Vrou dood in ystervarkie-eetkompetisie

ystervarkies

Argieffoto ter illustrasie. 

’n Vrou is dood nadat sy aan ’n ystervarkie (lamington) verstik het gedurende ’n ystervarkie-eetkompetisie in Australië. Dié land het Sondag Australiëdag gevier en die ystervarkie, sponskoek gedoop in sjokoladestroop en klapper, is die land se nasionale koek.

CNN berig die kompetisie is Sondag by ’n hotel in die kusdorp Hervey Bay in Queensland aangebied op die openbare vakansiedag wat reg oor die land gevier is.

BBC berig deelnemers het mekaar die stryd aangesê om te kyk wie die meeste ystervarkies kan eet, toe die vrou (60) luidens berigte skielik ’n toeval gekry en verstik het.

Dit terwyl deelnemers onder luide applous van omstanders die een na die ander ystervarkie verorber het.

Personeel en veiligheidswagte van die hotel het die vrou te hulp gesnel en noodhulp op haar toegepas, voordat sy na die Hervey Bay-hospitaal gehaas is. Hier het sy later gesterf.

Eetkompetisies is ’n gewilde aktiwiteit tydens Australiëdag, ’n nasionale vakansiedag wat die koms van die eerste Europeërs na Australië herdenk.

Deelnemers aan dié kompetisies wen gewoonlik pryse vir die eet van soveel moontlik koeke, pasteie, worsbroodjies of ander kos binne ʼn vasgestelde tyd.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Stofdonkie ·

Wat a manier om te gaan! Ek is mal oor ystervarkies, ek wil ook so gaan, my laaste oomblikke geniet. Dalk Ystervarkie eet terwyl ek met my motorfiets 300kmh op die snelweg ry en dit afneem.

Leë kraan ·

Be careful what you wish for… en onthou… Maak nie saak wat die omstandighede is waarin sy dood is nie, sy is iemand se geliefde wat nou weg geneem is. Dink nie regtig sy het haar geniet terwyl sy gesterf het nie.

Jammer ·

Jong as dit hier moet gebeur word die organiseerders gedagvaar vir miljoene. O ja dit hang natuurlik af met wie dit gebeur.

Eben ·

So iets kan met enige persoon enige tyd gebeur. Miskien moet Maroela Media raad gee oor hoe om mense in sulke omstandighede te help. Dit is vir my baie tragies om so tot jou einde te kom. Sterkte aan familie en vriende van die dame.

Lou ·

Pas die Heimlich metode toe as iemand verstik. Party noem dit die “Hind Lick” metode.

A Mac ·

Dis om van naar te word. Het nog nooit die waarde van ‘n “vreet-kompetisie” verstaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.