Vroue keelaf gesny op rugsakreis in berge

Die Noorweër Maren Ueland. Foto: Facebook

Twee vroue van Skandinawië se liggame is in ʼn afgesonderde deel van die Atlasgebergte in Marokko met snywonde aan hul keel aangetref.

Die toeriste, van Denemarke en Noorweë, is Maandag opgespoor met “bewyse van geweld aan hul nek” wat aangebring is deur ʼn “koue wapen”, het die owerheid van dié Noord-Afrikaland in ʼn verklaring gesê.

Die Deen Louisa Vesterager Jespersen, Foto: Facebook

Hul oorskot is in ʼn afgeleë streek gevind sowat 10 km van die dorpie Imlil, gewoonlik die beginpunt van staptogte na die berg Toubkal, die hoogste bergspits in Noord-Afrika, het die Britse dagblad Independent Dinsdag berig.

ʼn Verdagte is luidens berigte Dinsdag in hegtenis geneem nadat die polisie in helikopters na hom gesoek het, maar die polisie sê hulle soek steeds na talle ander verdagtes, berig Aftenposten.

Noorweë se ministerie van buitelandse sake het die twee vroue se dood bevestig, terwyl die Noorweegse koerant VG berig die twee vroue is dood aangetref deur ʼn toergids in ʼn tent wat hulle gedeel het.

Die oorledenes was die Noorweër Maren Ueland (28) en die Deen Louisa Vesterager Jespersen (24). Albei vroue was studente aan die Universiteit van Suidoos-Noorweë.

Hulle was van plan om ʼn maand lange rugsakreis der Marokko te onderneem nadat hulle op 9 Desember daar aangekom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Ekwilibrium ·

Dit is bitter tragies. Glad nie ‘n goeie idee vir vrouens om alleen te reis in Afrika of die Midde Ooste nie (behalwe Israel); lewens hier/daar is mos niks werd nie…

JK ·

Of UAE, Qatar, Yemen, als baie veilig vir vroue, respekteer net hul wette, eenvoudig.

Mariaan ·

Agge nee..dis skokkend! Lyk my mens moet maar toegesluit sit in jou huis…2 mooi vrouens vermoor vir wat?? Kriminele is orals

Nikita ·

Glad nie Yemen nie JK..daars erge burgeroorlog op oomblik daar..gaan nog erger as in Sirie. Mense in Yemen lewe in haglike omstandighede. Vrouens wat in elk geval so alleen gaan reis soek vir moeilikheid.

Sheryah ·

Twyfel of dit een vd Marokaanse mense was wat die moorde gepleeg het. Waarskynlik iemand wat saam hulle gereis het. Ek het alleen in Marokko gereis en het ongelooflik veilig daar gevoel en die mans was baie meer behulpsaam as wat ‘n boerseun deesdae is. Ek oorweeg om soontoe te immigreer. Beslis 10 000 keer veiliger as ons land.

D P ·

Ek hoop die feweld misdade in buiteland gestaak en nie net in RSA nie.
Dankie vir jul goeie berig gewing in die fees seisoen.

Thinus Erasmus ·

Ek is seker daarvan ek het nog nooit ooit gehoor van twee Marokkane wie in Skandinawie vermmor is nie?

RG ·

Jong meisie nou die dag in Australie vermoor. Jong meisies reis nie alleen nie punt.

Engela de Klerk ·

Ek stem volkome saam. Vrouens, vernaamlik jong vrouens, reis nie alleen nie – nêrens!

Foxi ·

Die duiwel lyk my floreer nou wereldwyd. Wat gaan aan met die mensdom deesdae?
Word almal mal of wat!??

Iemand ·

Foxy, dis niks nuuts nie. Die mensdom is maar so van die begin af.

Gaitsigubib ·

Foxi die liberalisme neem die wereld oor. Misdadigers moet gerehabiliteer word i.p.v gestraf word. Die gense tussen verskillende volke en lande word afgetakel en die mengpot van kulture is natuurlik die regte resep vir konflik en geweld. Dis sert dat dit altyd so was of dat dit noodwendig so moet wees. SA was n veilige hawe vir swart en witmense in die 80’s. In die trust gebebiede was die Kgosi gerespekteer. Die regering het hom baie meer magte gegee as net sy amp. Verkragting en diefstal in hierdie gebiede was baie ongewoon. Die liberaliste het daardie sisteme afgetakel, want die tyd vir “verandering” het toe nou aangebreek. Hulle glo steeds die land met al sy geweld, onbevoegdheid, rassisme en korrupsie is ‘n beter plek…… What ever!

Hannes van den Berg ·

NIEMAND se veiligheid in vandag se lewe gewaarborg enige plek in die wereld nie-PUNT! Vroue wat alleen reis-HOER RISIKO-PUNT!

Francois ·

Marokko is in Afrika.
Jong meisies moenie in Afrika op hule eie rond reis nie.
Dis common sense
Of hoe ?

sus ·

Ek veronderstel dat in Noorweë is die misdaad syfer seker laag en het die 2 seker van die veronderstelling uitgegaan dat die wêreld vriendelik en vreedsaam is ….
Nêrens is mens veilig nie, en jy vertrou ook niemand nie.
Dis tragies dat so tragiese ding met 2 sulke jong mense moes gebeur. Hul families is sekerlik platgeslaan!

Andre ·

Afrika lande en die Midde Ooste is gevaarlik, Almal weet dit. Maar onthou almal kan nou immigreer vir al die redes wat hulle kan met opkom. Dus is kriminele nou orals in die wêreld.

Joan Strydom ·

Ai tog, sulke pragtige lewensbly meisietjies. Dankie vir die berig wat so lekker vlot en volledig lees dat alles dadelik sin maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.