Knap jou tekkies op met Plush

Gee jou tekkies nuwe lewe!

Borsel eers al die stof en vuilgoed af sodat jy met ʼn skoon oppervlak kan begin. Toets elke produk eers op ʼn klein stukkie sodat jy kan bepaal of die produk sal werk. Nou is jy gereed om jou skoene te behandel.

Het jou hardloopskoene hul glans verloor?

Gee hulle nuwe lewe met Plush Takkie Black, White of Navy. Die politoer word vrygestel wanneer jy die aanwender op jou hardloopskoen druk totdat dit effens nat is. Laat jou skoene droog word.

Is jou tekkies onwelriekend?

Plush Takkie Clean is jou antwoord! Gooi skoon water in ʼn 5 ℓ-emmer en voeg 30 ml van die produk by. Gebruik jou hande om skuim te maak en dompel jou skoene onder die water vir 10 minute. Vir hardnekkige vuilgoed kan jy jou tekkies liggies skrop. Spoel jou skoene met skoon water af en laat hulle droog word.

Is jou hardloopskoene vuil?

Maak jou selskoene klam met water. Skud die blikkie Plush Shampoo, hou die blikkie regop en spuit dit dan direk op jou skoene. Gebruik nou ʼn klam lap of ʼn sagte naelborseltjie, skrop die vuilgoed af en laat dit droog word.

Jou tekkies gaan sommer splinternuut lyk – gaan stap gerus, dis waarvoor hulle gemaak is!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.