Ramaphosa sê eers later oor kabinet

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa sal sy nuwe kabinet eers die later die week aankondig.

Só het Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, gesê ná mediaberigte beweer het Ramaphosa sou Maandag sy kabinet bekendmaak.

“Die Grondwet bepaal dat die president binne vyf dae nadat hy deur die Nasionale Vergadering verkies is, in sy amp moet begin en daarna ʼn kabinet moet aanstel,” het Diko gesê.

“Pres. Ramaphosa het benadruk dat die nuwe uitvoerende gesag oor die nodige vaardighede, ondervinding en verteenwoordiging moet beskik en verbind moet wees tot die openbare dienste wat die sesde administrasie vorentoe sal neem.”

Daar is verlede week al wyd berig oor moontlike aanstellings wat Ramaphosa sal maak. Oudministers Malusi Gigaba en Nomvula Mokonyane en die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, het almal hul benoemings as parlementslede afgewys.

Die werk van die ANC se integriteitskomitee geniet nou groot aandag. Hulle het vraagtekens laat hang oor 23 ANC-lede wat deur die party op lyste vir openbare verteenwoordigers benoem is.

Een daarvan is die oudminister van polisie, Fikile Mbalula, wat wel as parlementslid ingehuldig is.

Nog een is adj.pres. David Mabuza, wat om daardie rede gevra het om nie ingehuldig te word tot sy naam skoon is nie. Mabuza het nou tot die aanval oorgegaan en die integriteitskomitee uitgedaag om hom van enige tersaaklike misdrywe aan te kla voor die kabinet saamgestel word, of om hul besware teen hom te laat staan.

Mabuza het nog deurgaans volgehou hy sal uiteindelik adjunkpresident wees – die vraag is net wanneer.

Die adjunkpresident is nie Ramaphosa se enigste kopseer nie. Hy sal byvoorbeeld moet besluit wat om te doen oor die politieke toekoms van een van sy groot teenstanders, die minister van vrouesake in die presidensie en leier van die ANC-vroueliga, Bathabile Dlamini.

Die grootste vraagteken wat die kabinet betref, hang oor die sleutelportefeulje finansies.

Die huidige minister, Tito Mboweni, is bekwaam, maar ongewild in baie dele van die ANC én die drievoudige regerende alliansie, wat die SAKP en Cosatu insluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

piet piet ·

Waneer stop hy die diskriminerende wette teen minderhede?

Spike ·

Wanneer spreek hy hom uit oor die chaotiese misdaad situasie in die land. n Pres wat sy sout werd is sal dit sy eerste prioriteit maak en die land se mense sterk aanspreek daaroor.

Trol ·

Hopelik gaan hy SA se grootste euwel, DIE KINDERTOELAAG beteuel. Naksimum van twee kinders kan vir kindertoelaag kwalifiseer. Derde kind aan m behoeftige gesin kom neer op kinderverwaarlosing. Watter ouer kry willens en wetens kinders wat hulle nie kan bekostig nie? As jy n kindertoelaag nodig het om n kind groot te maak, kan jy nie n kind bekostig nie. Hoekom kinders in die wêreld bring om swaar te kry?

Gert van Wierdapark ·

Pres CR sal lank vat om die Kakistokrasie in SA om te draai, maar as hy nie erens begin en sy rug styf maak nie, sal die ou wet van Transvaal net al hoe erger word! Ons raak ook moeg vir die wegkruipery agter die verskoning dat hy min beweeg- ruimte het! Hy moet begin “Boks” soos Cassius Clay op sy beste!

ne ·

Hoop die aanstellings het nie laaaang vingers nie. Ons kan nie nog skelms bekostig nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.