God die medelydende, die genadige. God, help ons. Bel die brandweerdepartement.”

Die name wat genoem word, is twee buurte naby die lughawe in Teheran.

Nóg ʼn video, wat geneem is uit ʼn bewegende voertuig, wys ook ʼn brandende lig wat teen ʼn beduidende spoed beweeg. Die beeldmateriaal wys hoe die vliegtuig op die horison ontplof en die stikdonkerte tydelik helder verlig.

As deel van sy proses om die geloofwaardigheid van die video te bevestig, het AP geboue in die video’s vergelyk met kaarte wat wys presies waar die straler van die radar af verdwyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

ChrisE ·

Ek was dus verkeerd. Jammer. Ek het gesê hulle gaan ‘n VSA vliegtuig uit die lug skiet. Ongelukkig is dit nog het einde niet. Dit is ‘n gebied wat ontstuimig is en gaan bly. Dit is oorloë wat deur groot moonthede gedryf word en nog vir lank gaan gebeur. Die Palestyne en Israelies gaan ook nie gou ‘n oplossing kry nie. Die VSA en die ander “groot rolspelers” destabiliseer lande vir eie gewin.

Michael P ·

Snaaks hoe die wat die video geneem het op daardie oomblik dit afgeneem het so as of hulle gewag het vir die vliegtuig.

Sdl ·

Ek probeer om kollega van my op video vir afgelope 5 maande mooi skrik te maak. Geen sukses.
Jy is baie gelukkig om die video te maak. ????

Logies ·

Ek dink dis bietjie kortsigtig om te wonder hoe die ou wat die video afneem “geweet”. Jy kan mos vir jouself indink die missiel het mos nie sigbaar geraak die oomblik toe die video begin nie. Die missiel het seker al n paar sekondes getrek en dit vat jou as persoon letterlik 3 sekondes om jou foon uit jou sak te haal en die kamera knoppie te druk.

Michael P ·

Nee Logies hy het gewag want hy het presies geweet wat gaan gebeur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.