Vlug MH370 het op 8 Maart 2014 verdwyn met 239 mense aan boord. Daar word vermoed dat die vliegtuig in die Indiese Oseaan naby Australië in die see gestort het. Die vliegtuig was van Kuala Lumpur na Beijing onderweg toe dit van radar verdwyn het.
“Maleisië bly daartoe verbind om voort te gaan met die soektog en is hoopvol dat MH370 gevind sal word,” het premier Najib Razak gesê. “Geen woorde kan die pyn beskryf waardeur die families van diegene wat aan boord was, gaan nie. Die gebrek aan antwoorde en definitiewe bewyse maak dit moeiliker om te hanteer.”
Tony Abbott, premier van Australië, het gesê die soektog gaan voort. Australië lei die soektog aan sy weskus en in die suide van die Indiese Oseaan. Abbott het gesê die soektog “kan nie vir altyd voortgaan nie, maar solank daar redelike leidrade is, sal die soektog voortgaan”.
Volgens Abbott is 40% van die aangewese 60 000 vierkante kilometer al tydens die ondersese soektog gefynkam.
Mmm lyk net soos Puten se privaat fliegtuig het iemand perongeluk verkeerde vriegtuig afgeskiet.