Handwerk: Sit mooi

‘n Nuwe voorkoms vir ‘n ou stoeltjie. (Foto: Met vergunning verskaf deur Idees)

Dit kan soms moeilik wees om afskeid te neem van daardie meubelstukke wat al jare lank deel van jou huishouding is. Ja, hierdie stoeltjie se pote is ʼn bietjie los en daardie houttafel is al wit van ouderdom … maar moet dit dan nou sommer net so ashoop toe?

Natuurlik nie! Daar is talle maniere hoe jy ou meubelstukke weer kan herstel en vernuwe sodat dit sommer weer vars lyk en inpas by jou huidige styl en smaak. Ou meubels is die ideale geleentheid om kreatief te wees en jou eie stempel op bestaande items af te druk.

Dié maklike projek wys jou hoe om ʼn ou stoeltjie ʼn sjiek nuwe voorkoms te gee. Boonop kan jy dit sommer met oorskietmateriaal doen en sal dit jou nie ʼn klomp geld uit die sak jaag nie. Al wat jy nodig het, is ʼn naaldwerkmasjien, kramgeweer en borduurnaald en -gare en siedaar! ʼn Ou stoeltjie met nuwe lewe.

Dié aanwysings is spesiaal deur Idees-tydskrif beskikbaar gestel aan Maroela Media-lesers. Die patrone het oorspronklik in Idees se Julie/Augustus 2017-uitgawe verskyn.

Vul jou besonderhede hier in om die aanwysings in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.