Vrou aangekeer wat risien-brief na Withuis stuur

Die Amerikaanse vlag hang halfstok voor die Withuis in Washington. Die vlag hang tans halfstok ter nagedagtenis aan Ruth Bader Ginsburg wat vandeesweek oorlede is (19 September 2020) (Foto: AP Photo/Patrick Semansky, File)

ʼn Vrou, wat daarvan verdink word dat sy ʼn koevert met risien-gif aan die Withuis gestuur het, is op die New York-Kanada-grens aangekeer, het drie wetstoepassers Sondag aan die Associated Press bevestig.

Die brief is onderskep voor dit die Withuis bereik het. Die vrou is deur doeane- en grensposbeskermingsbeamptes in hegtenis geneem by die Peace Bridge-grenspos naby Buffalo. Sy sal na verwagting tereg staan op federale aanklagte. Haar naam is nog nie bekendgemaak nie.

Die brief is vermoedelik uit Kanada gestuur, het die koninklike Kanadese berede polisie gesê. Dit is by ʼn staatsinstansie onderskep wat alle pos aan die Withuis en pres. Donald Trump monitor. ʼn Voorlopige ondersoek het bevestig dat die koevert positief getoets het vir risien.

Die beamptes is nie gemagtig om die voortgesette ondersoek publiek te bespreek nie en het op voorwaarde van anonimiteit met die AP gesels.

Daar was verskeie vorige gevalle waar Amerikaanse beamptes geteiken is met risien wat deur die pos aangestuur word. ʼn Vloot-veteraan is in 2018 in hegtenis geneem en het skuld beken dat hy koeverte aan Trump en lede van sy administrasie gestuur het wat risien bevat het. Die briewe is onderskep en niemand is beseer nie.

ʼn Man van Mississippi is in 2014 tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy briewe, wat met risien bedek was, aan pres. Barack Obama en ander beamptes gestuur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wat op dees Aarde ·

Help ‘n leek asseblief. Wat is risien? Ek het probeer Google, maar kry geen resultate nie.

Johannes Andreas ·

Sal nie help nie, hulle lees nie, behalwe dalk nuwe tenders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.